Rea

Rea (Grieks: Ῥέα) was in die Griekse mitologie ’n Titaan en is genoem die moeder van gode.

Sy was die dogter van Uranos en Gaia, die metgesel van haar broer Kronos en die moeder van Demeter, Hades, Hera, Hestia, Poseidon en Zeus, ses van die Olimpiese gode wat later die Titane verslaan het.

Rea
moeder van gode
Rea ry op ’n leeu, Pergamon-altaar, Pergamonmuseum in Berlyn
Rea ry op ’n leeu, Pergamon-altaar, Pergamonmuseum in Berlyn
Naam Rea
Man Kronos
Ouers Uranos en Gaia
Broers, susters Krios, Koios, Kronos, Huperion, Iapetos, Mnemosune, Okeanos, Foibe, Tetis, Teia, Temis, Briareos, Kottus, Guges, Arges, Brontes, Steropes, die gigante, die Eriniërs, Meliai, Afrodite
Kinders Poseidon, Hades, Demeter, Hestia, Hera, Zeus
Romeinse eweknie Ops

Die Olimpiese gode

Rea se man, Kronos, het hul kinders net ná hul geboorte ingesluk om ’n voorspelling te voorkom dat sy kind sy bewind sal oorneem nes Kronos sy pa, Uranos, se bewind omvergewerp het. Toe die sesde kind, Zeus, gebore word, het Rea vir Kronos ’n klip, in klere toegedraai, gegee en hy het dit ingesluk. Rea het Zeus toe in Kreta weggesteek, waar hy grootgeword het.

Toe Zeus ’n volwasse man was, het hy Kronos gedwing om die klip en sy broers en susters in omgekeerde volgorde op te bring. In die Titanestryd het Zeus en sy broers en susters Kronos se bewind omvergewerp met die hulp van die honderdhandiges, gigante en siklope, wat eers deur Uranos en toe Kronos in Tartaros gevange gehou is. Baie van die Titane is ná hul nederlaag na Tartaros gestuur.

Verwysings

Tags:

DemeterGaia (mitologie)GrieksGriekse mitologieHadesHeraHestiaKronosOlimpiese godePoseidonTitaan (mitologie)UranosZeus

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

Christiaan BarnardGrondsoorteNieuwoudtvilleApartheidMuskeljaatkatBywoordVlag van Suid-AfrikaWaterkringloopKoos du PlessisTransatlantiese slawehandelVigsNasionaal-Sosialistiese Duitse ArbeiderspartyKommunismeLys van elemente volgens simboolChemiese reaksieHeupSlag van Cuito CuanavaleBreinkaartKindersiektesYstervarkOorstromingOlimpiese SomerspeleJohannes HahnKaapstadse waterkrisis 2015-2018Depressie (gemoedstoestand)GeslagMieliestronkBeeldspraakBestaansboerderyBrongitisMiskruierOnderwysSlangArmoedeverligtingMikro-ekonomieGroot TrekVarkgriepPornhubLys van Suid-Afrikaanse musikanteN.P. van Wyk LouwMynbouRooibokSeksTweede WêreldoorlogMeettegniekToestand van materieMiddelmisbruikTatoeëermerkKlimaatsverandering in Suid-AfrikaSeekoeiTylaDuitse maselsSteve BikoAngolese Oorlog vir OnafhanklikheidLys van Afrikaanse rolprenteMenslike skeletPeter SnydersHoenderMaatskappyWebjoernaalGeelsugTydVerkragtingGrondbesoedelingAkuutAngina pectorisMondEkologieAfleiding (taalkunde)DokterGeweldGereformeerde Kerke in Suid-AfrikaBevolkingsafnameVars waterSebraNoordwesWeeluisInternet🡆 More