Ptolemeus I Soter (Grieks vir Ptolemeus die Redder, ook bekend as Ptolemy Lagides; omstreeks 367-283 v.C.) was ’n Masedoniese generaal onder Alexander die Grote wat van 323 tot 283 v.C.
die heerser van Antieke Egipte was. Hy was ook die stigter van die Ptolemeïese Ryk en het die titel farao opgeëis.
Ptolemeus I Soter | ||||
Ptolemaeus, Ptolemaios | ||||
’n Borsbeeld van Ptolemeus I (Louvre). | ||||
Koning van Egipte | ||||
Periode | 323–283 v.C. | |||
Opvolger | Ptolemeus II Philadelphus | |||
Vader | Lagus van Masedonië | |||
Moeder | Arsinoe | |||
Gebore | 367 v.C. | |||
Oorlede | 283 v.C. | |||
|
Sy ma was Arsinoe van Masedonië en hoewel sy pa onbekend is, beskryf verskeie bronne hom as óf die seun van Lagus, ’n Masedoniese edelman, óf die buite-egtelike seun van Philippos II van Masedonië (wat hom, as dit waar is, die halfbroer van Alexander maak). Dit kan ook wees dat die laaste weergawe gefabriseer is om die Ptolemeïese Ryk glorieryker te maak.
Ptolemeus was een van Alexander se getroue generaals en een van sy sewe "lyfwagte". Hy was ’n paar jaar ouer as Alexander en ’n vriend sedert hul kinderdae.
Hy is opgevolg deur sy seun, Ptolemeus II Philadelphus.
This article uses material from the Wikipedia Afrikaans article Ptolemeus I Soter, which is released under the Creative Commons Attribution-ShareAlike 3.0 license ("CC BY-SA 3.0"); additional terms may apply (view authors). Inhoud is onderhewig aan CC BY-SA 4.0, tensy anders vermeld. Images, videos and audio are available under their respective licenses.
®Wikipedia is a registered trademark of the Wiki Foundation, Inc. Wiki Afrikaans (DUHOCTRUNGQUOC.VN) is an independent company and has no affiliation with Wiki Foundation.