Ram Barkai

Ram Barkai (geb.

22 Oktober 1957) is ’n Suid-Afrikaanse oopwaterswemmer, bekend vir sy bykans bomenslike vermoë om lang afstande in yswater te swem, byvoorbeeld in die Antarktika en in Siberië, gewoonlik met net ’n speedo, swempet en -bril. Hy word deur sommige as die taaiste swemmer ter wêreld beskou, wat nie skroom om die ysige water van Switserland of die haai-besmette water van Suid-Afrika aan te durf nie.

Ram Barkai
Gebore22 Oktober 1957
Kibbutz Maagan, Israel
NasionaliteitSuid-Afrika
BeroepOopwaterswemmer
Bekend virSwem is ysige koue water
Kinders4

Barkai is in Israel gebore en emigreer in 1966 na Suid-Afrika, waar hy aan oopwaterswem blootgestel is. Hy hou talle wêreldrekords en het in verskeie TV-programme verskyn, insluitend die dokumentêr Stan Lee's Superhumans. Hy is ook die stigter van die Internasionale Ys-swem Assosiasie.

Barkai het nege jaar in die Israeliese Weermag gedien. Van 2005 tot 2012 was hy die hoof uitvoerende beampte en 'n direkteur van die maatskappy Cadiz Holdings Limited. Hy woon tans in Kaapstad en het vier kinders.

Plekke geswem

Barkai het al reg oor die wêreld geswem, insluitend:

  • Na Robbeneiland – 17 keer.
  • Kanaal van Rottnest-eiland – naakte solo-kategorie.
  • Om Kaappunt – saam met Andrew Chin, eerste mense om dit te doen.
  • Om die Kaapse Skiereiland – 100 km aflos.
  • Oor die Meer van Tiberias – 10 km breed, 22 km lank.
  • Antarktika – 1 km teen 1°C by 70 grade suid – 'n Guinness-wêreldrekord (2008).
  • Meer van Zürich – 2,3 km teen 4°C.
  • Deel van span van 6 wat die lengte van die Oranjerivier geswem het (2000 km).
  • Om Pennock-eiland, Alaska – 14 km.
  • Straat van Magellaan en deel van 'n span van 5 Suid-Afrikaners wat die eerste keer ooit om Kaap Hoorn geswem het.
  • Tjoemen, Siberië – 1 km teen 0°C en 1.5 km teen 0°C, lugtemperatuur -33°C.
  • Moermansk, Rusland – 1 myl teen 0°C.
  • Deel van 'n internasionale aflosspan wat oor twee breedtes van die Beringstraat geswem het – 134 km, water 2°C-8°C.
  • Neko-hawe, Antarktika – 1.2 km in water van -1°C.

Verwysings

Eksterne skakels

Tags:

AntarktikaSiberiëSuid-AfrikaSwamSwitserlandYs

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

Klem-in-die-kaakTopografieDirekte en Indirekte redeGeskiedenis (vakgebied)GriepSelfstandige naamwoordRoofdierUitstelGereedskapGeskiedenis van die BoererepubliekeUilSkrikkeljaarBelastingInligtingstegnologieOnderwerp (taalkunde)Geskiedenis van die AardeMeervoudSuurstofBiodiversiteitKommaWebjoernaalAngina pectorisBeginondernemingHondeklipbaaiBeurtkragSelfvertroueOmkoperyVenusGalblaasGemeenskapsorganisasieEl NiñoLys van Suider-Afrikaanse soogdiere volgens wetenskaplike nameKoöperasiestoriesVarkgriepKoue OorlogDuifGemengde ekonomieAtletiekStellenboschMikroörganismeSpysverteringstelselEkostelselJavaScriptEenvoudige hangbrugHartseerLys van Nasionale Simbole van Suid-AfrikaNatuurbewaringCovid-19-pandemiePersKunsmatige intelligensiePriemfaktorAardverwarmingMiltMusieksimboleGeskiedenis van AfrikaNierversakingMosambiekse spoegkobraKappie (skryfteken)KarnivoorDiarreeBotswanaNaaldekokerLetterkundeLys van Islamitiese feeste en herdenkingsLovedale, Oos-KaapBestuiwingPaarlHerbivoorVulvaCarike KeuzenkampKomplementêre kleureJohannes MeintjesMansa MusaOrganisasie sonder winsoogmerkEerste WêreldoorlogOrtopedieSinoniemSavanne-olifantGewerweldes🡆 More