Reënboog-Kurper

Die Reënboogkurper (Sargochromis carlottae) is 'n varswatervis wat voorkom in die Okavangorivier, boonste gedeelte van die Zambezirivier en die Kafuerivier.

Dit kom ook in die Karibadam voor.

Reënboogkurper
Reënboog-Kurper
Wetenskaplike klassifikasie
Domein:
Koninkryk:
Filum:
Subfilum:
Infrafilum:
Superklas:
Klas:
Subklas:
Infraklas:
Superorde:
Orde:
Familie:
Subfamilie:
Pseudocrenilabrinae
Genus:
(Regan, 1920)
Spesie:
S. carlottae
Binomiale naam
Sargochromis carlottae
(Boulenger, 1905)

In Engels staan die vis bekend as die Rainbow bream of Rainbow happy.

Voorkoms

Die Reënboogkurper se kop is kort en dik, en die bek is klein en baie skuins met groot . Twee rye kegelvormige geboë tandjies kom op beide kake voor, soms lyk dit of daar 'n derde ry is. Daar is 'n sterk keeltandplaat met kegelvormige tande.

Die onvolwasse vis is silwergroen en die skubbe op die lyf se middelpunte is diep grys en daar is agt vertikale strepe oor die lyf. Die vinne is grysgroen met donkergrys kolle op en die rante is dof.

Die volwasse visse is olyfgroen met die skubbe wat donker rante het wat die vis 'n sifdraadvoorkoms gee. Die vinne is donkerolyf met rye sagte pienk kolletjies op die membrane. Die anale vin se kolletjies is pienk-oranje. Die skubbe is grof en 28-32 kom op die sylyn voor.

Die Reënboogkurper word tot 26 cm lank en die Zimbabwe-hengelrekord is 0.192 kg.

Habitat

Die vis leef in dieper, meer permanente vloedvlakte kanale en mere met sanderige bodems wat plantegroei bevat; waterplante of oewerplante.

Hulle vreet insekte, skaaldiere en slakke. Hy is nie skaam om te byt nie en word gevang met enige klein kunsaas soos byvoorbeeld swaailemme. 'n Klein hoekie met erdwurms of uitgedopte slakke of mossels is goeie aas.

Die wyfie is 'n mondbroeier, die mannetjie maak 'n nes waar die eiers aanvanklik gelê word.

Sien ook

Bronne

Verwysings

Eksterne skakel


Tags:

Reënboog-Kurper VoorkomsReënboog-Kurper HabitatReënboog-Kurper Sien ookReënboog-Kurper BronneReënboog-Kurper VerwysingsReënboog-Kurper Eksterne skakelReënboog-Kurper

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

Aarde se atmosfeerBlack SashSuid-Afrikaanse randMilitêre diensplig in Suid-AfrikaFiela se kindDiepaartromboseByRookgewoonteTarentaleSwedeSeksposisieMiskruierGoudkus (streek)NamibiëMangelontstekingVioolBeroerteTuisbladDie GelofteBlaarPseudowetenskapJan van TonderNedersettingFrankrykWerkloosheidMantisDelft, KaapstadGriekwa-AfrikaansRussiese inval in Oekraïne sedert 2022Water (molekuul)HoofpynWikiquoteEkonomiese kwessies in Suid-AfrikaEk is 'n Afrikaan (toespraak)KlavierMahatma GandhiWisselkoersKoos du PlessisPubliekByung-Chul HanRina HugoAnale seksHoenderImpakte van toerismeXhosaLys van politieke partye in Suid-AfrikaKurt-Lee ArendseMotBedreigde spesieLika BerningWaterpokkiesFotosinteseVerkoueMeeuePornografieD.J. OppermanGoeie VrydagBloedsomloopstelselVigsGeletterdheidSharpeville-slagtingTrekarbeidKalsiumWitrenosterSeksRugbyKlimaatBek-en-klouseerNasionaal-Sosialistiese Duitse ArbeiderspartySwartkwasmuishondLys van Nederlandse skildersTennisKinderregteElektrolietJavaScriptJaco JacobsElandré🡆 More