Ptolemeus Xii Auletes

Ptolemeus XII Neos Dionusos Filopator Filadelfos (Grieks: Πτολεμαῖος Νέος Διόνυσος Φιλοπάτωρ Φιλάδελφος, Ptolemeus nuwe Dionusos, vaderliefhebber, sibbeliefhebber; omstreeks 117 - 51 v.C.) was farao van die Ptolemeïese Ryk van Egipte wat van 80 tot 58 v.C.

regeer het en toe weer van 55 v.C. tot met sy dood in 51 v.C. Hy was algemeen bekend as Auletes (Grieks: Αὐλητής, "die Fluitspeler"), wat verwys na sy liefde vir die speel van die fluit op feeste van Dionusos. As lid van die Ptolemeïese dinastie was hy 'n afstammeling van Ptolemeus I Soter.

Ptolemeus XII Auletes
'n Borsbeeld van Ptolemeus XII in die Louvre, Parys.
'n Borsbeeld van Ptolemeus XII in die Louvre, Parys.
Farao van die Ptolemeïese dinastie
Periode c. 80–58 v.C.
Voorganger Ptolemeus XI en Berenike IV
Opvolger Cleopatra V en Berenike IV
Vader Ptolemeus IX
Gade(s) Cleopatra V
Gebore c. 117 v.C.
Oorlede Voor 22 Maart 51 v.C.
Portaal  Portaalicoon   Antieke Egipte

Ptolemeus XII was die buite-egtelikse seun van Ptolemeus IX by 'n onbekende moeder. In 116 v.C. het Ptolemeus IX die mederegent van sy moeder, Cleopatra III, geword. Hy het egter in 'n burgeroorlog met sy ma en broer Ptolemeus X betrokke geraak en hy is in 107 v.C. verban. Cleopatra III het haar keinseuns in 103 v.C. na die eiland Kos gestuur om hulle te beskerm.

Nadat hulle vader in 81 v.C. dood is, het Ptolemeus XII se halfsuster Berenike III die troon bestyg. Sy is gou vermoor deur haar neef en medeheerser, Ptolemeus XI, wat toe ook vermoor is. Ptolemeus XII is uit bannelingskap teruggeroep en tot farao verklaar terwyl sy broer, ook Ptolemeus, as koning van Siprus aangestel is.

Ptolemeus XII het met Cleopatra V, waarskynlik een van sy susters of niggies, getrou en hulle het minstens een kind, Berenike IV, gehad – en dalk ook 'n tweede dogter, Cleopatra VII. Die koning se drie jongste kinders, Arsinoe IV, Ptolemeus XIII en Ptolemeus XIV, se moeder is onbekend. Om te voorkom dat Rome Egipte annekseer, het Ptolemeus 'n bondgenootskap met Rome gesluit. Rome het Siprus in 58 v.C. geannekseer, en dit gelei tot die selfmoord van Ptolemeus van Siprus.

Kort daarna is Ptolemeus XII deur die Egiptenare van die troon gesit en sy oudste dogter, Berenike IV, het die troon bestyg. Met Romeinse befondsing en militêre hulp het Ptolemeus XII Egipte herower en Berenike IV in 55 v.C. laat vermoor. In 52 v.C. het hy sy ander dogter, Cleopatra VII, as sy medeheerser aangestel. Hy is die volgende jaar dood en is as medeheersers opgevolg deur Cleopatra VII en haar broer Ptolemeus XIII.

Verwysings

Skakels

  • Ptolemeus Xii Auletes  Hierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik uit die Engelse Wiki vertaal.

Tags:

Antieke EgipteDionusosFaraoFluitGrieksPtolemeus I SoterPtolemeïese Ryk

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

PerdCorioliskragDeelteken en umlautWêrelderfenisgebiede in Suid-AfrikaBosluisbytkoorsAfkappingstekenKrieketAkkedisReënspinnekopArmoedeverligtingGeskiedenis van die AardeKasteel die Goeie HoopMangelontstekingPlastiekMetafoorChristiaan BarnardWaterbesoedelingKaapstadOnderwysChemiese elementLewerBotswanaNag van die lang messeSuid-Afrikaanse algemene verkiesing van 2024GeelsugDurbanDolfynJodeVakbondSpringbokkeHindoeïsmeSpierHemelvaartTobie CronjéGewone breukeDikdermDistrik SesVerdampingAngolaSatellietfotoBrandstofBeurtkragOu Apostoliese KerkUitwerking van klimaatsveranderingBiologieMeervoudHabitatVergelykings (taalkunde)SeekatAfvalbestuurNamakwalandBloeddrukGesonde dieetEkonomie van Suid-AfrikaSlag van Cuito CuanavaleBlourokkeAartappelDemografie van Suid-AfrikaNatuurbewaringMondOntwerpTekstielGeskiedenis (vakgebied)DemokrasieVlinderAdolessensieLeeudoringstadSelfmoordBloedsomloopstelselEskomLuiperd🡆 More