Recife

Recife (Portugees: , luister (hulp·inligting)) is die hoofstad van die Brasiliaanse deelstaat Pernambuco en lê ongeveer 100 km onder die mees oostelike punt van die Suid-Amerikaanse vasteland.

Die stad self huisves 1,6 miljoen inwoners en die metropolitaanse gebied ongeveer 3 miljoen. Die stad lê op die walle van die Beberibe- en Capibariberivier. Beide riviere mond hier uit in die Atlantiese Oseaan.

Recife
Recife

Kaart Wapen
Recife
Recife
Vlag
Recife
 Land Vlag van Brasilië Brasilië
 Deelstaat Recife Pernambuco
 Koördinate 08°03′S 34°54′W / 8.050°S 34.900°W / -8.050; -34.900 34°54′W / 8.050°S 34.900°W / -8.050; -34.900
 Gestig op 12 Maart 1537
 Inkorporasie as 'n dorp 1709
 Inkorporasie as 'n stad 1823
 Oppervlakte:  
 - Totaal 218 vk km
 Hoogte bo seevlak 10 m
 Bevolking:  
 - Totaal (2020) 1 653 461
 - Bevolkingsdigtheid 7 133,2/vk km
 - Metropolitaanse gebied 3 743 854
 Tydsone UTC -3 (BRT)
 Burgemeester João Henrique Campos (PSB)
 Amptelike webwerf recife.pe.gov.br

Geskiedenis

Recife 
Die Kahal Zur Israel-sinagoge is die oudste van sy soort in die Amerikas

Die area rondom Recife was een van die eerstes in Brasilië waar die Portugese 'n gemeenskap gevestig het.

In 1534 het Johannes III van Portugal Brasilië in verskillende oorerflike Kapteinskappe ("Capitanias Hereditárias" in Portugees) verdeel; die Portugese het besef dat hulle nie die menslike of finansiële bronne gehad het om in so 'n uitgebreide en veraf kolonie te belê nie en het besluit om die taak aan private entrepreneurs oor te laat, genoem "Donatários" (hierdie sisteem was toe reeds suksesvol geïmplimenteer in die Portugese kolonies in Afrika).

Die meeste Kapteinskappe het egter gefaal, grootliks as gevolg van te min ondersteuning van die Portugese metropolis. Een van die min wat gefloreer het was die Kapteinskap van Pernambuco, waarin Recife geleë is.

Vanaf 1630 tot 1654 was 'n groot deel van Brasilië onder Nederlandse bewind (Nederlands-Brasilië). Die hoofstad van Nederlands-Brasilië was Recife (die stad het toe as Mauritsstad bekend gestaan). Die Nederlandse fort Cinco Pontas in die stadsentrum herinner nog aan hierdie tyd. Tydens hierdie tydperk is die eerste sinagoge in die Amerikas gestig. Die Nederlanders is egter verdryf deur 'n leërtjie van Portugese en plaaslike opstandelinge. Hierdie opstand staan vandag bekend as die 'Restauração Pernambucana'. Die grootste deel van die Joodse gemeenskap het gevlug na Amsterdam en sommige na Noord-Amerika, waar hulle die eerste Joodse gemeenskap in Nieu-Amsterdam oprig, asook die Karibiese gebied.

Gedurende die 18e eeu het opstande dwarsoor die stad uitgebreek waarin die ryk boere van Olinda en die handelaars van Recife gebots het. Recife had 'n groot voordeel oor Olinda: Olinda het nie 'n hawe nie, terwyl Recife een van die beste aan die Atlantiese Oseaan het. Recife se bourgeoisie het 'n oorwinning behaal oor die dekadente suikeraristokrate van Olinda. Dit was 'n beslissende faktor in Recife se groei. Recife is vandag 'n groot stad terwyl Olinda 'n klein historiese dorpie is.

Recife se Estádio Ilha do Retiro is tydens die FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1950 vir wedstryde ingespan, terwyl tydens beide die FIFA Sokker-Konfederasiebeker in 2013 en FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 2014 van die Arena Pernambuco gebruik gemaak is.

Eksterne skakels


Recife  Hoofstede van Brasilië Recife 
HoofstedeAracajuBelémBelo Horizonte • Boa Vista • Brasília • Campo Grande • CuiabáCuritibaFlorianópolisFortalezaGoiânia • João Pessoa • Macapá • MaceióManausNatal • Palmas • Porto Alegre • Porto Velho • Recife • Rio Branco • Rio de JaneiroSalvador da BahiaSão PauloSão Luís • Teresina • Vitória

Tags:

Atlantiese OseaanBr-Recife.oggBrasiliëLêer:Br-Recife.oggPernambucoPortugeesSuid-AmerikaWikipedia:Mediahulp

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

Johannes HahnVryheid van spraakMielieSosiale ordeKimberleyKommunikasieGreen PornoVloeistofHerfsBynierMensDeelwoordFiela se kindBewussynVaginale kankerAfvalbestuurJan van TonderDansTelefoonWortelEiffeltoringRudi ClaaseVersamelnaamKlimaatveranderingBevolkingKookpuntJansenvilleGawes van die Heilige GeesMagneetSeksposisieMangelontstekingEkonomie van Suid-AfrikaN.P. van Wyk LouwTennisKinkhoesStam (taalkunde)VolhoubaarheidKunsmatige intelligensieDoelwitGalileo GalileiJuan Antonio VillacañasKindersiektesSimon PetrusZoeloesJode in Suid-AfrikaFossielbrandstofAspoestertjieGenitale vratKaapse florarykLys van Griekse mitologiese figureAustraliëWet op Bantoe-onderwysSteenkoolVerkleinwoordVersoeningsdagSharpeville-slagtingLys van Suid-Afrikaanse voëls (alfabeties)MierDroogteKongo-krisisNoord-KaapMaselsAboriginesLarry PageMuishondRussiese inval in Oekraïne sedert 2022Ronelda KamferGloeilampHeidelberg, GautengPesachBreingewasOssewaNasionaal-Sosialistiese Duitse ArbeiderspartyNic de JagerSwangerskap🡆 More