Prinses Beatrice Van Die Verenigde Koninkryk

Prinses Beatrice (Beatrice Mary Victoria Feodore; van 1885–1917 Prinses Henry van Battenberg; 14 April 1857 – 26 Oktober 1944) was die vyfde dogter en jongste kind van koningin Victoria van die Verenigde Koninkryk en Albert van Sakse-Koburg en Gotha.

Die huidige koning van Spanje, Juan Carlos, is haar agterkleinseun.

Prinses Beatrice
Prinses Henry van Battenberg
Prinses Beatrice Van Die Verenigde Koninkryk
Volle naam Beatrice Mary Victoria Feodore
Eggenoot Prins Hendrik van Battenberg
Kinders Alexander
Victoria Eugénie
Leopold
Maurice
Titels HKH prinses Beatrice
HKH prinses Henry van Battenberg
HKH prinses Beatrice
Huis Hesse
Sakse-Koburg en Gotha
Vader Albert van Sakse-Koburg en Gotha
Moeder Victoria van die Verenigde Koninkryk
Gebore 14 April 1857; Buckingham-paleis, Londen
Oorlede 26 Oktober 1944; Brantridge Park, Sussex

Tydens Beatrice se kinderdae het koningin Victoria erg gerou oor die dood van prins Albert op 14 Desember 1861. Sy het al hoe meer op die jong prinses Beatrice gesteun namate haar ander kinders getrou en weggetrek het. Beatrice, wat grootgemaak is om te alle tye aan haar ma se sy te wees, het later aanvaar dat dit haar lot was.

Huwelik

Prinses Beatrice Van Die Verenigde Koninkryk 
Prinses Beatrice en haar ma, koningin Victoria

Victoria was gekant teen ’n huwelik vir haar dogter en het geweier om die moontlikheid te bespreek. Talle mans het in haar belanggestel, onder andere Lodewyk IV, Groothertog van Hesse, die wewenaar van Beatrice se ouer suster Alice.

Beatrice het eindelik verlief geraak op prins Hendrik van Battenberg, seun van prins Alexander van Hesse en by Ryn en Julia Hauke, ’n nieadellike. Ná ’n jaar van oorreding het Victoria tot die huwelik ingestem op voorwaarde dat Beatrice en Heinrich by haar woon en Beatrice haar pligte as die koningin se nieamptelike sekretaresse voortsit. Op 23 Julie 1885 is die egpaar op die eiland Wight getroud.

Tien jaar later, op 20 Januarie 1896, is prins Hendrik aan malaria dood terwyl hy in die oorlog teen die Asjantiryk geveg het. Beatrice het tot met haar ma se dood op 22 Januarie 1901 aan haar sy gebly.

Daarna het sy die volgende dertig jaar gewy aan die redigering van Victoria se dagboeke.

Kinders

Beatrice het vier kinders gehad. Nadat sy aan die begin van haar huwelik ’n miskraam gehad het, het sy die lewe geskenk aan Alexander, wat Drino genoem is, in 1886; Ena in 1887; Leopold in 1889 en Maurice in 1891.

Ena was deur Europa bekend vir haar skoonheid en hoewel sy nie ’n baie hoë rang gehad het nie, was sy ’n gesogte bruid. Sy is eindelik op 31 Mei 1906 getroud met koning Alphonso XIII van Spanje. Hulle was aanvanklik gelukkig, tot ontdek is haar seun, die troonopvolger, lei aan hemofilie. Alphonso het Beatrice daarvoor blameer dat sy die "koninklike siekte" in die Spaanse koningshuis ingebring het en hy het sy rug op Ena gedraai. Die egpaar het daarna nog ses kinders gehad, van wie die jongste seun ook hemofilie gehad het.

Dood

Beatrice is op 26 Oktober 1944 op 87-jarige leeftyd oorlede.

Verwysings

Bronne

  • Aspinall-Oglander, C. F., 'Princess Beatrice (1857–1944)', Oxford Dictionary of National Biography (Archive), Oxford University Press, 1959 [1] URL besoek op 2007-12-26
  • Beatrice, HRH The Princess, A Birthday Book (Smith, Elder & Co. London, 1881)
  • Benson, E. F., Queen Victoria's Daughter's (Appleton and Company, 1938)
  • Dennison, Matthew, The Last Princess: The Devoted Life of Queen Victoria's Youngest Daughter (Weidenfeld and Nicolson, Groot-Brittanje, 2007) ISBN 978-0-297-84794-6
  • Duff, David, The Shy Princess (Evans Brothers, Groot-Brittanje, 1958)
  • Epton, Nina, Victoria and her Daughters (Weidenfeld & Nicolson, Groot-Brittanje, 1971)
  • Noel, Gerard, Ena: Spain's English Queen (Constable, Londen, 1985) ISBN 978-0-09-479520-4

Eksterne skakels

Tags:

Prinses Beatrice Van Die Verenigde Koninkryk HuwelikPrinses Beatrice Van Die Verenigde Koninkryk KindersPrinses Beatrice Van Die Verenigde Koninkryk DoodPrinses Beatrice Van Die Verenigde Koninkryk VerwysingsPrinses Beatrice Van Die Verenigde Koninkryk BronnePrinses Beatrice Van Die Verenigde Koninkryk Eksterne skakelsPrinses Beatrice Van Die Verenigde KoninkrykAlbert, prinsgemaalJuan Carlos van SpanjeSpanjeVictoria van die Verenigde Koninkryk

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

GautengPussy RiotStilleweMaatskappyNasionale VrouedagArabies-Israeliese konflikWoudWiskundige terminologieAfkortingSportBeaufortskaalTamatieOnderwysGewone breukeLys van politieke partye in Suid-AfrikaWatersuiweringFrederik Willem de KlerkDroogteEnsiklopedieFilosofieSeksAfleiding (taalkunde)PaddaLeonardo da VinciVoedingErosietipesWetenskaplike klassifikasieGeboorteCarles PuigdemontBysteekLys van openbare vakansiedae in Suid-AfrikaEmosieRassismeAfrikaanse WikipediaMaagsweerE-posGetalHemelvaartsdagUKhahlamba-DrakensbergparkUitwerking van klimaatsveranderingVrystaatParasitiese siektesWaterpokkiesOnse VaderWêreldwye webLionel MessiSteve BikoGeskiedenis van AfrikaansJo BlackSeksuele penetrasieLys van bekende Suid-AfrikanersMierVoortrekkermonumentIngenieursweseDeelwoordPlastiekWet op NaturellengrondSuid-AfrikaBywoordSpelerposisies in rugbyGalileo GalileiOrthopteraLionel PetersonSlawernySoweto-opstandBreinVryheidsmanifesWet op BevolkingsregistrasieBlaarDubbelpuntAssonansieOranjerivierAkuutWêreld- Ekonomiese Forum🡆 More