Riana Nel

Riana Nel is 'n Suid-Afrikaanse sangeres wat op 9 November 1981 in Windhoek, Suidwes-Afrika gebore is.

Sy sing hoofsaaklik geestelike liedjies in Afrikaans en Engels. Sy wen die ATKV se Crescendo-sangkompetisie in 2000 en stel haar debuutalbum in 2001 vry. Riana is die suster van Nianell, 'n befaamde sangeres in eie reg.

Riana Nel
Gebore9 November 1981 (1981-11-09) (42 jaar oud)
Windhoek, Namibië
GenresGeestelik
Beroep(e)Sangeres
EtiketteMaranatha, Coleske Artists
Webwerfriananel.co.za

Biografie

Riana is van kleins af aan musiek blootgestel en het van vroeg af voor die klavier ingeskuif aangesien sy uit 'n baie musikale gesin kom. Haar talent en passie vir musiek was duidelik sigbaar. In 1996 het sy vir die eerste keer aan Crescendo, saam met Joe Niemand en komponis en liedjieskrywer Machiel Roets, deelgeneem. In 2000 het sy weggestap met die gesogte titel.

Haar gewildheid in Namibië het daarna vinnig toegeneem en sy is as wenner aangewys by die Jubelfees. Die wenners by die fees het almal op die program, Pasella, verskyn en dis waar gospelsanger, Louis Brits, haar raakgesien het. Hy het haar gevra of sy sou belangstel om saam met hom te toer.

Sy moes 'n keuse maak tussen gospel en die sekulêre mark. Kort daarna het sy op 19-jarige ouderdom na Pretoria verhuis en saam met Louis as agtergrondsangeres getoer, maar sy het talle kere ook die gehoor met haar eie komposisies vermaak. Daarna sy haar eie platekontrak by Maranatha losgeslaan. Met die sukses van haar eerste album, Oopmond, het sy besluit om oorsee te gaan.

Gou het sy harte in Engeland, Holland en Frankryk gewen en 'n Europese verspreidingskontrak met Authentic geteken. Terug in Suid-Afrika het sy in 2001 verder opslae by die Geraas Toekennings gemaak, waar sy as beste nuwe sanger saam met Karen Zoid, asook beste nuwe Gospel Sanger aangewys is. Daarna het sy die Lier-toekenning vir Beste Nuwe Kunstenaar en Beste Vroulike Vokaal ontvang.

Haar tweede album, The Cure, en haar derde album, Someone with Skin, was oorheersend Engels en op die oorsese mark gerig, maar dit is steeds in Suid-Afrika opgeraap. Intussen het Riana betrokke begin raak by projekte: saam met Retief Burger by die Godly Revolution en Youth Revolt. Sy verskyn ook op die Peacemaker en Onbeskaamd albums. In 2010 het sy 'n duet opgeneem saam met haar suster, Nianell, op dié se album, Sand & Water. In 2011 het haar musiekloopbaan 'n ander wending geneem toe sy met die hulp van die platemaatskappy, Coleske Artists, tot die sekulêre mark toegetree het. Net soos haar gospel liedjies, bevat haar sekulêre albums ook diep boodskappe wat veral op paartjies en enkellopendes gemik is.

Haar album Die moeite werd het die dubbel platinum merk (80 000 eenhede) oorskry en met vyf nommer-1 radiotreffers word sy as een van die grootste sangeresse in die land beskou. In 2012 kry sy die Tempo-toekenning vir die gewildste popalbum en by die Ghoema-toekennings in 2013 deel sy die gesogte titel van Liedjieskrywer van die Jaar met Johan Vorster.

Sy skryf ook liedjies vir talle plaaslike kunstenaars soos Juanita du Plessis, Jay, Lianie May, Bobby van Jaarsveld, ensovoorts. Haar gewilde treffers "Dans" en "Timbuktu" is op die klankbaan van die romantiese komedie, Semi-Soet, gebruik en ook "Maak oop jou oë" in die fliek Klein Karoo.

Sy is getroud met Cornel de Beer in 2013 en hul eerste seun, Tristan, is gebore in Februarie 2016 en hul tweede in September 2017.

Sterker (2019)

Nel se album Sterker word in 2019 vrygestel en bereik nommer-1 op iTunes.

Diskografie

Ateljeealbums

  • Oopmond (2001)
  • The Cure (2003)
  • Someone with skin (2005)
  • Collection Set (2006)
  • Die Moeite Werd (2011)
  • Die Regte Tyd (2014)
  • Jy Sal Weet (2016)
  • Sterker (2019)

Versamelalbums

  • Gospel in die drama DVD

Filmografie

Rolprente waarin Nel verskyn het:

Verwysings

Sien ook

Eksterne skakels


Tags:

Riana Nel BiografieRiana Nel Sterker (2019)Riana Nel DiskografieRiana Nel FilmografieRiana Nel VerwysingsRiana Nel Sien ookRiana Nel Eksterne skakelsRiana Nel1981200020019 NovemberATKVAfrikaansCrescendoEngelsNianellSuid-AfrikaSuidwes-AfrikaWindhoek

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

Wiskundige terminologieGeskiedenis van Suid-AfrikaRegeringVoëlDemokratiese Republiek die KongoAardkorsWithaaiHipoteseHerpes simplexKleurSoortnaamLys van deelnemers aan die Slag van BloedrivierVermenigvuldigingAlkoholismeSkoenlapperHibernasieVoorsetselDermpoliepDemografie van Suid-AfrikaBosluisbytkoorsNarsistiese persoonlikheidsteuringEkonomie van Suid-AfrikaMetaalPredikante van die Gereformeerde Kerke in Suid-AfrikaOm-te-infinitiefkonstruksieSwart menseRassismeOu Apostoliese KerkMondGroepsdrukInstagramOntbossingMiddelmisbruikTreinLetterkundeGewasboerdery in Suid-AfrikaMenslike seksuele gedragMenstruasieBeesKolorektale kankerNamakwalandSwangerskapWieg van die MensdomAfro-AmerikanersSiya KolisiSoweto-opstandRussiese inval in Oekraïne sedert 2022Jode in Suid-AfrikaDuitslandLys van kinderspeletjiesJudaïsmeGoudVerkragtingVoortrekkermonument1913KoperMeervoudCarles PuigdemontWerkloosheidKlankRekeningkundeKlimaatVierkantswortelNederlandsRacheltjie de BeerDubbelpuntBipolêre gemoedsteuringAtletiekStereotipeMiljardTerracottaleërEkonomiese geskiedenis van Suid-AfrikaHeks van HexrivierVerlede tydVervoerLuiperdSuid-Afrikaanse rand🡆 More