Privaat Maatskappy

'n Privaat maatskappy is 'n vorm van 'n maatskappy.

Ten einde 'n klein groepie persone, wat hul eie kapitaal voorsien, in staat te stel om die voordeel van beperkte aanspreeklikheid te geniet, maak die Maatskappyewet Wet 61 van 1973, soos gewysig, voorsiening vir privaat maatskappye.

Só 'n maatskappy kan uit een of meer en hoogstens vyftig lede bestaan en mag nie die publiek uitnooi om aandele te koop nie. Omdat dit tot 'n groepie privaat persone beperk is, word dit vrygestel van die bepalings van die Maatskappyewet wat daarop gemik is om die beleggerspubliek te beskerm. Kragtens die Maatskappyewet (1973) moet 'n privaat maatskappy met 'n aandelekapitaal in sy statute:

  • die reg beperk om sy aandele oor te dra;
  • sy ledetal (met die uitsondering van werknemers en gewese werknemers wat lede is) tot vyftig beperk;
  • enige uitnodiging aan die publiek om inskrywing op enige aandele of skuldbriewe van die maatskappy verbied.

Indien 'n privaat maatskappy versuim om aan enige van hierdie drie vereistes te voldoen, word dit outomaties as 'n publieke maatskappy beskou.

'n Privaat maatskappy word aangedui deur die afkorting "(Edms.) Bpk." agteraan te las.

Tags:

MaatskappyOndernemingsvorm

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

GeweldReënvalbepalingMenseregte7de LaanKaapstadMusieksimboleMIV/vigs in Suid-AfrikaEkonomie van Suid-AfrikaKostuumsRumatiekMiddeloorontstekingKarooKunsNarsismeNasiebouJavaScriptVersamelnaamSuid-Afrikaanse randInfeksieBurgerregteHorlosieSwawelSkoenlapperSonkragManie LibbokLarry PageKontinentWitbloedselErns GrundlingHeuningBlourokkeAntoniemMuskeljaatkatPlantMadison IvyKookpuntSosiale mediaSimboolMikro-ekonomieVisKlavierWaterpokkiesEkologieArmoedeverligtingKoringRooibokNasionale erfenisterreine van Suid-AfrikaTennisLemoenAfrikaKwame NkrumahAnale kankerOu Apostoliese KerkGriekwa-AfrikaansPubliekUnited Democratic FrontDeelwoordLeonardo da VinciHarry PotterWolkCarles PuigdemontJakkalsWaterstofAandagstreepLys van chemiese elemente volgens atoomgetalStam (taalkunde)DieremishandelingLys van Afrikaanse skrywersAlliterasieLys van Afrikaanse rolprenteMcDonald'sAardverwarmingRobbeneilandRob Hersov🡆 More