Randall Abrahams: Suid-Afrikaanse radio- en televisiepersoonlikheid en ‘n musiekprodusent

Randall Abrahams (gebore 26 Julie 1969) is 'n Suid-Afrikaanse radio- en televisiebesigheidspersoon en ‘n musiekprodusent.

Hy is bekend vir sy rol as die "streng beoordelaar" op die Idols-televisiereeks.

Randall Abrahams
Randall Abrahams: Agtergrond, TV-beoordelaar, Bestuursposte
Agtergrondinligting
GeboortenaamRandall Abrahams
Ook bekend asMnr. Nors
Gebore26 Julie 1969 (1969-07-26) (54 jaar oud)
Kaapstad, Wes-Kaap, Suid-Afrika
GenresTelevisie, Radio, Musiek
Beroep(e)
  • Radiopersoonlikheid
  • Televisiepersoonlikheid
  • Musiekprodusent
  • Konsultant
InstrumenteKitaar
EtiketteUniversal Music South Africa

Agtergrond

Abrahams is in Kaapstad gebore en het by Harold Cressy High School skool gegaan. Hy het van 1988 tot 1992 aan die Universiteit van Kaapstad gestudeer, waar hy 'n BA (Hons) behaal het. Hy het ook verskillende bestuursrolle by handelsradiostasies van die SAUK beklee: hy het in 1992 by die Kaapse stasie Good Hope FM as programmeringsassistent aangesluit, waarna hy tot stasiebestuurder bevorder is — 'n pos wat hy van 1994 tot 1997 beklee het. Hy het Good Hope verlaat en na Johannesburg verhuis, waar hy gehelp het met die vestiging van die jeugradiostasie YFM en as stasiebestuurder van 1997 tot 2002 gedien het. Van 2000 tot 2001 was hy ondervoorsitter van die National Association of Broadcasters (NAB), die bedryfsliggaam verantwoordelik vir die bevordering van die visie van die uitsaaisektor, en van 2001 tot 2003 het hy die amp van voorsitter beklee.

TV-beoordelaar

In 2002 was hy een van die oorspronklike beoordelaars op M-Net se werklikheidsangkompetisie Idols, wat op die internasionale formate van Pop Idol en American Idol geskoei is. Hy het sedertdien tydens elke seisoen van die reeks as beoordelaar opgetree, en vervul die nie-amptelike rol van "Mnr. Nors". Randal was ook 'n beoordelaar op die World Idols-kompetisie in 2003, waarin Idols 1-wenner Heinz Winckler vierde geëindig het.

Bestuursposte

Van 2002 tot 2006 was hy algemene bestuurder van Kommersiële Radio by die SAUK en was hy verantwoordelik vir die sukses van 5FM, Metro FM en Good Hope FM. Sedert hy die SAUK verlaat het, tree hy op as 'n onafhanklike konsultant vir die digitale en openbare betrekkinge- bedrywe terwyl hy sy werk vir televisie voortduur. Hy het ook as vryskutjoernalis gewerk en tot publikasies soos Financial Mail, Tribute, Y Mag, Advantage en Blink bygedra. Hy was die eienaar en besturende vennoot van die openbare betrekkinge- firma Total Exposure (wat die publisiteit vir SA's Got Talent bestuur het), van die projekbestuurmaatskappy Mushroom Productions en van die multimediabemarkingsmaatskappy RAMM. Hy was ook 'n besturende direkteur van Universal Music South Africa.

SA's Got Talent

Randall is een van die beoordelaars op die debuutseisoen van die SABC2-werklikheidsreeks SA's Got Talent, wat op die Britse Got Talent-formaat geskoei was en wat in Oktober en November 2009 uitgesaai is. Weens sy streng kommentaar tydens talentreekse soos Idols en SA's Got Talent word hy soms die Simon Cowell van Suid-Afrikaanse televisie genoem.

Verwysings

Eksterne skakels

Tags:

Randall Abrahams AgtergrondRandall Abrahams TV-beoordelaarRandall Abrahams BestuursposteRandall Abrahams SAs Got TalentRandall Abrahams VerwysingsRandall Abrahams Eksterne skakelsRandall Abrahams1969Idols (Suid-Afrika)Suid-Afrika

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

AdolessensieMisdaadSuikersiekteTekstielChemiese elementPseudowetenskapJavaScriptGrootste rampe in Suid-AfrikaTierMantisSkisofrenieOu Apostoliese KerkNatuurlike hulpbronSpinnekopWieg van die MensdomPerdebyeGroot vyfKlimaatsverandering in AfrikaJan de WetHoofkarakterDroomSwartbewussynsbewegingHeuningbyAkwariumMetafoorGeestesgesondheidWhatsAppOnderwys in Suid-AfrikaLGodVlag van Suid-AfrikaAnglo-BoereoorlogAborsieRudi ClaaseMetaalGqeberhaHoofpynBesoedelingWikiquoteVoorsetselAntoniemLetterlike en figuurlike taalgebruikLys van Suid-Afrikaanse musikanteReënGautengBelvidere Holy Trinity-kerkMagda van BiljonWaterbesparing in Suid-AfrikaSlag van BloedrivierJo BlackIronieInternetJohannesburgVlinderMis (weerkunde)AkroniemPornografieMusieksimboleDiskriminasieLys van Afrikaanse skrywersBonné de BodNylrivier (Suid-Afrika)TegnologieStikstofKrieketHemelBesemRooibokKompasOmgewingskwessies in Suider-AfrikaAarde se atmosfeerKasteel die Goeie HoopHamilton WesselsVerfMielie🡆 More