Prinses Victoria Van Hesse-Darmstadt

Prinses Victoria van Hesse-Darmstad (ook Hesse en by die Ryn), later Victoria Mountbatten, die Markiesin van Milford Haven (Victoria Alberta Elisabeth Mathilde Marie; 5 April 1863 – 24 September 1950) was die oudste dogter van Ludwig IV, Groothertog van Hesse, en sy eerste vrou, prinses Alice van die Verenigde Koninkryk, ’n dogter van koningin Victoria en prins Albert van Sakse-Koburg en Gotha.

Prinses Victoria van Hesse-Darmstad
Prinses Victoria Van Hesse-Darmstadt
Foto deur Alexander Bassano, c. 1878.
Gebore
Victoria Alberta Elizabeth Mathilde Maria

(1863-04-05)5 April 1863
Sterf24 September 1950 (op 87)
NasionaliteitDuits
TitelPrinses
Markiesin
EggenootPrins Ludwig van Battenberg
KindersAlice, prinses Andrew van Griekeland en Denemarke
Louise, koningin van Swede
George, 2de markies van Milford Haven
Graaf Louis Mountbatten van Birma
Ouer(s)Ludwig IV, Groothertog van Hesse
Prinses Alice van die Verenigde Koninkryk

Haar ma is oorlede toe haar broer en susters nog jonk was en sy moes vroeg verantwoordelikheid vir haar sibbes aanvaar. Sy is met haar pa se neef, prins Ludwig van Battenberg, getroud. Hy was ’n offisier in die Britse vloot en sy het die grootste deel van haar getroude lewe in verskeie dele van Europa by haar man se vlootbasisse gewoon. Haar familie het haar beskou as liberaal, reguit, prakties en slim.

Tydens die Eerste Wêreldoorlog het sy en haar man afstand van hul Duitse titels gedoen en die van Mountbatten, die Engelse weergawe van Battenberg, aangeneem. Twee van haar susters, Elisabeth en Alix, het in die Russiese adel ingetrou en het onderskeidelik groothertogin Jelizaweta Romanof en tsarina Alexandra Romanof geword. Albei is in die Russiese Rewolusie deur die Bolsjewiste vermoor.

Victoria was die ouma aan moederskant van prins Philip, Hertog van Edinburg.

Vroeë lewe

Victoria is in die Windsor-kasteel gebore in die teenwoordigheid van haar ouma aan moederskant, koningin Victoria. Sy is op 27 April 863 in die arms van die koningin gedoop. Sy het haar vroeë lewe in Darmstadt deurgebring en het ’n hoë vlak van geleerdheid gehad.

Prinses Victoria Van Hesse-Darmstadt 
Vier van die Hesse-susters, van links: Irene, Victoria, Elisabeth en Alix, 1885.

Tydens die Pruisiese inval van Hesse in Junie 1866 is Victoria en haar jonger suster, Elisabeth, gestuur om by hul ouma te gaan woon totdat die onrus oor was en Hesse-Kassel en dele van Hesse-Darmstadt by Pruise ingelyf is. In 1872 is Victoria se 18 maande oue broer, prins Friedrich, met hemofilie gediagnoseer. Die diagnose was ’n skok vir die koningsgesinne van Europa; dit was 20 jaar nadat koningin Victoria die lewe geskenk het aan haar seun Leopold, wat die siekte gehad het. Dit was die eerste aanduiding dat bloeiersiekte oorerflik was in die koninklike familie. Friedrich het die volgende jaar uit ’n venster geval en gesterf. Dit was die eerste van baie tragedies wat die Hesse-gesin sou tref.

Vroeg in November 1878 het Victoria witseerkeel gekry. Elisabeth was die enigste lid van die gesin wat die siekte vrygesping het. Hul ma het haar kinders dae lank versorg, maar kon nie haar jongste dogter, prinses Marie, red nie en dié is middel November oorlede. Net toe dit lyk of almal aan die gesond word is, het prinses Alice self siek geword en sy is op 14 Desember oorlede. As oudste kind het Victoria gedeeltelik die rol van ma vir die jonger kinders vertolk.

Victoria is op 30 April 1884 met prins Ludwig van Battenberg, ’n offisier van die Britse vloot, getroud. Hy was haar pa se neef en het vroeër Britse burgerskap aanvaar. Haar pa was teen die huwelik gekant, maar Victoria het haar eie kop gevolg. Haar pa is dieselfde aand in die geheim met sy minnares, Alexandrine de Kolemine, getroud. Sy huwelik met ’n geskeide vrou uit die burgerstand het die Britse adel geskok en weens diplomatieke en familiedruk moes hy sy eie huwelik laat nietig verklaar.

Oor die volgende 16 jaar het Victoria vier kinders gehad:

Naam Geboorte Dood Huwelik
Alice 25 Februarie 1885 5 Desember 1969 Trou in 1903 met prins Andrew van Griekeland en Denemarke
Vyf kinders, onder andere prins Philip, die Hertog van Edinburg
Louise 13 Julie 1889 2 Maart 1965 Trou in 1923 met koning Gustaf VI Adolf van Swede (sy tweede huwelik)
Een doodgebore dogter
George, 2de Markies van Milford Haven 6 November 1892 8 April 1938 Trou in 1916 met gravin Nadejda Mikhailovna de Torby
Twee kinders
Louis, 1ste graaf Mountbatten van Birma 25 Junie 1900 27 Augustus 1979 Trou in 1922 met Edwina Cynthia Annette Ashley
Twee kinders

Sy het saam met haar man by verskeie vlootbasisse in Europa gewoon. Sy het haar eie kinders opgevoed en hulle aan nuwe idees bekendgestel. Haar seun Louis het in 1968 van haar gesê sy was ’n "lopende ensiklopedie". Sy het kennis van verskillende onderwerpe opgebou "en sy kon dit alles interessant maak terwyl sy my dit geleer het. Sy het my geleer om dit te geniet om hard te werk en om deeglik te wees." Sy was buitengewoon uitgesproke en liberaal vir ’n lid van die koninklike familie.

Sy het haar familie oorsee dikwels besoek, ook haar twee susters Elisabeth en Alix wat in die Russiese Huis van Romanof ingetrou het – Elisabeth met groothertog Sergei Aleksandrowitsj en Alix met tsaar Nikolaas II. Victoria was een van die tsarina se familielede wat haar onder die invloed van Raspoetin probeer uitkry het. Toe die Eerste Wêreldoorlog in 1914 uitbreek, was Victoria en haar dogter Louise in Jekaterinburg, Rusland. Hulle het per trein en stoomboot na Sint Petersburg en van daar na Stockholm gereis, en van Noorweë af het hulle met "die laaste skip" terug na Brittanje gevaar.

Latere lewe

Prinses Victoria Van Hesse-Darmstadt 
’n Punch-spotprent uit 1917 van koning George V wat lede van die koninklike familie se Duitse titels wegvee.

Prins Ludwig moes noodgedwonge aan die begin van die oorlog uit die Britse vloot bedank toe sy Duitse herkoms ’n verleentheid geword het, en die egpaar het vir die res van die oorlog op die Eiland Wight gaan woon. Toenemende vyandigheid van die Britte teenoor Duitsland het daartoe gelei dat koning George V afstand gedoen het van sy Duitse titels, en op 14 Julie 1917 het prins Ludwig en prinses Victoria ook van hul titels afstand gedoen. Hulle het ’n Engelse weergawe van Battenberg, Mountbatten, as hul van aangeneem en Ludwig het sy naam na Louis verander. Vier maande later het George V vir Louis die titel Markies van Milford Haven gegee. Tydens die oorlog is Victoria se twee susters in Rusland deur die Bolsjewiste vermoor en haar broer, Ernst Ludwig, is in Hesse van die troon gesit.

Ná haar man, Louis, se dood het Victoria by Kensington-paleis ingetrek. In 1930 het haar oudste dogter, Alice, die ma van prins Philip, ’n senu-ineenstorting gehad en is sy met skisofrenie gediagnoseer. In die volgende dekade was Victoria grootliks verantwoordelik vir prins Philip se opvoeding, ook tydens sy ouers se skeiding en sy ma se opname in ’n inrigting.

In 1937 is Victoria se broer, Ernst Ludwig, dood en kort daarna het haar weduwee-skoonsuster, haar broerskind, kleindogter en twee van haar agterkleinkinders almal in ’n vliegtuigongeluk by Oostende gesterf. Die volgende jaar is Victoria se seun George aan beenkanker dood. Ná die oorlog is haar seun Louis die amp onderkoning van Indië aangebied en hy het dit ondanks haar teenkanting aanvaar.

In die Britse somer van 1960 het Victoria brongitis gekry. Sy is in Kensington-paleis oorlede.

Verwysings

Eksterne skakels

Tags:

Prinses Victoria Van Hesse-Darmstadt Vroeë lewePrinses Victoria Van Hesse-Darmstadt Latere lewePrinses Victoria Van Hesse-Darmstadt VerwysingsPrinses Victoria Van Hesse-Darmstadt Eksterne skakelsPrinses Victoria Van Hesse-DarmstadtAlbert, prinsgemaalKoningin VictoriaLudwig IV, Groothertog van HessePrinses Alice van die Verenigde Koninkryk

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

Neurenberg-verhoreRina HugoLabia (geslagsdele)HeuningHolocaustVoorsetselRookgewoonteKommunismeMaroela MediaTierDroogteVrymesselaryAfleiding (taalkunde)MondMiddeloorontstekingSonGeelsugMenseregtedagWêrelderfenisgebiede in Suid-AfrikaFranse RewolusieGroot DepressieKatoenVerkleurmannetjieSuid-Afrikaanse WeermagDigvormAuschwitz-konsentrasiekampErektiele disfunksieWiskundige terminologieRobert SobukweLys van konsentrasiekampe in Nazi-DuitslandVlekvrye staalBreingewasBrandmondsindroomVergelykings (taalkunde)BestaansboerderyApostoliese GeloofsbelydenisVolstruisJo BlackSuid-Afrikaanse etniese groepe en kultureBreinRobbeneilandCristiano RonaldoGeslagsgelykheidSwartbewussynsbewegingParkinson se siekteGianna MichaelsHeuningbyAt BothaKindersiektesGrondwet van Suid-AfrikaHartaanvalSkoenlapperAngssteuringTranspirasieAtoomMis (weerkunde)Lys van Kaapstad se voorstedeDulcie van den BerghMaagKoperNatuurlike hulpbronWaarheid-en-versoeningskommissieEkonomiese geskiedenis van Suid-AfrikaJohan BadenhorstLieweheersbesieGrondbesoedelingSuid-Afrikaanse algemene verkiesing van 2024Seksueel oordraagbare infeksieGemeenskapsorganisasieVoegwoordStaatstoelaeJode in Suid-AfrikaByeboerderyFopnuusMuskeljaatkatGriepBlaaskanker🡆 More