Puntland

Puntland (Somalies: Buntlaand; Arabies: أرض البنط), amptelik die Puntlandstaat Somalië (Somalies: Dowlad Goboleedka Buntlaand ee Soomaaliya; Arabies: ولاية أرض البنط الصومالية, Wilāyat Arḍ al-Bunṭ aṣ-Ṣūmāliyyah), is 'n selfregerende gebied in die noordooste van Somalië en is geleë aan die Horing van Afrika.

Anders as die suidelike dele van Somalië, het Puntland 'n werkende regering, en 'n groot mate van wet en orde. Puntland is in 1998 outonoom verklaar en 'n owerheid is volgens die model van Somaliland gestig. Puntland maak aanspraak op die gebiede Sanaag, Sool en Togdheer.

Puntlandstaat Somalië
Dowlad Goboleedka Buntlaand ee Soomaaliya (Somalies)
ولاية أرض البنط الصومالية
Wilāyat Arḍ al-Bunṭ aṣ-Ṣūmāliyyah (Arabies)
Vlag van Puntland Wapen van Puntland
Vlag Wapen
Nasionale leuse: Ster van die Noorde
Volkslied: geen
Ligging van Puntland
Hoofstad Garoowe

8°24′N 48°29′O / 8.400°N 48.483°O / 8.400; 48.483

Grootste stad Boosaaso
Amptelike tale Somalies en Arabies
Regering

President
• Adjunkpresident
Presidensiële grondwetlike
republiek
Said Abdullahi Deni
Ahmed Elmi Osman
Onafhanklikheid
Outonomie
• Stigting

binne Somalië
1998
Oppervlakte
 - Totaal
 
 - Water (%)
 
212 510 km2  
82 050 myl2
feitlik geen
Bevolking
 - 2016-skatting
 - Digtheid
 
4 334 633 ()
18 / km2
46,6 / myl2
BBP (KKP)
 - Totaal
 - Per capita
2019-skatting

$1,853 miljard (–)
$372

Geldeenheid Somaliese shilling (SOS)
Tydsone
 - Somertyd
OAT (UTC+3)
nie toegepas nie (UTC+3)
Internet-TLD .so (Somalië)
Skakelkode +252 (Somalië)

Garoowe is die hoofstad en Boosaaso is die grootste stad. Puntland beslaan 'n oppervlakte van 212 510 km² en het in 2016 'n bevolking van 4 334 633 gehad.

Geskiedenis

Die naam van die gebied is afgelei van die land Poent wat in reisberigte uit antieke Egipte genoem word en wat êrens in die Horing van Afrika sou gewees het.

Ná die uitbreek van die Somaliese burgeroorlog in 1991 is in 1998 'n plaaslike grondwetlike konferensie in Garoowe gehou oor 'n tydperk van drie maande. Bygewoon deur die politieke elite, tradisionele godsdiensleiers (Issims), lede van die sakegemeenskap, intellektuele en ander verteenwoordigers van die burgerlike samelewing is die konferensie gehou met die doel om dienste aan die bevolking te lewer, sekuriteit te bied, handel te vergemaklik en interaksie met binnelandse en internasionale vennote te verseker. Die uitkoms was die stigting van die outonome Puntlandstaat van Somalië. Abdullahi Yusuf Ahmed het as die stigtingspresident van die nuwe staat gedien.

Vervolgens beskou Puntland homself sedert 23 Julie 1998 as 'n outonome staat in Somalië. Anders as Somaliland het Puntland nie na internasionale erkenning gestreef nie, pleks daarvan het die gebied gestreef na 'n federale Somalië. De facto funksioneer Puntland egter as 'n onafhanklike land, deels omdat daar nog nie 'n effektiewe sentrale gesag in die totale de jure-gebied van Somalië is nie. In April 2024 het Puntland aangekondig dat dit as 'n funksioneel onafhanklike staat sal funksioneer te midde van 'n dispuut oor Somaliese grondwetlike veranderinge.

Demografie en godsdiens

In 2015 word die bevolking van Puntland geskat op 4,2 miljoen inwoners, waarvan 65% nomades is. Die streek word hoofsaaklik bewoon deur mense uit die Somaliese etniese groep, met die Darod wat veral goed verteenwoordig is. Daar is ook 'n aantal inwoners van Mehri.

Die bevolkingsgroeikoers van Puntland is taamlik hoog as gevolg van 'n toestroming van mense uit die suide van Somalië en uit die naburige Noordoos-Afrikaanse lande. Tans woon 30% van die inwoners van die streek in die vinnig groeiende dorpe Boosaaso, Gardo, Galdogob, Garowe en Galkayo. Ongeveer 70% van die bevolking is ook jonger as 30.

Die bevolkingsdigtheid in Puntland word geskat op ongeveer 18 persone per km².

Soos met die res van Somalië is Islam die belangrikste godsdiens van die Puntland-streek, en byna alle inwoners is Moslems.

Verwysings

Eksterne skakels

Tags:

Puntland GeskiedenisPuntland Demografie en godsdiensPuntland VerwysingsPuntland Eksterne skakelsPuntlandArabiesHoring van AfrikaSomaliesSomalilandSomalië

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

Lys van musiekinstrumenteSwartFilistyneSprokieDriedimensioneelIngrid JonkerLugbesoedelingBloedsomloopstelselBruin menseFacebookVakbondVars waterBipolêre gemoedsteuringAbsolute monargieMosambiekMeningsverskil oor aardverwarmingWikiquoteLys van veltoestandePinksterJo BlackNamakwalandErfenisSpreeuLenteGeskiedenis van Suid-AfrikaGetalLidwoordAtoomLys van Suid-Afrikaanse musikanteVerkleinwoord1990Septimius AwardsTydHannes van WykEkonomiese geskiedenis van Suid-AfrikaMandalaToekoms van die AardeSebraSpoorvervoer in Suid-AfrikaSuid-Afrikaanse randSpringbokKlimaatApartheidKunsmatige intelligensieDierSirkelItaliëKlem-in-die-kaakWaterkringloopNasionale PartyDemografie van Suid-AfrikaRumatiekAnti-inflammatoriese middelWaarheid-en-versoeningskommissieGeslagsgelykheidSpringbokkeYouTubeBeesErfenisdag (Suid-Afrika)Kaaps-Hollandse stylImmunologieAbstraksie (rekenaarwetenskap)Madison IvyEmfiseemGezina, PretoriaWaterbesparing in Suid-AfrikaFotosinteseEerste WêreldoorlogMusieksimboleBeaufortskaalMaatskappySelWerkersdagGreen Porno🡆 More