Die prostaatklier, 'n deel van die voortplantingstelsel, kom voor by manlike soogdierspesies en is geleë onder die blaas en tussen die rektum, die sluitspier, 'n paar slagare en bondels senuwees.
Dit blyk dat die funksie van die klier is om omtrent een derde volume van 'n man se saadvloeistof te produseer. Die klier is egter nie noodsaaklik vir voortplanting nie en dus kan dit as 'n relatief onbelangrike orgaan beskou word. Sommige wetenskaplikes vermoed egter dat die hoofdoel van die prostaatklier is om die voortplantingskanaal teen infeksie in die urienweg te beskerm.
Hoe dit ookal sy, vir sy grootte kan die prostaatklier heelwat probleme veroorsaak.
This article uses material from the Wikipedia Afrikaans article Prostaatklier, which is released under the Creative Commons Attribution-ShareAlike 3.0 license ("CC BY-SA 3.0"); additional terms may apply (view authors). Inhoud is onderhewig aan CC BY-SA 4.0, tensy anders vermeld. Images, videos and audio are available under their respective licenses.
®Wikipedia is a registered trademark of the Wiki Foundation, Inc. Wiki Afrikaans (DUHOCTRUNGQUOC.VN) is an independent company and has no affiliation with Wiki Foundation.