Prinses Charlotte Van Wallis

Prinses Charlotte van Wallis (Charlotte Elizabeth Diana; geb.

2 Mei 2015 in Londen) is die tweede kind van William, Prins van Wallis, en sy vrou, Catherine, Prinses van Wallis. Sy is 'n kleindogter van koning Charles III van die Verenigde Koninkryk en die derde aanspraakmaker op die Britse troon ná haar pa en broer. Haar oudste broer, George Alexander Louis, is op 22 Julie 2013 gebore, en haar jongste broer, Louis Arthur Charles, op 23 April 2018, albei ook in Londen.

Prinses Charlotte van Wallis
Prinses Charlotte in 2022.
Prinses Charlotte in 2022.
Volle name Charlotte Elizabeth Diana
Huis Huis van Windsor
Vader William, Prins van Wallis
Moeder Catherine, Prinses van Wallis
Gebore 2 Mei 2015 (2015-05-02) (8 jaar oud)
Londen, Engeland

Aankondiging van die swangerskap

Op 8 September 2014 het Clarence House aangekondig dat prins William en Catherine hul tweede kind verwag. Die aankondiging is in 'n persverklaring en op sosiale media gemaak. Die nuus het internasionale mediadekking en goeie wense van Britse politici ontvang, maar ook kritiek dat die hoeveelheid aandag oorbodig was.

Daar is verwag dat die hertog en hertogin saam die Dickson Poon-universiteit van Oxford se China Centre-gebou by die Universiteit van Oxford op 8 September sou open, maar omdat die hertogin by Kensington-paleis vir oggendnaarheid behandel is, was sy nie in staat om die hertog te vergesel nie. Die aankondiging van die swangerskap is op dieselfde oggend gemaak om haar afwesigheid te verduidelik.

In Oktober 2014 het Kensington-paleis aangekondig dat die baba na verwagting in April 2015 gebore sou word.

Geboorte

Op 2 Mei 2015 om 08:34 BST het die hertogin by die St. Mary's Hospital, Londen, die lewe geskenk aan 'n dogter wat 3,71 kg geweeg het. Die Hertog van Cornwall en Cambridge was teenwoordig by die geboorte. Die baba is in die wêreld gebring deur dr. Alan Farthing, die snydokter-ginekoloog van koningin Elizabeth II, en Guy Thorpe-Beeston, 'n kenner in hoërisikoswangerskappe en snydokter-ginekoloog van die koninklike huishouding; albei was ook teenwoordig by die geboorte van die Cambridges se eerste kind, prins George, in 2013. Prinses Charlotte het haar eerste openbare verskyning buite die hospitaal op 2 Mei teen 18:11 BST saam met haar ouers gemaak.

Op die aand van dieselfde dag is landmerke soos Tower Bridge in Londen en die Vredestoring in Ottawa, Ontario, pienk verlig om die geboorte van die prinses aan te kondig. Op 4 Mei is 'n kanonsaluut afgevuur deur The King's Troop, Royal Horse Artillery, by Hyde Park, en deur die Artilleriekompanjie by die Londense Tower. Later die dag is haar naam bevestig as Charlotte Elizabeth Diana.

Titel en stamboom

Die prinses staan bekend as Haar Koninklike Hoogheid prinses Charlotte van Wallis.

Deur koning Charles is sy lid van die Huis van Windsor en ’n afstammeling in die manlike lyn van die Huis van Glücksburg, wat as konings van Denemarke en Griekeland regeer het. Deur haar pa se ma, Diana, stam sy af van die Spencer-familie. Die prinses is die derde aanspraakmaker op die Britse troon ná haar pa en ouer broer. Volgens die Kroonwet van 2013 kan sy nie in die opvolging van die troon deur enige jonger broers vervang word nie. Sy is koningin Elizabeth II se vyfde agterkleinkind en vierde agterkleindogter. Sy is ook die vierde aanspraakmaker op die trone van die 16 Volkebondslande.

Voorgeslag van prinses Charlotte van Cambridge

 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
16. Prins Andreas van Griekeland en Denemarke
 
 
 
 
 
 
 
8. Prins Philip, Hertog van Edinburg
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
17. Prinses Alice van Battenberg
 
 
 
 
 
 
 
4. Charles III
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
18. Koning George VI
 
 
 
 
 
 
 
9. Koningin Elizabeth II
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
19. Lady Elizabeth Bowes-Lyon
 
 
 
 
 
 
 
2. William, Prins van Wallis
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
20. Albert Spencer, 7de Graaf Spencer
 
 
 
 
 
 
 
10. John Spencer, 8ste Graaf Spencer
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
21. Lady Cynthia Hamilton
 
 
 
 
 
 
 
5. Diana Spencer
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
22. Maurice Roche, 4de Baron Fermoy
 
 
 
 
 
 
 
11. Frances Roche
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
23. Ruth Gill
 
 
 
 
 
 
 
1. Prinses Charlotte van Wallis
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
24. Noel Middleton
 
 
 
 
 
 
 
12. Peter Middleton
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
25. Olive Lupton
 
 
 
 
 
 
 
6. Michael Middleton
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
26. Frederick Glassborow
 
 
 
 
 
 
 
13. Valerie Glassborow
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
27. Constance Robison
 
 
 
 
 
 
 
3. Catherine Middleton
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
28. Stephen Goldsmith
 
 
 
 
 
 
 
14. Ronald Goldsmith
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
29. Edith Chandler
 
 
 
 
 
 
 
7. Carole Goldsmith
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
30. Thomas Harrison
 
 
 
 
 
 
 
15. Dorothy Harrison
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
31. Elizabeth Temple
 
 
 
 
 
 

Verwysings

Hierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik vanuit die Engelse Wiki vertaal.

Tags:

Prinses Charlotte Van Wallis Aankondiging van die swangerskapPrinses Charlotte Van Wallis GeboortePrinses Charlotte Van Wallis Titel en stamboomPrinses Charlotte Van Wallis VerwysingsPrinses Charlotte Van Wallis2 Mei2015Catherine, Prinses van WallisCharles III van die Verenigde KoninkrykLondenPrins George van WallisPrins Louis van WallisWilliam, Prins van Wallis

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

Larry PageSlaginstrumentMassaNG gemeente JansenvilleInflasieGoogle MapsWiki CommonsNeerslagArthur GrumiauxGroepsdrukPseudowetenskapNag van die lang messeRudi ClaaseMangelontstekingLys van Joodse feeste en herdenkingsGereformeerde Kerke in Suid-AfrikaRassisme in AfrikaSiya KolisiTatoeëermerkVlinderTuisbladPesachFanie ViljoenItaliëVerenigde State van AmerikaTradisionele Afrika-medisyneKlein vyf diereVormCarike KeuzenkampLeierFinale OplossingPolisieElandréStilleweAkroniemLetterkundePaarl GimnasiumEnsiklopedieSuid-Afrikaanse algemene verkiesing van 1994SelfieRobbeneilandVraag en aanbodInligtingNatuurbewaringMaatskappyWater (molekuul)Mikro-ekonomieRefentse MorakeGroepsgebiedewetAnale seksGevolge van aardverwarming op oseaneVaste stofOssewaBek-en-klouseerLys van Suider-Afrikaanse soogdiere volgens wetenskaplike nameRobert SobukweChristendomZoeloesOranjerivierKankerEmosieIngenieursweseJohannes MeintjesWaterbesoedelingKinderregteSirkusAvbobGalblaasAfrikaansAlfabetiese lys van Suid-Afrikaanse bomeJansenvilleBernice WestFrederik Willem de KlerkGeskiedenis van erotiese afbeeldingsHandbalBosluisbytkoors🡆 More