Prins George van Wallis (George Alexander Louis; geb.
22 Julie 2013 in Londen) is die eerste kind van William, Prins van Wallis, en sy vrou, Catherine, Prinses van Wallis. Hy is die eerste kleinseun van koning Charles III van die Verenigde Koninkryk en die tweede aanspraakmaker op die Britse troon ná sy pa. Sy suster, Charlotte Elizabeth Diana, is op 2 Mei 2015 gebore en sy broer, Louis Arthur Charles, op 23 April 2018, albei ook in Londen.
Prins George van Wallis | |
---|---|
Prins George in 2022. | |
Volle name | George Alexander Louis |
Huis | Huis van Windsor |
Vader | William, Prins van Wallis |
Moeder | Catherine, Prinses van Wallis |
Gebore | 22 Julie 2013 Londen, Engeland |
Sint James-paleis het op 3 Desember 2012 aangekondig dat die Hertogin van Cambridge haar en prins William se eersteling verwag. Dit is op minder as 12 weke gemaak – vroeër as wat die gebruik is omdat die hertogin aan akute oggendnaarheid gely het en in die hospitaal opgeneem is.
Die hertogin is op 22 Julie 2013 in die St. Mary-hospitaal in Londen opgeneem met die eerste kraamtekens. Om 16:24 (Britse tyd; 15:24 UTC) op 22 Julie is die geboorte van ’n seun aangekondig. Hy het 3,8 kg geweeg. Dit was die eerste keer sedert 1894–1901, tydens die bewind van koningin Victoria, dat drie geslagte troonopvolgers gelyk lewend is.
Op 24 Julie, die dag nadat die hertog en hertogin die baba aan die pers buite die hospitaal gewys het, is aangekondig dat sy naam George Alexander Louis is.
Die prins staan bekend as Sy Koninklike Hoogheid prins George van Wallis.
Deur koning Charles is hy lid van die Huis van Windsor en ’n afstammeling in die manlike lyn van die Huis van Glücksburg, wat as konings van Denemarke en Griekeland regeer het. Deur sy pa se ma, Diana, stam hy af van die Spencer-familie. Hy is die tweede aanspraakmaker op die Britse troon. Hy is koningin Elizabeth II se derde agterkleinkind en eerste agterkleinseun.
16. Prins Andrew van Griekeland en Denemarke | ||||||||||||||||
8. Prins Philip, Hertog van Edinburg | ||||||||||||||||
17. Prinses Alice van Battenberg | ||||||||||||||||
4. Charles III | ||||||||||||||||
18. George VI | ||||||||||||||||
9. Elizabeth II | ||||||||||||||||
19. Dame Elizabeth Bowes-Lyon | ||||||||||||||||
2. William, Prins van Wallis | ||||||||||||||||
20. Albert Spencer, 7de Graaf Spencer | ||||||||||||||||
10. John Spencer, 8ste Graaf Spencer | ||||||||||||||||
21. Cynthia Hamilton | ||||||||||||||||
5. Diana Spencer | ||||||||||||||||
22. Maurice Roche, 4de Baron Fermoy | ||||||||||||||||
11. Frances Roche | ||||||||||||||||
23. Ruth Roche, Barones Fermoy | ||||||||||||||||
1. Prins George van Wallis | ||||||||||||||||
24. Noel Middleton | ||||||||||||||||
12. Peter Middleton | ||||||||||||||||
25. Olive Lupton | ||||||||||||||||
6. Michael Middleton | ||||||||||||||||
26. Frederick Glassborow | ||||||||||||||||
13. Valerie Glassborow | ||||||||||||||||
27. Constance Robison | ||||||||||||||||
3. Catherine Middleton | ||||||||||||||||
28. Stephen Goldsmith | ||||||||||||||||
14. Ronald Goldsmith | ||||||||||||||||
29. Edith Chandler | ||||||||||||||||
7. Carole Goldsmith | ||||||||||||||||
30. Thomas Harrison | ||||||||||||||||
15. Dorothy Harrison | ||||||||||||||||
31. Elizabeth Temple | ||||||||||||||||
This article uses material from the Wikipedia Afrikaans article Prins George van Wallis, which is released under the Creative Commons Attribution-ShareAlike 3.0 license ("CC BY-SA 3.0"); additional terms may apply (view authors). Inhoud is onderhewig aan CC BY-SA 4.0, tensy anders vermeld. Images, videos and audio are available under their respective licenses.
®Wikipedia is a registered trademark of the Wiki Foundation, Inc. Wiki Afrikaans (DUHOCTRUNGQUOC.VN) is an independent company and has no affiliation with Wiki Foundation.