Rabindranath Tagore: Bengale digter en filosoof

Rabindranath Tagore, of Thakur (Kalkutta, 7 Mei 1861 – 7 Augustus 1941), was 'n beroemde digter, roman- en toneelskrywer.

Hy was die eerste mens van Indië wat 'n Nobelprys gewen het.

Rabindranath Tagore
Rabindranath Tagore: Familie, Letterkundige verdienste, Verwysings
Rabindranath Tagore in Kalkutta, ongeveer 1915
Gebore7 Mei 1861
Sterf7 Augustus 1941
Kalkutta
NasionaliteitVlag van Brits-Indië Brits-Indië
BeroepDigter, skrywer
EggenootMrinalini Bhabatarini
Kinders5
Handtekening
Rabindranath Tagore: Familie, Letterkundige verdienste, Verwysings

Familie

Rabindranath Tagore: Familie, Letterkundige verdienste, Verwysings 
Tagore en sy vrou in 1883.

Rabindranath Tagore is op 7 Mei 1861 tydens die Britse koloniale oorheersing van Indië in 'n ryk Brahmaanse familie gebore wat in Kalkutta gewoon het. Sy vader, Debendranath Tagore (1817–1905), was 'n tyd lank een van die leiers van die Brahmo Samaj (Vereniging van Godsoekers). Sy moeder, Sarada Devi, is dood toe hy nog jonk was. In 1883 is hy met Mrinalini Devi (gebore Bhabatarini) getroud wat toe slegs tien jaar oud was. Hulle het vyf kinders gehad, waarvan slegs een volwassenheid bereik het. Mrinalini is in 1902 oorlede. Tagore self is op 7 Augustus 1941 in Kalkutta oorlede.

Letterkundige verdienste

Tagore was 'n Bengaalse digter, filosoof, dramaturg, romanskrywer en mistikus wat sy roem veral aan sy gedigte te danke gehad het. Hy het sy eerste gedig op agtjarige ouderdom geskryf en sy eerste versameling gedigte in 1877 gepubliseer. Hy het sy eerste kortverhaal en dramas geskryf toe hy slegs 16 jaar oud was.

Tagore het 'n soort letterkunde geskep wat nader aan gesproke Bengaals was as dié van ander skrywers. Hoewel hy hoofsaaklik in Bengaals geskryf het, het hy baie van sy werk in Engels vertaal. Daarin kom kennis van beide Westerse en Indiese kulture tot uitdrukking.

In 1901 stig hy die Santi-Niketanskool in Bolpur, 180 km van Kalkutta, wat later tot 'n universiteit gegroei het. Hy het baie oor sosiale en politieke onderwerpe geskryf en in sy wêreldbeskouing doelbewus gestreef na 'n harmonieuse verband tussen die Westerse en Oosterse filosofieë, godsdienste en kulture. As sulks het hy 'n belangrike rol in die bevryding van Indië gespeel.

Rabindranath Tagore: Familie, Letterkundige verdienste, Verwysings 
Borsbeeld van Tagore in Leiden

Hy het in verskillende lande klas gegee en het Europa en Amerika gereeld besoek, veral nadat hy die Nobelprys vir Letterkunde in 1913 ontvang het. Tot sy werk behoort 'n treurspel met die Engelse titel, The King of the Dark Chamber (1910), en verskeie romans, waarvan Gora (1908) deur sommige as belangriker as Rudyard Kipling se skildering van die Indiese lewe in Kim (1901) beskou word.

Tagore bly egter veral bekend as 'n digter. Sy vertaling van sy eie Gitanjali (1909) het groot bewondering ontlok. In 1950 is sy gedig Jana-Gana-Mana (Engels: Lord of the heart of the people) getoonset en het dit die volkslied van Indië geword.

Verwysings

Eksterne skakels

Tags:

Rabindranath Tagore FamilieRabindranath Tagore Letterkundige verdiensteRabindranath Tagore VerwysingsRabindranath Tagore Eksterne skakelsRabindranath Tagore186119417 Augustus7 MeiIndiëKalkuttaNobelprys

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

WaterstofAardverwarming7de LaanOogproblemeJo BlackEvangelies Gereformeerde KerkRob HersovBestaansboerderyDulcie van den BerghAnilingusOutismeHidroëlektrisiteitLeah van NiekerkOntbossingMateriaalOnse VaderSowjetunieManie JacksonBosluisbytkoorsAnette EngelbrechtHerpes simplexOrale seksAfleiding (taalkunde)NierNasionalismeBreingewasVrymesselaryCorioliskragTwaalf Stamme van IsraelOligopoliePersSwaweldioksiedTrevor ManuelVlekvrye staalProstaatkankerWaterkringloopIranNommertekenSatellietCleopatra VIIDramaKomplementêre kleureAlfabetiese lys van Suid-Afrikaanse bomeSeksposisieWoordsoortMalariaByvoeglike naamwoordNic de JagerRefentse MorakeMIVJohannesburgSonsteekRookgewoonteSwartwitpensOlimpiese Somerspele 2024Maatskaplike verantwoordelikheidMagda van BiljonGoogle TranslateStilleweKameelBeenbreuke en ontwrigtingsEkonomiese kwessies in Suid-AfrikaBloedsomloopstelselIndiese OseaanTrappe van vergelykingAfrikaanse TaalmonumentSelfieKultuurVarkMaroela MediaNarsistiese persoonlikheidsteuringMikro-ekonomieBeesvleisKookpunt🡆 More