Die Rooibekkwelea, een van die wêreld se mees talryke voëlspesies met 'n geskatte volwasse broeipopulasie van 1,5 miljard, is 'n nomadiese voël wat in groot swerms in Afrika suid van die Sahara en Suider-Afrika voorkom.
Dié voël word ook soms die "treksprinkaan" van die voëlwêreld genoem, vanweë hul geneigdheid om in kwetterende swerms van miljoene voëls te beweeg. Hierdie swerms kan langer as vyf ure aanhou terwyl hulle in gesinkroniseerde golfbewegings verbyvlieg.
Rooibekkwelea | |
---|---|
'n Mannetjie-rooibekkwelea vertoon sy broeiveredrag in Mala-Mala, Suid-Afrika. | |
Wetenskaplike klassifikasie | |
Domein: | |
Koninkryk: | |
Filum: | |
Klas: | |
Orde: | |
Familie: | |
Genus: |
'n Swerm rooibekkwelea wat op 'n kleingraanoes neerdaal, kan tot vier ton graan per dag verorber. Die vretende voëls mors ook baie van die graan wanneer dit halfgevreet op die grond val.
Rooibekkwelea kan drie keer per seisoen broei, van Oktober tot April. Die voëls maak nes in groot kolonies van sowat 300 000 voëls. Die broeisiklus is gekoördineer en ’n groot hoeveelheid voëls sal gelyk opdaag en dadelik nesbou. Wyfies lê ’n gemiddeld van drie ligblou eiers op ’n keer, wat na 12 dae uitbroei. Die kuikens word vir die eerste 20 dae met insekte gevoer, waarna hulle onafhanklik aan grassade en graan begin voed. So ’n broeisiklus kan binne 35 dae voltooi word en die kolonie word gewoonlik binne ses weke verlaat.
Tydens die broeiseisoen, sal die kwelea gewoonlik nie verder as 'n kilometer van hul broeiplek af na kos soek nie. Buite die broeiseisoen kan hulle sowat 40 km na 'n voedingsbron aflê, om dan weer terug te keer na dieselfde slaapplek. Hulle is egter nomadiese voëltjies en kan ook veel verder na voedingsbronne vlieg.
Wiki Commons bevat media in verband met Quelea quelea. |
This article uses material from the Wikipedia Afrikaans article Rooibekkwelea, which is released under the Creative Commons Attribution-ShareAlike 3.0 license ("CC BY-SA 3.0"); additional terms may apply (view authors). Inhoud is onderhewig aan CC BY-SA 4.0, tensy anders vermeld. Images, videos and audio are available under their respective licenses.
®Wikipedia is a registered trademark of the Wiki Foundation, Inc. Wiki Afrikaans (DUHOCTRUNGQUOC.VN) is an independent company and has no affiliation with Wiki Foundation.