Regulering Van Onbemande Vliegtuie

Die gebruik van 'n Onbemande Vliegtuig (OV) word algemeen deur die nasionale lugvaartowerheid van die betrokke land gereguleer.

Regulering Van Onbemande Vliegtuie
'n MQ-9 Reaper in vlug (2007)

Sertifisering

Een van die belangrikste struikelblokke tot vinnige, volskaalse groei van kommersiële onbemande vliegtuie, is die versekering van veiligheid. Terwyl etlike sertifiseringsagentskappe spook om tred te hou met die unieke vereistes van hierdie vinnig groeiende bedryf, is een ding duidelik – standaarde vir bemande vliegtuie is vinnig besig om na OV's oor te spoel. Om vir die komplekse elektroniese kommunikasie en beheer van hierdie stelsels te voorsien, moet daar spoedig aan regulasies DO-178C en DO-254 vir sagteware- en hardewareontwikkeling voldoen word. In die meeste gevalle kan die onbemande vliegtuie slegs as deel van 'n stelsel bedryf word, vandaar die term "Onbemande Vliegtuie Stelsel" of OVS . Die OVS bestaan uit 'n onbemande vliegtuig (OV), 'n afgeleë vlieënierstasie en die bevel-, beheer- en kommunikasieskakels wat hulle verbind.

In 2011, het die Internasionale Burgerlugvaartorganisasie van die Verenigde Nasies omsendbrief 328 gepubliseer – hierdie dokument verklaar dat 'n OV gelykstaande vlakke van veiligheid as bemande vliegtuie moet demonstreer, en dus aan die betrokke regering se reëls vir vlug en vlugtoerusting moet voldoen. In die Verenigde State van Amerika het die Kongres in 2012 'n wet uitgereik wat die Federale Lugvaart Administrasie verplig om voorsorg te tref vir die toelaat van OV's in die kommersiële lugruim. Dit het gelei tot die uitreiking van "Die integrasie van die Siviele Onbemande Vliegtuie Stelsels (OVS) in die Nasionale lugruimstelsel (NAS) Padkaart”. Vanaf 2014 is 'n lugwaardigheid-sertifikaat die enigste manier om toegang tot die Amerikaanse Nasionale Lugvaartstelsel te verkry.

Die padkaart is, in wese, 'n aanvaarding dat OV's soortgelyke lugwaardigheid as konvensionele bemande vliegtuie vereis.

Per Land

Die Europese Unie sien voordele en uitdagings vir die gebruik van OV's, en in 2014 stel hulle 'n stel regulasies op om mense se veiligheid, sekuriteit en privaatheid te beheer ten opsigte van onbemande vliegtuie.

Australië

In 2013 het 'n woordvoerder van die Departement Siviele Lugvaartveiligheid gesê dat afstandbeheerde vliegtuie ten minste 30 m weg van strukture, geboue en mense moet wees. Daar moet ook vooraf by die plaaslike raad seker gemaak moet word in watter areas hulle gebruik mag word.

Die Departement Siviele Lugvaartveiligheid se regulasies vereis ook dat OV's in 'n manier bedryf moet word sodoende geen vorm van gevaar kan genereer nie.

Frankryk

Vlugte oor kernkragsentrales is onwettig in Frankryk, met 'n gevangenisstraf van een jaar of 'n boete van €75,000 indien 'n vliegtuig binne 5 km horisontaal of 1 km vertikaal van 'n sentrale kom.

Ierland

In 2012 het die Ierse Lugvaart Departement 'n dokument gepubliseer waarin die veiligheidsvoorwaardes vir onbemande vliegtuie beskryf is. Die departement se beleid is dat onbemande vliegtuie nie gevlieg mag word sonder dat die operateur vooraf toestemming van hulle ontvang het nie.

Suid-Afrika

In April 2014 het die Suid Afrikaanse Siviele Lugvaart Departement aangekondig dat hulle gaan ingryp in die onwettige vlieg van OV's in Suid Afrikaanse lugruim. Hulle het ook verklaar dat geen vlugte gemagtig is nie, en dat huidige vlugte onwettig is. Merkwaardige groei in OVs het die departement genoodsaak om regulasies in plek te stel om onbemande vliegtuie in die Suid-Afrikaanse lugruim te akkommodeer. Boetes van tot R50 000 of 10 jaar gevangenisstraf kan aan oortreders opgelê word.

Na afloop van besprekings tussen sleutelspelers soos vervaardigers, verbruikers en ander lugruim gebruikers, is 'n konsep voorgelê aan die minister van vervoer vir die hersiening en goedkeuring van die wetgewing op die gebruik van OV's. Die nuwe wetgewing het in effek gekom op 1 Julie 2015 en word genoem die agste verandering van die Suid-Afrikaanse Lugvaart Regulasies, 2015.

Die nuwe regulasies fokus sterk op veiligheidsaspekte, onder andere dat OV's nie hoër as 120 m, of nader as 50 m aan 'n persoon of groep persone mag vlieg nie, tensy vooraf goedkeuring van die departement verkry is.

Lugruimbeperkings geld ook vir vlugte bo-oor, of in die nabyheid van:

  • Kernaanlegte
  • Tronke
  • Polisiestasies
  • Hofgeboue
  • Nasionale sleutelpunte

Die vlieg van OV's naby bemande vliegtuie is streng verbode. Operateurs moet inskakel by lugverkeer owerhede vir die area waarin hulle vlieg en rekord moet gehou word van alle vlugte. Publieke paaie mag ook nie gebruik word vir opstyg en landings van onbemande vliegtuie nie.

Nog 'n veiligheidsregulasie verbied die vlieg van 'n onbemande vliegtuig in ongunstige weerstoestande waar sigbaarheid nadelig beïnvloed word. Afsonderlike goedkeuring word vereis waar die lyn van sig onbeheerbaar is, of vir vlugte in die nag.

Huidige regulasies laat ook nie toe dat OV's gebruik word vir aflewerings of vervoer van goedere nie. Uit 'n stokperdjie oogpunt mag OV's ook nie gebruik word om 'n ander vliegtuig te sleep nie en formasie vlugte word ook verbied.

Operateurs van OV's moet beskik oor 'n Siviele Lugvaart Departement goedgekeurde lisensie en 'n brief van goedkeuring wat geldig is vir 12 maande. Enige voorvalle moet aangemeld word by die betrokke owerhede, veral as ernstige skade of besering veroorsaak is.

Verenigde Koninkryk

Die Verenigde Koninkryk se Siviele Lugvaart Departement vereis dat nie-militêre OV's groter as 20 kg in staat moet wees om outomaties ander vliegtuie te kan opspoor en stuur om hulle te vermy. Dit is egter 'n tegnologie wat steeds uitstaande is in die meeste onbemande vliegtuie in privaat gebruik.

Vanaf 2013 vereis die departement lyn van sig vir die vlieg van OV's kleiner as 20 kg en ook dat vlugte verbied word binne 150 m vanaf 'n beboude area en binne 50 m vanaf enige voertuig of persoon. OV's mag ook nie vir kommersiële doeleindes gebruik word nie.

Verenigde State

Die Verenigde State se Federale Lugvaart Departement het die naam onbemande vliegtuig aanvaar vir die beskryf van 'n vliegtuig sonder enige bemaning aan boord. Om 'n OV te vlieg vir nie-ontspannings doeleindes moet operateurs 'n sertifikaat bekom vir toelating tot die nasionale lugruim. Bykomend tot die sertifikaat word die gebruik van OV's vir wetstoepassing deur elke staat afsonderlik beheer.

Verwysings

Tags:

Regulering Van Onbemande Vliegtuie SertifiseringRegulering Van Onbemande Vliegtuie Per LandRegulering Van Onbemande Vliegtuie VerwysingsRegulering Van Onbemande VliegtuieOnbemande vliegtuig

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

BybelOlifantMenseregteVerkleinwoordLys van kinderspeletjiesSteenkool in Suid-AfrikaHerfsNedersettingBeesVerkoueNag van die lang messeSeksueel oordraagbare infeksieAngolaBek-en-klouseerBerghaanHannes van WykInsekMeeueOntwerpKongo-krisisSekondêre sektor van die ekonomieMaatskappySeisoenAborsieFabelHaasOrale seksGalileo GalileiVlag van Suid-AfrikaWinterNelson MandelaTaalWinnie Madikizela-MandelaVoedselkettingSkoenlapperImpakte van toerismeWaterbesoedelingStaalDroogteCheslin KolbeRenosterKrapSteenkoolDie ontstaan van die dramaTweede VryheidsoorlogMotChapmanspiek-rylaanTienerDaggaToestand van materieBlaarKoorsKarretjiemenseRivierNatuurlike hulpbronRefleksieGeweldRooipandaDolfynAardedagCalviniaCorioliskragIngrid JonkerAfrikanernasionalismeSomerSlangVaginale kankerVoorsetselSwawelRassismeMoedersdagSkaakSint JorisdagDuitsland🡆 More