Republiek Van Formosa

Die Republiek van Formosa of Republiek van Taiwan was 'n kortstondige republiek wat in 1895 op die eiland van Taiwan ontstaan het.

臺灣民主國
Republiek van Formosa
1895
Vlag Wapenskild
Vlag Wapen
Ligging of Formosa
Ligging of Formosa
Gebied van die Republiek van Formosa, kort voor die Japannese verowering.
Hoofstad Taipei (Mei–Junie 1895)
Tainan (Junie–Oktober 1895)
Taal/Tale Mandaryn-Sjinees, Taiwannees, Hakka, Formosa-tale
Regering Republiek
President
 - Mei – Junie 1895 T'ang Ching-sung
 - Junie – Oktober 1895 Liu Yung-fu (de facto)
Historiese tydperk Nuwe Tyd
 - Verklaar 23 Mei 1895
 - Verower 21 Oktober 1895
Bevolking
 - 1895 skatting 2 980 000 
Geldeenheid Qing Tael
Republiek Van Formosa
Taiwan tydens die Qing-dinastie
Republiek Van Formosa
Japanse troepe val Taipei binne

Die verdrag van Shimonoseki het 'n einde aan die oorlog tussen die Qing-dinastie van China en die Japannese keiserryk gebring. Taiwan is gevolglik aan Japan oorgedra. Die republiek kom tot stand nadat die Chinese troepe in Mei 1895 van die eiland onttrek. Dit is ontbind toe die Japanse troepe in Oktober 1896 daar arriveer. Sommige geskiedkundiges beweer dat dit die eerste republiek in Asië was, maar die Lanfang Republiek het reeds in 1777 tot stand gekom.

Die republiek is deur hooggeplaaste amptenare en die plaaslike bevolking wat Qing ondersteun het gestig. Hulle wou verhoed dat Japan die eiland oorneem. Op 24 Mei 1895 stuur die nuutgevonde republiek sy verklaring van onafhanklikheid aan al die ambassades op Taiwan. Die volgende dag het die nuwe regering 'n onafhanklikheidseremonie gehou.

Die eerste president van die republiek was die voormalige goewerneur, Tang Ching-sung. Hy het die pos van 25 Mei 1895 tot 5 Junie 1895 beklee. Die tweede en laaste president was Liu Yung-fu, vanaf 5 Junie 1895 tot 21 Oktober 1896. In die tydperk het hulle hul eie posseëls uitgegee en hulle eie papiergeld gedruk, wat tans moeilik bekombaar is.

Met die Japannese inval het gevegte ontstaan. Die republiek is egter vinnig verslaan en meeste van die amptenare het van die eiland gevlug.

Moderne onafhanklikheidsgroepe streef daarna om 'n nuwe Taiwannese Republiek te stig, omdat hulle tot die voormalige republiek aangetrokke voel. Die eerste Republiek van Taiwan was lojaal aan China, maar die tweede behoort volgens hulle onafhanklik te wees.

Presidente

  • Tang Ching-sung (25 Mei 1895 – 5 Junie 1895)
  • Liu Yung-fu (5 Junie 1895 – 21 Oktober 1895)

Verwysings

Tags:

1895RepubliekTaiwan (eiland)

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

Jo BlackLys van Afrikaanse rolprenteVryheidsdagLeon KrugerMenseregteSekondêre sektor van die ekonomieAfrikaanse WikipediaSlawernyKindersiektesLettergreepRekenaarHerfsMaagsweerMierGeslagsregister vanaf Adam tot JesusAardverwarmingOnderwys in Suid-AfrikaAkwariumHoenderParkinson se siekteRamsar-vleilande in Suid-AfrikaSaldanhaCarike KeuzenkampGevolge van aardverwarming op oseaneEpilepsiePretoriaBrandmondsindroomSywurmToestand van materieSkoenlapperWerkloosheidNamakwalandSwawelWindkragIngenieursweseLys van landeSonnestelselLuiperdSuid-Afrikaanse RugbyunieWaterkringloopGNU/FDL-lisensieByStresNicola HanekomBestuiwingYouTubeFisioterapieAnglo-BoereoorlogKorrupsieDramaDemokrasieSkerpioenLys van konings van IsraelKragopwekkingReg tot ‘n gesonde omgewingKunsmatige intelligensieKondensasieHoofstadApartheidNederlandsNag van die lang messeAppendiksLandbouGalblaasSaldanhabaaiDaggaVoortrekkermonumentAntisemitismePinksterLongSias ReineckeBeesJohannesburg🡆 More