Ray Phiri

Ray Phiri (1947–2017) was 'n Suid-Afrikaanse sanger, asook jazz- en mbaqangamusikant.

Hy het die groep Cannibals in die 1970's gesig en later ook die groep Stimela begin. Stimela is bekend vir albums soos Fire, Passion and Ecstacy (1991) en Look, Listen and Decide (1992), asook die omstrede album People Don't Talk So Let's Talk. Phiri was ook 'n kitaarspeler vir Paul Simon se Graceland gewees.

Ray Phiri
Ray Phiri
Agtergrondinligting
GeboortenaamRaymond Chikapa Phiri
Gebore23 Maart 1947
Nelspruit
Sterf12 Julie 2017
Nelspruit
GenresMbaqanga, jazz
InstrumenteStem, kitaar
Jare aktief1970–2017
EtiketteGallo, Barclay
AssosiasiesStimela, "Just Now" Phiri, Paul Simon

Lewensloop

Raymond Chikapa Enock Phiri is op 23 Maart 1947 in Nelspruit gebore. Hy was die seun van 'n Malawiese immigrant en 'n Suid-Afrikaanse kitaarspeler, genaamd "Just Now" Phiri.

In die 1970's stig hy die musiekgroep Cannibals. Nadat die groep ontbind het, het hy Stimela gestig. Laasgenoemde het talle platinum- en goue albums gelewer.

In 1985 het Paul Simon hom (asook vir Ladysmith Black Mambazo) gevra om aan sy Graceland-projek deel te neem. Die onderneming was suksesvol en het gehelp om dié musikante in die buiteland bekend te stel. Phiri het ook vir Simon met sy Rhythm of the Saints-album gehelp. In 2012 het Simon 'n Graceland-verjaardagtoer gereël, waaraan Phiri ook deelgeneem het.

Phiri is in 1987 ernstig in 'n ongeluk beseer. Die ongeluk het die lewens van sy musiekbestuurder en ses ander geëis. In 2003 is sy vrou in 'n motorongeluk oorlede, waartydens Phiri weereens ernstig beseer is.

Hy het talle toekennings vir sy musiek ontvang. In 2012 is hy met 'n Sama vir sy lewenslange bydrae tot plaaslike musiek vereer. Hy het ook die Orde van Ikhamanga (silwer) van die president van Suid-Afrika ontvang.

Phiri is op 12 Julie 2017 in Nelspruit (Mbombela) aan longkanker oorlede. Hy was 70 jaar oud.

Diskografie

  • 1982: Fire, Passion And Ecstasy
  • 1983: Rewind
  • 1985: Shadows, Fear And Pain
  • 1986: Look, Listen And Decide
  • 1987: Unfinished Story
  • 1989: Trouble In The Land Of Plenty
  • 1996: Out Of The Ashes
  • 2000: Steam Tracks (Best of)
  • 2001: Live At The Market Theatre – 1st Half (Live)
  • 2002: The 2nd Half (Live)
  • 2010: A Lifetime...
  • 2011: Turn On The Sun

Verwysings

Tags:

JazzKitaarMbaqangaSangerSuid-Afrika

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

Covid-19-pandemie in Suid-AfrikaBywoordBelgiëEkonomiese kwessies in Suid-AfrikaDoelwitLettergreepNederduitsch Hervormde KerkVrouNiemetaalKoolstofdioksiedManie LibbokKatVersoeningsdagWiki CommonsGawes van die Heilige GeesWeervoorspellingKasterolieKonflik (proses)Afro-AmerikanersBoer Soek 'n VrouGesondheidAfrikaVryheid van spraakKaapse florarykLys van visseSwartrenosterJeugdagCarles PuigdemontAandagstreepVerdampingMaagsweerStereotipeBorsPaarl GimnasiumFossielbrandstofMynbouGeweldIslamitiese StaatEmfiseemLarry PagePad na jou hartWebwerfEjakulasieAppelBoelierySoogdierKrugerwildtuinWêrelderfenisgebiede in Suid-AfrikaVakbondKaapstadKontinentEkostelselPussy RiotDuitse maselsKunsGoogleOseaanIronieGreen PornoOnse VaderPlaattektoniekVerantwoordelikheidTradisionele Afrika-medisyneHarry PotterAfrikanersTrekarbeidVerenigde State van AmerikaStellenboschTekstielBeaufortskaalProstaatklierKunsmatige algemene intelligensieWeer (meteorologie)🡆 More