Die swarthelmlaksman (Prionops retzii) is 'n redelik algemene maar dikwels lokale standvoël in boomveld, insluitend miombo en oewerbos.
Hulle word oorwegend suidwaarts van die ewenaar in Afrika aangetref en bly in groepe van 5 tot 6 voëls in boomryke gebiede. Buite die broeityd vorm hulle gemengde groepe met ander helmlaksmanspesies en sluit ook by gemengde voëlgroepe aan. Hulle is vroeër meestal by die Malaconotidae of boslaksmans gereken, maar word tans by die Vangidae geplaas. Die voël is 22 cm groot en weeg 44 gram. Alhoewel nie 'n trekvoël nie, kan hulle lokaal nomadies wees in droogtetye. Die dikbekkoekoek, 'n broeiparasiet, gebruik hierdie spesie as broeigasheer vir hul kuikens. In Engels staan dit as Retz's helmetshrike bekend.
Swarthelmlaksman | |
---|---|
P. r. tricolor en roepe van die nominaat-subspesie, albei in Suid-Afrika | |
Wetenskaplike klassifikasie | |
Domein: | |
Koninkryk: | |
Filum: | |
Klas: | |
Orde: | |
Familie: | Prionopidae |
Genus: | Prionops |
Spesie: | P. retzii |
Binomiale naam | |
Prionops retzii Wahlberg, 1856 |
Vier subspesies word erken:
Die spesie word aangetref in Angola, noordoostelike Botswana, DRK, Eswatini, Kenia, Malawi, Mosambiek, noordelike Namibië, Somalië, noordelike Suid-Afrika, Tanzanië, Zambië en Zimbabwe.
This article uses material from the Wikipedia Afrikaans article Swarthelmlaksman, which is released under the Creative Commons Attribution-ShareAlike 3.0 license ("CC BY-SA 3.0"); additional terms may apply (view authors). Inhoud is onderhewig aan CC BY-SA 4.0, tensy anders vermeld. Images, videos and audio are available under their respective licenses.
®Wikipedia is a registered trademark of the Wiki Foundation, Inc. Wiki Afrikaans (DUHOCTRUNGQUOC.VN) is an independent company and has no affiliation with Wiki Foundation.