Die opregte suikerbos (Protea repens) is endemies aan Suid-Afrika en kom in die Wes-Kaap en Oos-Kaap voor waar dit deel van die fynbos-bioom is.
Op die SANBI-rooilys is dit as 'veilig'(LC) gelys. Die plant groei regop en word 4.5 m in hoog. Die plant blom regdeur die jaar en die plante van die Wes-Kaap se hoogtepunt is van Mei tot Oktober en dié van die Oos-Kaap se hoogtepunt is September tot Maart.
Opregte suikerbos | |
---|---|
Wetenskaplike klassifikasie | |
Domein: | Eukaryota |
Koninkryk: | Plantae |
Klade: | Tracheofiete |
Klade: | Angiospermae |
Klade: | Eudicots |
Orde: | Proteales |
Familie: | Proteaceae |
Genus: | Protea |
Spesie: | P. repens |
Binomiale naam | |
Protea repens (L.) L.,1771 | |
Sinonieme | |
|
Dit groei in die winterreënvalstreke as 'n struik of 'n klein boompie. Dit kom voor vanaf seevlak tot so hoog as 2 000 m. Die boom word ongelukkig dikwels uitgeroei wanneer bewerkbare grond op laagliggende berghellings voorberei word vir boerderydoeleindes. Die plant oor leef nie 'n brand nie maar die sade wel, dit is egter ook die eerste plant wat sal groei in die veld wat deur vuur verwoes is.
Die blomme is so ryk aan nektar dat dit as 'n wolkie uitgeskud kan word. Die nektar kan gekook word tot suikerbosstroop, 'n soet en strelende hoesmiddel. As dit lank genoeg gekook word, word dit suiker.
Die boom se FSA-nommer is 94.2.
Wiki Commons bevat media in verband met Protea repens. |
This article uses material from the Wikipedia Afrikaans article Opregte suikerbos, which is released under the Creative Commons Attribution-ShareAlike 3.0 license ("CC BY-SA 3.0"); additional terms may apply (view authors). Inhoud is onderhewig aan CC BY-SA 4.0, tensy anders vermeld. Images, videos and audio are available under their respective licenses.
®Wikipedia is a registered trademark of the Wiki Foundation, Inc. Wiki Afrikaans (DUHOCTRUNGQUOC.VN) is an independent company and has no affiliation with Wiki Foundation.