Ray Albert Francis Swart (Bethlehem, Vrystaat, 28 Februarie 1928) was 'n Suid-Afrikaanse politikus.
Hy ontvang sy opleiding in Durban, waar hy hom as prokureur bekwaam het. Op 'n baie vroeë ouderdom het hy in die politiek begin belang stel en was aanvanklik ondersteuner van die Verenigde Party, vir wie hy in 1953 as Parlementslid vir Zoeloeland verkies is.
Met die stigting van die Progressiewe Party in 1959 het hy die nuwe party se leier in Natal geword, hoewel hy sy setel in die verkiesing van 1961 verloor het. Hy was nie een van die sewe Parlementslede wat vir die party in 1974 verkies is nie, maar keer ná die verkiesing van 1977 terug as L.V. vir Musgrave in Durban. Ná die stigting van die Progressiewe Federale Party word hy partyvoorsitter.
This article uses material from the Wikipedia Afrikaans article Ray Swart, which is released under the Creative Commons Attribution-ShareAlike 3.0 license ("CC BY-SA 3.0"); additional terms may apply (view authors). Inhoud is onderhewig aan CC BY-SA 4.0, tensy anders vermeld. Images, videos and audio are available under their respective licenses.
®Wikipedia is a registered trademark of the Wiki Foundation, Inc. Wiki Afrikaans (DUHOCTRUNGQUOC.VN) is an independent company and has no affiliation with Wiki Foundation.