Die Russiese Sosialistiese Federale Sowjetrepubliek (Russies: Российская Советская Федеративная Социалистическая Республика , Rossijskaja Sowjetskaja Federatiwnaja Sotsialistitsjeskaja Respoeblika ), ook genoem die Russiese SFSR en die RSFSR, was die grootste en digs bevolkte van die vyftien republieke van die voormalige Sowjetunie en het ná die verbrokkeling van laasgenoemde land die Russiese Federasie geword.
Dit was verreweg die grootste subnasionale entiteit in die wêreld wat oppervlakte betref en die tweede grootste wat bevolking betref (ná Uttar Pradesh, Indië). Die hoofstad was Moskou, wat ook die hoofstad van die Sowjetunie was.
| |||||
Volkslied: Internasionale Volkslied van die Sowjetunie | |||||
Hoofstad | Moskou | ||||
Grootste stad | Moskou | ||||
Amptelike tale | Russies | ||||
Regering | Sosialisties | ||||
Onafhanklikheid Bestaan Van Tot | 7 November 1917 12 Desember 1991 | ||||
Oppervlakte - Totaal - Water (%) | 17 075 200 km2 (1ste in USSR) | ||||
Bevolking - 1991-skatting - Digtheid | 147 386 000 (1ste in USSR) 8,6 / km2 | ||||
Geldeenheid | roebel (RUB ) | ||||
Tydsone - Somertyd | +2 tot +11 (UTC) +3 tot +12 (UTC) | ||||
Internet-TLD | .su | ||||
Skakelkode | + |
Die RSFSR is op 7 November 1917 gestig en die 1918-Sowjetgrondwet is op 10 Julie 1918 aanvaar. Tussen 1917 en 1922 is die land in Russiese dokumente "die Russiese Republiek" (Russies: Российская Республика, Rossijskaja Respoeblika) en "Sowjetrepubliek" (Russies: Советская Республика, Sowjetskaja Respoeblika) genoem. Die Russiese Republiek is internasionaal net deur ’n handvol state erken: die Ierse Republiek, Estland, Finland, Letland en Litaue.
Die RSFSR het in 1922 deel van die Sowjetunie geword (die 1924-Sowjetgrondwet het dit formeel gemaak).
Die Kongres van Sowjette van die RSFSR het op 12 Desember 1991 gestem om aan die Sowjetunie te onttrek. Die land is op 25 Desember tot die Russiese Federasie hernoem.
In 1970 het sowat 83% van die bevolking van die RSFSR uit etniese Russe bestaan, 3% uit Oekraïners en 7% uit Turkse en Persiese volke. Die res het bestaan uit lede van talle kleiner bevolkingsgroepe.
Binne die RSFSR was daar twintig Outonome Sosialistiese Sowjetrepublieke (OSSR'e):
This article uses material from the Wikipedia Afrikaans article Russiese Sosialistiese Federale Sowjetrepubliek, which is released under the Creative Commons Attribution-ShareAlike 3.0 license ("CC BY-SA 3.0"); additional terms may apply (view authors). Inhoud is onderhewig aan CC BY-SA 4.0, tensy anders vermeld. Images, videos and audio are available under their respective licenses.
®Wikipedia is a registered trademark of the Wiki Foundation, Inc. Wiki Afrikaans (DUHOCTRUNGQUOC.VN) is an independent company and has no affiliation with Wiki Foundation.