Río De La Plata

Die Río de la Plata (Spaans: , letterlik Silwerrivier) is 'n estuarium (breë riviermonding) waar die Río Paraná en Río Uruguay in die Atlantiese Oseaan vloei.

Dit vorm die karakteristieke suidoostelike inkeping in die Suid-Amerikaanse kuslyn. Die monding is in totaal 290 kilometer lank. Waar die twee riviere ontmoet, is die rivier 48 kilometer breed; by die oseaan neem dit tot 220 kilometer toe, wat die Río de la Plata die breedste rivier ter wêreld maak.

Río de la Plata
Nasa-Satellietbeeld van die Río de la Plata. Links bo is Montevideo, Uruguay en regs onderkant is Buenos Aires, Argentinië.
Nasa-Satellietbeeld van die Río de la Plata. Links bo is Montevideo, Uruguay en regs onderkant is Buenos Aires, Argentinië.
Nasa-Satellietbeeld van die Río de la Plata. Links bo is Montevideo, Uruguay en regs onderkant is Buenos Aires, Argentinië.
Río De La Plata

Kaart van die Río de la Plata.

Oorsprong Saamvloei van Río Paraná en Río Uruguay naby Buenos Aires, Argentinië
Monding Argentynse Meer, Argentinië en Uruguay
(Atlantiese Oseaan)
Stroomgebied Argentinië en Uruguay
Lengte 290 km (180 myl)
Oorspronghoogte 0 m (0 voet)
Mondinghoogte 0 m (0 voet)
Gemiddelde afloop 22 000 m³/s (777 000 ft³/s)
Stroomgebiedopp. 3 170 000 km² (1 224 000 myl²)
Kaart van die Río de la Plata-bekken in Suid-Amerika.
Kaart van die Río de la Plata-bekken in Suid-Amerika.

Die Spaanse seevaarder, Juan Díaz de Solís, was die eerste Europeër wat die Río de la Plata besoek het. Hy het dit teëgekom toe hy van die Brasiliaanse kus na die suide gevaar het. Hy het gedag dis 'n seearm waarvan die water op onverklaarbare manier soet was. Hy noem dié see Mar Dulce ("die Soete See"). Omdat sy karvele vlak bodems gehad het, kon hy die rivier opvaar.

Die estuarium vorm gedeeltelik die natuurlike grens tussen Argentinië en Uruguay. Die hoofstad van Argentinië, Buenos Aires, en dié van Uruguay, Montevideo, lê aan die Río de la Plata. Die eiland Martín García voor die kus van Uruguay is Argentyns.

In die Tweede Wêreldoorlog is die Duitse dwergslagskip die Admiral Graf Spee hier deur sy bemanning gekelder omdat geglo is dat hulle deur 'n oormag oorweldig sou word en die geveg nie sou kon wen nie.

Sien ook

Verwysings

Eksterne skakels

58°10′0″W / 34.50000°S 58.16667°W / -34.50000; -58.16667

Tags:

Atlantiese OseaanEstuariumRío ParanáRío UruguaySpaansSuid-Amerika

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

Rina HugoAntarktikaDachshundAlvin BruindersTurksvyLys van Afrikaanse rolprenteApartheidAarverkalkingBaltimoreKlankverskynselsLys van veltoestandePublieke domeinPredikante van die Gereformeerde Kerke in Suid-AfrikaSiembambaParysKrampSolidariteitLys van kleurePolitieke partyBloeddrukWikimaniaWiki CommonsVier temperamenteEjakulasieTuisbladAfrikaanse Hoër SeunskoolGewone drolpeerWaterpokkiesDonker materieMaagHeliosfeerDieregeluideVingerseksKoorsblaarCleopatra VIIDemensieLys van deelnemers aan die Slag van BloedrivierPaulus van TarsusDrie Susterskerke2024 Japannese Grand PrixHernubare energieNuwe TestamentGewone tarentaalRooibokKasterolieAsmaNierKoue OorlogSemenMotorregistrasienommerplate van Suid-AfrikaGawes van die Heilige GeesEerste WêreldoorlogVerkleinwoordLByFrankrykEpilepsieSterKunsWikipediaPenisverlengingWeer (meteorologie)DuitslandSteve BikoApostoliese GeloofsbelydenisTongaanse nasionale rugbyspanSteenkoolBorsbeen🡆 More