Reza Shah Museum

Die Reza Shah Museum in Johannesburg is gewy aan die geskiedenis en kultuur van Iran.

Geskiedenis

Reza Pahlavi (16 Maart 1878 – 26 Julie 1944) was van 15 Desember 1925 tot 16 September 1941 die sjah van Persië. Omdat hy in die Tweede Wêreldoorlog sterk Nazigesind was, is hy deur die Britse en Russiese besettingsmagte van sy land gedwing om te abdikeer en is daarna verban. Vanaf 1942 tot sy dood het hy met sy vrou en ses van sy sewe seuns in ‘n huis in die Kaaps-Hollandse boustyl by Younglaan 41, Mountain View in Houghton gewoon.

Museum

In 1970 het die Suid-Afrikaanse regering, die firma Sasol en die ambassade van Iran saamgespan en Reza Pahlavi se huis as ‘n Persiese kuns- en kultuurmuseum ingeruim. Antieke en moderne Iranese kuns is te besigtig; soos Persiese matte, muurbehangsels, keramiek, fyn skilderwerk met naalde op borde en been en fyn inlegwerk (khatam) in been, ivoor en perlemoen. ‘n Biblioteek bestaande uit boeke oor alle aspekte rakende Iran is vir navorsers toeganklik. Enkele meubelstukke gebruik deur die sjah is nog in die huis te sien. In sekere kamers hang daar besondere kandelare.

Standbeeld

In 1976 het die sjah se dogter ‘n standbeeld in brons van haar pa voor die museum onthul. Die beeld het egter in 1979 spoorloos verdwyn.

Bibliografie

Tags:

Reza Shah Museum GeskiedenisReza Shah Museum MuseumReza Shah Museum StandbeeldReza Shah Museum BibliografieReza Shah MuseumIranJohannesburg

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

Heks van HexrivierJavaScriptWoestynDistrik SesHamburgerSosiale mediaEkonomiese sektorGloeilampRoofvoëlErns GrundlingVakbondEerste WêreldoorlogNasionaal-Sosialistiese Duitse ArbeiderspartyWêrelderfenisgebiede in Suid-AfrikaHomofoonYouTubeKangogrotteRacheltjie de BeerKunselementeDuitslandBeurtkragEmo AdamsKolitisVoegwoordAsiëAfrikanersLys van Suider-Afrikaanse soogdiere volgens wetenskaplike nameKrokodilWiki CommonsKlem-in-die-kaakWaarheid-en-versoeningskommissieBosluisbytkoorsEtniese groepVoortrekkersGrondsoorteAlfabetiese lys van Suid-Afrikaanse bomePretoriaReg tot ‘n gesonde omgewingGautengRussiese inval in Oekraïne sedert 2022Industriële RevolusieErfenisSirkusBestaansboerderySamespanningPlae van EgipteBewussynMenslike seksuele gedragNetbalEkonomiese geskiedenis van Suid-Afrika22 AprilTelevisieEkotoerismeAarde se atmosfeerWetenskaplike metodeVerkragtingGroot Muur van ChinaErfenisdag (Suid-Afrika)Direkte en Indirekte redeHartversakingHandbalChemiese verbindingSokkerMiltSkerpioenGeldOmgewingskwessies in Suider-AfrikaGeslagLys van Afrikaanse digtersThys die BosveldklongFotosintesePropagandaAborsie in Suid-AfrikaTrekarbeid🡆 More