Reduksie is 'n chemiese proses waarin die oksidasiegetal van 'n atoom verklein word.
Dit beteken dat hierdie atoom een of meer elektrone opneem van 'n ander atoom of molekule. In elektrochemiese selle kan die elektrone ook van 'n elektrode opgeneem word. Hierdie elektrode word die katode genoem.
'n Voorbeeld van reduksie is die reaksie van 'n oplossing van 'n kopersout met 'n stuk yster wat in die oplossing gedompel word. Die koperione sal as kopermetaal op die stuk yster neerslaan en elke koperatoom daarby sal twee elektrone opneem:
Die oksidasiegetal van koper word hierdeur van 2+ na 0 verminder.
Die twee elektrone word in hierdie geval van 'n reduseermiddel of reduktor opgeneem: die ysteratome lewer twee elektrone en gaan as -ione in oplossing. Hierdie ysteratome ondergaan daardeur die teenoorgestelde proses, wat oksidasie genoem word en waardeur die oksidasiegetal van yster van 0 na 2+ vergroot word.
This article uses material from the Wikipedia Afrikaans article Reduksie, which is released under the Creative Commons Attribution-ShareAlike 3.0 license ("CC BY-SA 3.0"); additional terms may apply (view authors). Inhoud is onderhewig aan CC BY-SA 4.0, tensy anders vermeld. Images, videos and audio are available under their respective licenses.
®Wikipedia is a registered trademark of the Wiki Foundation, Inc. Wiki Afrikaans (DUHOCTRUNGQUOC.VN) is an independent company and has no affiliation with Wiki Foundation.