Kaapse Tiptol

Die Kaapse tiptol word 19–21 cm lank, hul kleur is grysbruin met 'n diagnostiese wit oogring en geel onderstertdekvere.

Kaapse tiptol
Kaapse Tiptol
In die Addo-Olifant Nasionale Park, Oos-Kaap
Wetenskaplike klassifikasie
Domein:
Koninkryk:
Filum:
Klas:
Orde:
Familie:
Genus:
Spesie:
P. capensis
Binomiale naam
Pycnonotus capensis
(Linnaeus, 1766)
Kaapse Tiptol
Kaapse tiptol-verspreiding in Suid-Afrika

Identifikasie

Op die kop pronk 'n klein kuifie. Die kort, reguit snawel, bene en pote is swart en die oog se iris is donkerbruin. Die geslagte se verekleed is soortgelyk. Hierdie spesie is baie donkerder as die ander Suid-Afrikaanse tiptolle, en verskil van oogringkleur en bruin laerbuik, waar ander donker tiptolle 'n ligter buikkleur het. Die donker buikkleur help mens om jongelinge te identifiseer, wat nie die kenmerkende oogring van die volwassene besit nie.

Gedrag

Die Kaapse tiptol is 'n algemene en opvallende voël, wat geneig is om bo-op 'n bos te sit. Hulle is baie aktief en lawaaierig, gewoonlik saam in pare of klein groepies op soek na kos soos vrugte, nektar en insekte.

Hul neste word in sekere gebiede geparasiteer deur die Bontnuwejaarsvoël, wat haar eiers saam in die nes lê en van die tiptol verwag om dit vir haar uit te broei (tipiese koekoekgedrag).

Geluid

Die tipiese roep van hierdie spesie is 'n gefluit van twee of meer verskillende note van pit-peet-pitmajol, piet-piet-patata.

Verspreiding

Sien kaart regs.

Ander name

  • Engelse naam: "Cape bulbul"
  • Wetenskaplike naam: Pycnonotus capensis

Sien ook

Hierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik vanuit die Engelse Wiki vertaal.

Tags:

Kaapse Tiptol IdentifikasieKaapse Tiptol GedragKaapse Tiptol GeluidKaapse Tiptol VerspreidingKaapse Tiptol Ander nameKaapse Tiptol Sien ookKaapse Tiptol

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

Orale seksStaat PalestinaTweede VryheidsoorlogSmaakBaardskeerder-spinnekopDaggaSeekoeiMangelVolkekundeSelfstandige naamwoordBruin huisslangErfenisLetterkundeVulkaanGewone drolpeerLys van Suid-Afrikaanse skrywersNoord-KaapVerenigde KoninkrykMiljardAngkor WatInstagramEkonomieNatuurlike satelliete van kleinplaneteDuitslandLys van Griekse mitologiese figureVingerseksRam (sterreteken)SleurkragGriekelandOraniaHolocaustJohan StemmetKoningSamestellingKoggelmanderAlvin BruindersOrkney Snork NieSeksSkarlakenkoorsBelgiese gewesteDansKolitisAZuid-Afrikaansche RepubliekVoorhuidKlein-KarooVerkleurmannetjieRooikatRob HersovMarie PentzMaagJudaïsmeSuid-Afrikaanse randRussiese inval in Oekraïne sedert 2022Kanadese nasionale krieketspanKoekie (rekenaarwetenskap)KasterolieWortelEjakulasieKolonoskopieWashington, D.C.MieliestronkHannes van WykJerusalemKonjunktivitisGodSteenkool🡆 More