Anne Mountbatten-Windsor

Anne Elizabeth Alice Louise (gebore 15 Augustus 1950) is die tweede kind en enigste dogter van koningin Elizabeth en prins Philip.

Met haar geboorte was sy die derde aanspraakmaker op die Britse troon, maar sedert September 2022 beklee sy die 16de plek. Sy is een van die gewildste lede van die vorstehuis en het sowat 700 koninklike afsprake en openbare optredes per jaar.

Prinses Anne
Anne Mountbatten-Windsor
Volle naam Anne Elizabeth Alice Louise
Eggenoot Mark Phillips
(getroud 1973, geskei 1992)
Timothy Laurence
(getroud 1992)
Kinders Peter Phillips
Zara Phillips
Titels HKH die Kroonprinses
HKH prinses Anne
HKH prinses Anne van Edinburg
Huis Windsor
Vader Prins Philip
Moeder Koningin Elizabeth
Gebore 15 Augustus 1950 (1950-08-15) (73 jaar oud) ; Clarence House, Londen

Sy is die sewende persoon aan wie die titel "Princess Royal" toegeken is as oudste dogter van 'n Britse monarg en is bekend vir haar liefdadigheidswerk – sy is die beskermpersoon van meer as 200 organisasies. Sy is ook bekend vir haar vermoëns as perderuiter. Sy het talle medaljes gewen en is die enigste lid van die Britse vorstehuis wat al aan die Olimpiese Spele deelgeneem het, in 1976 in Montréal.

Sy is in 1973 met kapt. Mark Phillips getroud, maar is in 1992 van hom geskei en later dieselfde jaar met Timothy Laurence getroud. Sy het twee kinders, Peter en Zara, uit haar vorige huwelik met Phillips.

Verwysings

Eksterne skakels

Tags:

15 Augustus1950Britse troonopvolgingElizabeth II van die Verenigde KoninkrykPrins Philip, Hertog van Edinburg

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

NatuurbewaringSekondêre sektor van die ekonomieLys van veltoestandeIngrid JonkerSonkragKlankverskynselsHigiëneInsekJagluiperdEkologieSuid-Afrikaanse algemene verkiesing van 1994Suid-Afrikaanse Nasionale ParkeWikiquoteSharpeville-slagtingHeks van HexrivierNatuurlike hulpbronSuid-Afrika-WetEngelandWerkersdagOorstromingWetenskapSportDie Laaste Avondmaal (Leonardo)WithaaiSteenkool in Suid-AfrikaGoudkus (streek)PornografieKultuurNatuurSwartkwasmuishondVersamelnaam7de LaanLewerTweede Nuwe JaarPersoonlikheidVingerseksWorcesterWinterMondNederlandEmfiseemKommunikasieSwawelHernubare energieErektiele disfunksieEmosieDruiweSuid-Afrikaanse algemene verkiesing van 2024PlantluisGianna MichaelsLys van nedersettings in Suid-AfrikaHector PietersonAbstraksie (rekenaarwetenskap)SelakantCheslin KolbeReënSpoorvervoer in Suid-AfrikaKarooSwaweldioksiedMusieksimboleOranjerivierLeah van NiekerkUitwerking van klimaatsveranderingVierkantswortelEjakulasieIdioomMikro-ekonomieKoorsEkonomiese sektorHulpwerkwoordAkroniemLys van visseWeerfrontJeuksiekteAborsieUnited Democratic FrontPredikante van die Gereformeerde Kerke in Suid-Afrika🡆 More