Rama

Rama (Sanskrit: राम, IAST: Rāma), ook bekend as Ramachandra, is ’n belangrike god in Hindoeïsme.

Hy is die sewende avatar van die god Vishnu, en saam met Krishna een van die gewildste inkarnasies van hom. In tradisies wat om Rama wentel, word hy as die oppergod beskou.

Rama
Rama word op verskillende maniere uitgebeeld.
Rama word op verskillende maniere uitgebeeld.
Sanskrit-transliterasie Rāma
Affiliasie Sewende avatar van Vishnu
Woonplek Ayodhya en Santanaka
Metgesel Sita

Agtergrond

Hy was met Sita getroud. Hoewel hulle deel van ’n koninklike familie was, is hul lewe volgens die Hindoegeskrifte uitgedaag deur onverwagte veranderings soos verbanning onder arm en moeilike omstandighede, etiese vrae en morele dilemmas. Van al hul probleme was die noemenswaardigste die ontvoering van Sita deur die demoonkoning Ravana, gevolg deur die vasberade en epiese pogings van Rama en Lakshmana om haar vryheid terug te wen en die bose Ravana te vernietig.

Die hele lewensverhaal van Rama, Sita en hul vriende gaan oor die pligte, regte en sosiale verantwoordelikhede van ’n individu. Dit illustreer dharma en die dharma-lewenswyse deur modelkarakters.

Rama is veral belangrik in Vaishnavisme. Hy is die sentrale figuur van die antieke epiese gedig Ramayana, ’n geskrif wat histories veral gewild was in die Suid- en Suidoos-Asiatiese kulture.

Baie verhale is oor sy antieke legendes geskryf en daar was opvoerings oor hom.

Rama-legendes kom ook voor in die geskrifte van Djainisme en Boeddhisme, hoewel hy dan soms Pauma of Padma genoem word, en die besonderhede verskil taamlik van die Hindoegeskrifte s'n.

Verwysings

Tags:

AvatarHindoeïsmeIASTKrishnaSanskritVishnu

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

BrandmondsindroomPriemgetalRuslandAntjie SomersLys van Afrikaanse rolprenteYstervarkChloorPad na jou hartLys van Kaapstad se voorstedeLettergreepVulvaTennisMiskruierLys van Suider-Afrikaanse soogdiere volgens wetenskaplike namePubliekAarverkalkingKangogrotteGreen PornoOmtrek, oppervlakte en volumeFinale OplossingSimboolEkonomiese kwessies in Suid-AfrikaMieliestronkElektroniese of digitale mediaLimpopo (rivier)HeupSkooluniformOrale seksAardverwarmingTelevisieConsolidated B-24 LiberatorDiatomiese molekuulLien se lankstaanskoeneKoolstofdioksiedLys van chemiese elemente volgens atoomgetalGroepsdrukTaalfossielSarel Jacob PretoriusWortelJeugdagGrondwet van Suid-AfrikaSkilpadAtlantis, Wes-KaapVleilandKlereAandagstreepLongontstekingSirkelBreinkaartSiya KolisiKatOogTegnologieLys van Suider-Afrikaanse soogdiereSirkusGeslagsgelykheidMuskeljaatkatAluminiumThys die BosveldklongHarry PotterNeerslagKunsmatige intelligensieVlag van Suid-AfrikaJeuksiekteFacebookRobert SobukweCalviniaKondensasieSelfieSamestellingMaatskappyAfrikaGewone breukeAfrikaansVergelykings (taalkunde)GlasSkuinsstreep🡆 More