Charles Iii Van Die Verenigde Koninkryk: Koning van die Verenigde Koninkryk sedert 2022

Charles III (Charles Philip Arthur George; 14 November 1948) is koning van die Verenigde Koninkryk en 14 ander lande van die Statebond.

Hy was die regmatige Britse troonopvolger sowel as die Hertog van Cornwall en van Rothesay van 1952 tot met sy opvolging in 2022. Hy was die langs lewende regmatige troonopvolger in die geskiedenis van Brittanje. Hy was ook die langs dienende Prins van Wallis: van Julie 1958 tot 8 September 2022 ná die dood van sy moeder, Elizabeth II. Verder is hy die oudste persoon wat dié land se troon bestyg: op 73-jarige ouderdom. Hy is op 6 Mei 2023 in Westminster-abdy gekroon.

Charles III
Koning van die Verenigde Koninkryk
Charles III in 2023.
Charles III in 2023.
Bewind 8 September 2022 - tans
Voorganger Eizabeth II
Regmatige opvolger William, Prins van Wallis
Gebore Prins Charles van Edinburg
14 November 1948 (1948-11-14) (75 jaar oud) ; Buckingham-paleis, Londen
Eggenotes Diana Frances Spencer
(1981–1996)
Camilla Parker Bowles
(sedert 2005)
Kinders William
Harry
Volle naam Charles Philip Arthur George
Huis Windsor
Vader Prins Philip
Moeder Elizabeth II
Geloof Kerk van Engeland
Handtekening

Charles is in Buckingham-paleis gebore as die eerste kleinkind van koning George VI en koningin Elizabeth. Hy het sy opvoeding aan die skole Cheam en Gordonstoun ontvang, wat albei ook deur sy vader bygewoon is. Nadat hy 'n BA-graad aan die Universiteit van Cambridge ontvang het, het Charles van 1971 tot 1976 in die Britse lugmag en vloot gedien.

In 1981 is hy getroud met lady Diana Spencer, by wie hy twee seuns het: prins William en prins Harry. In 1996 is die paartjie geskei ná buite-egtelike verhoudings deur albei partye, waaroor breedvoerig in die pers berig is. Diana is die volgende jaar in Parys in 'n motorongeluk dood. In 2005 is Charles getroud met sy minnares van 'n lang tyd, Camilla Parker Bowles.

As Prins van Wallis het Charles verskeie amptelike verpligtinge namens koningin Elizabeth II behartig. Hy het in 1976 die Prince's Trust gestig, wat die borge van sy welsynorgansasies is, en is die beskermheer, president of 'n lid van meer as 400 ander welsynorganisasies. Prins Charles se menings oor die rol van argitektuur in die gemeenskap en die bewaring van historiese geboue het wye aandag van Britse argitekte en ontwerpers ontlok. Hy is ook die skrywer of medeskrywer van 'n paar boeke.

As 'n selfverklaarde omgewingsbewuste het Charles hom in die openbaar uitgespreek oor sake soos organiese landbou en aardverwarming, wat tot toekennings en erkennings van omgewingsgroepe gelei het.

Weens sy steun aan alternatiewe medisyne, onder meer homeopatie, was hy ook die onderwerp van kritiek.

Vroeë lewe en opvoeding

Charles Iii Van Die Verenigde Koninkryk: Vroeë lewe en opvoeding, Prins van Wallis, Bewind 
Charles in die arms van sy moeder met sy doop, saam met sy vader en grootouers aan moederskant, 1948

Charles is op 14 November 1948 in Buckingham-paleis gebore tydens die bewind van sy oupa aan moederskant, George VI, as die oudste kind van prinses Elizabeth, Hertogin van Edinburg, en prins Philip, Hertog van Edinburg. Hy is op 15 Desember daar gedoop deur die aartsbiskop van Kantelberg, Geoffrey Fisher.

Met die dood van sy oupa en die troonbestyging van sy ma in 1952 as koningin Elizabeth II het hy die regmatige troonpvolger geword. As die monarg se oudste seun het hy dadelik die titels Hertog van Cornwall, Hertog van Rothesay, Graaf van Carrick, Baron van Renfrew, Lord of the Isles en Prins van Skotland gekry. Soos die gewoonte was met kinders van aristokrate, is 'n goewernante, Catherine Peebles, aangestel om na die vroeë opvoeding van Charles en sy jonger sibbes, Anne, Andrew en Edward, om te sien.

Charles Iii Van Die Verenigde Koninkryk: Vroeë lewe en opvoeding, Prins van Wallis, Bewind 
Charles saam met sy ouers en suster, prinses Anne, in Oktober 1957

Buckingham-paleis het in 1955 aangekondig dat Charles 'n skool sal bywoon eerder as om 'n privaat onderwyser te hê. Hy was die eerste regmatige troonopvolger van Brittanje wat op dié manier opgevoed is. Op 7 November 1956 het Charles begin skoolgaan aan Hill House School in Wes-Londen. Daarna het hy twee van sy vader se voormalige skole bygewoon: Cheam van 1958 af en Gordonstoun van 1962 af. In 1959 kry hy die titel "Prins van Wallis", maar die besetting sou eers plaasvind sodra hy volwassenheid bereik het.

In sy gemagtigde outobiografie van 1994 deur Jonathan Dimbleby word Elizabeth en Philip as fisiek en emosioneel afsydige ouers beskryf, en Philip word daarvan beskuldig dat hy Charles se sensitiewe geaardheid misken het deur hom te dwing om Gordonstoun by te woon, waar hy geboelie is. Charles het Gordonstoun egter later geloof en gesê die skool het hom baie oor homself en sy eie vermoëns en onvermoëns geleer. "Dit het my geleer om uitdagings te aanvaar en die leiding te neem." In 1975 het hy in 'n onderhoud gesê hy is bly dat hy Gordonstoun bygewoon het en dat die "hardheid van die plek baie oordryf word". Charles het sy skoolopvoeding in 1967 voltooi.

Charles het ná skool vir die tweede keer die tradisie verbreek deur reguit universiteit toe te gaan, eerder as om by die Britse weermag aan te sluit. In Oktober 1967 is hy toegelaat tot Trinity-kollege in Cambridge, waar hy vir die eerste deel van sy tyd daar argeologie en antropologie bestudeer het voordat hy na geskiedenis oorgeslaan het. In sy tweede jaar het Charles die Universiteitskollege van Wallis in Aberystwyth bygewoon. Hy het op 23 Junie 1970 aan die Universiteit van Cambridge afstudeer met 'n BA-graad. Hy was die eerste Britse regmatige troonopvolger met 'n universiteitsgraad. Op 2 Augustus 1975 het Cambridge 'n MA aan hom toegeken. Aan Cambridge is MA 'n akademiese rang en nie 'n nagraadse graad nie.

Prins van Wallis

Charles Iii Van Die Verenigde Koninkryk: Vroeë lewe en opvoeding, Prins van Wallis, Bewind 
Charles by die Amerikaanse president Richard Nixon tydens 'n ampsbesoek aan die VSA in Julie 1970.

Charles het op 26 Julie 1958 die titels Prins van Wallis en Graaf van Chester gekry, hoewel sy inhuldiging eers op 1 Julie 1969 gehou is toe sy ma hom in 'n televisieuitsending kroon. Hy het sy setel in die Britse Hoërhuis in 1970 ingeneem en sy eerste toespraak in Junie 1974 gelewer. Hy was die eerste koninklike wat 'n toespraak daar lewer ná die toekomstige Edward VII in 1884.

Charles het begin om meer openbare pligte na te kom en die Prince's Trust in 1976 gestig. In 1981 het hy na die VSA getoer.

Militêre opleiding en loopbaan

Charles het in die Britse Lugmag gedien, en het ook in die voetspore van sy pa, oupa en twee oupagrootjies gevolg deur in die Britse Vloot te dien. Tydens sy tweede jaar aan Cambridge het hy versoek om lugmagopleiding te kry en dit ontvang. Op 8 Maart 1971 het hy self na die lugmagkollege Cranwell gevlieg om verder daar as vlieënier opgelei te word.

Hy het daarna 'n vlootloopbaan gevolg. In 1974 het hy as 'n helikoptervlieënier gekwalifiseer en by die vloot se lugeskader aangesluit. Hy het ophou vlieg ná 'n ongeluk in 1994, waarvoor 'n ondersoekraad die bemanning verantwoordelik gehou het.

Amptelike pligte

Op sy 18de verjaardag (14 November 1966) het hy, as erfgenaam van die troon, een van die vier staatsraadgewers (councellors of state) geword.

In 2008 het The Daily Telegraph Charles beskryf as die "lid van die koninklike familie wat die hardste werk". Hy het in dié jaar 560 amptelike afsprake gehad, in 2010 altesaam 499 en in 2011 meer as 600.

Charles Iii Van Die Verenigde Koninkryk: Vroeë lewe en opvoeding, Prins van Wallis, Bewind 
Charles, die Hertogin van Cornwall en die koningin op 7 Junie 2011 saam met Walliese politici in die gebou van die Walliese parlement in Cardiff.

As Prins van Wallis het Charles amptelike pligte namens die koningin uitgevoer. Hy het inhuldigings gedoen en die begrafnis van oorsese ampsdraers bygewoon. Hy het dikwels na Wallis gereis en elke somer 'n week lank afsprake daar nagekom en belangrike nasionale gebeure bygewoon.

In 1970 het Charles Bermuda besoek vir die viering van die parlement se 350ste herdenking. Hy het ook die koningin verteenwoordig op die onafhanklikheidsvierings in Fidji in 1970, die Bahamas in 1973, Papoea-Nieu-Guinee in 1975, Zimbabwe in 1980 en Broenei in 1984.

In 1983 het Christopher John Lewis, wat in 1981 'n skoot met 'n .22-geweer op die koningin gevuur het, uit 'n psigiatriese hospitaal probeer ontsnap om 'n sluipmoord uit te voer op Charles, wat Nieu-Seeland saam met Diana en William besoek het. Terwyl Charles Australië in Januarie 1994 op Australiëdag besoek het, het David Kang twee skote met 'n afsitpistool op hom gevuur uit protes teen die behandeling van 'n paar honderd Kambodjaanse asielsoekers wat in kampe aangehou is. In 1995 was Charles die eerste lid van die koninklike familie wat die Republiek Ierland in 'n amptelike hoedanigheid besoek het. In 1997 het hy die koningin by die oorhandigingseremonie van Hongkong verteenwoordig.

Charles en die Hertogin van Cornwall het ook 'n week per jaar in Skotland deurgebring. Hy is die beskermheer van verskeie Skotse organisasies. Sy diens aan die Kanadese weermag laat hom toe om oor troepaktiwiteite ingelig te word en om die troepe te besoek terwyl hy in Kanada is en aan seremonies deel te neem.

Op die begrafnis van pous Johannes Paulus II in 2005 het Charles per ongeluk 'n opskudding veroorsaak deur die hand van Robert Mugabe, die president van Zimbabwe, te skud wat langs hom gesit het. Sy kantoor het in 'n verklaring gesê die prins is onverhoeds betrap en kon dit nie vermy om Mugabe se hand te skud nie. Hulle het ook gesê Charles is gekant teen die huidige Zimbabwiese regering.

Charles Iii Van Die Verenigde Koninkryk: Vroeë lewe en opvoeding, Prins van Wallis, Bewind 
Charles op sy negende besoek aan Nieu-Seeland in 2015.

In 2010 het Charles die koningin verteenwoordig op die openingseremonie van die Statebondspele in Delhi, Indië. Hy het ook amptelike geleenthede in Brittanje bygewoon ter ondersteuning van Statebondslande, soos die Christchurch-aardbewingsgedenkdiens in Westminster-abdy in 2011. Van 15 tot 17 November 2013 het hy die koningin die eerste keer verteenwoordig op 'n vergadering van die hoofde van Statebondslande in Colombo, Sri Lanka.

Charles en die Hertogin van Cornwall het die republiek Ierland in Mei 2015 die eerste keer saam besoek. Die Britse ambassade het die besoek genoem 'n belangrike stap in "die bevordering van vrede en versoening". Tydens die besoek het Charles in Galway die hand geskud van Gerry Adams, die Sinn Féin- en vermeende IRL-leier. Die media het dit beskryf as 'n "historiese handdruk" en 'n "belangrike oomblik vir Anglo-Ierse betrekkinge". Voor die besoek is twee Ierse republikeinse andersdenkendes in hegtenis geneem vir die beplanning van 'n bomaanval. Vuurpyle is gevind in die huis in Dublin van een verdagte, Donal Ó Coisdealbha. Hy is later vyf en 'n half jaar gevangenisstraf opgelê.

Op 7 Maart 2019 het die koningin 'n geleentheid by Buckingham-paleis gehou vir die 50ste herdenking van Charles se inhuldiging as Prins van Wallis. Gaste het ingesluit die Hertogin van Cornwall, die Hertog en Hertogin van Cambridge, die Hertog en Hertogin van Sussex, die premier, Theresa May, en die Walliese premier, Mark Drakeford. In dieselfde maand het Charles en Camilla op versoek van die Britse regering 'n ampsgesoek aan Kuba gebring: Hulle was die eerste Britse koninklikes wat die land besoek het.

Charles Iii Van Die Verenigde Koninkryk: Vroeë lewe en opvoeding, Prins van Wallis, Bewind 
Charles lewer 'n toespraak in Bridgetown nadat Barbados 'n republiek geword het, November 2021.

Op 25 Maart 2020 is aangekondig Charles het Covid-19 opgedoen. Hy en sy vrou het hulle in hulle Birkhall-tuiste geïsoleer. Camilla het negatief getoets. Clarence House het aangekondig Charles het net "ligte simptome".

In November 2021 het Charles seremonies bygewoon om Barbados se oorgang na 'n republiek te vier. Die koningin is daarmee verwyder as die land se staatshoof. Charles is as die toekomstige hoof van die Statebond deur die eerste minister genooi, en dit was die eerste keer dat 'n lid van die koninklike familie die oorgang van 'n eertydse Statebondslid na 'n republiek bygewoon het.

Charles Iii Van Die Verenigde Koninkryk: Vroeë lewe en opvoeding, Prins van Wallis, Bewind 
Charles lewer die koningin se parlementstoespraak namens haar, Mei 2022

Op 10 Februarie 2022 is aangekondig dat Charles weer positief vir Covid-19 getoets het en dat hy selfisoleer. Sy vrou en die koningin het ook later positief getoets. Charles en Camilla is in Februarie 2021 die eerste keer ingeënt.

In hul hoedanighede as staatsraadslede het hy en prins William die opening van die Britse parlement in Mei 2022 bygewoon en hy het die koningin se toespraak vir die eerste keer namens haar gelewer.

Liefdadigheidswerk

Sedert die stigting van die Prince's Trust in 1976 het Charles nog 16 welsyorganisasies getig en hy is nou president van almal. Saam vorm hulle 'n losse alliansie bekend as die Prince's Charities.

In 2010 is die Prince's Trust Canada gestig op dieselfde grondslag as die een in Brittanje. Charles is ook die beskermheer van meer as 400 ander welsyngroepe en -organisasies. Hy gebruik sy toere deur Kanada om die aandag te vestig op die jeug, gestremdes, omgewing, kuns, medisyne, bejaardes, erfenisbewaring en opvoeding. In Kanada het Charles humanitêre projekte gesteun. Saam met sy twee seuns het hy deelgeeneem aan seremonies van 1998 se Internasionale Dag vir die Beëindiging van Rassediskriminasie. Charles het ook die Prince's Charities Australia gestig was in in Melbourne gebaseer is.

Argitektuur en omgewing

Charles het al sy sienings oor argitektuur en stadsbeplanning openlik gelug; hy het die bevordering van neoklassieke argitektuur voorgestaan en gesê hy "gee baie om vir sake soos die omgewing, argitektuur, binnestedelike vernuwing en lewensgehalte". In 'n toespraak op die 150ste herdenking van die Instituut vir Britse Argitekte (RIBA) op 30 Mei 1984, het hy 'n voorgestelde uitbreiding aan die Nasionale Galery in Londen onvergeetlik beskryf as 'n "monsteragtige karbonkel aan die gesig van 'n geliefde vriend" en het hy die voorkoms van moderne argitektuur betreur.

Charles Iii Van Die Verenigde Koninkryk: Vroeë lewe en opvoeding, Prins van Wallis, Bewind 
Charles by die pas geopende wetenskap-en-kunssentrum At-Bristol, 14 Junie 2000.

Sy boek en BBC-dokumentêr A Vision of Britain (1987) was ook krities oor moderne argitektuur en het veldtogte gevoer ten gunste van tradisionele urbanisme, die restorasie van historiese geboue en volhoubare ontwerp, ondanks kritiek in die pers.

Terwyl Charles in 2005 in Amerika was en die skade aanskou het wat deur Orkaan Katrina veroorsaak is, het hy die National Building Museum se Vincent Scully-prys ontvang vir sy bydrae tot argitektuur; hy het $25 000 van die prysgeld geskenk aan restourasie in gemeenskappe wat deur storms beskadig is.

Van 1997 af het Charles Roemenië besoek om die verwoesting van Ortodokse kloosters en Transilvanies-Saksiese dorpe tydens die kommunistiese bewind van Nicolae Ceaușescu te aanskou en uit te wys. Charles is die beskermheer van die Mihai Eminescu-trust, 'n Roemeense bewaringsorganisasie, en het 'n huis in dié land gekoop.

Charles het soms tussenbeide getree in projekte wat argitektoniese style soos modernisme en funksionalisme gebruik. In 2009 het Charles aan die koninklike familie van Katar, die ontwikkelaars van die Chelsea Barracks-terrein, geskryf en gesê lord Rogers se ontwerp vir die terrein is "onvanpas". Rogers is toe uit die projek verwyder en die Prince's Foundation for the Built Environment is aangestel om 'n alternatief voor te stel. Rogers beweer die prins het ook ingemeng en sy ontwerp vir die Royal Opera House en Paternosterplein geblokkeer. Hy het Charles se optrede gekritiseer as 'n "misbruik van mag" en "ongrondwetlik". Piers Gough en ander argitekte het ook Charles se sienings as "elitisties" afgemaak.

In 2010 het die Prince's Foundation for the Built Environment besluit om geboue in Port-au-Prince te herontwerp en herbou nadat die hoofstad van Haïti in die aardbewing van 2010 verwoes is. Die stigting is bekend daarvoor dat dit historiese geboue in Kaboel, Afganistan en Jamaika opknap. Die projek is genoem die "grootste uitdaging nog" vir die stigting. Vir sy werk as beskermheer van neoklassieke argitektuur het Charles in 2012 die Driehaus-argitektuurprys vir beskerming gewen. Die prys, wat deur die Universiteit van Notre Dame toegeken word, word beskou as die hoogste argitektuurprys vir neoklassieke argitektuur en stadsbeplanning.

Natuuromgewing

Charles Iii Van Die Verenigde Koninkryk: Vroeë lewe en opvoeding, Prins van Wallis, Bewind 
Charles en Camilla kom in Louisiana aan om na skade deur Orkaan Katrina te kyk, November 2005.

Charles bepleit omgewingsbewustheid al sedert die 1970's. Op 21-jarige leeftyd het hy sy eerste toespraak oor omgewingsake gelewer in sy hoedanigheid as voorsitter van die Walliese Countryside Committee. Om sy koolstofspoor te verklein gebruik hy biomassaverhittingstelsels by Birkhall, waar hy ook 'n hidroëlektriese turbine in die rivier langs die landgoed aangebring het. Hy gebruik sonpanele by Clarence House en Highgrove, ry met elektriese motors op sy landgoede en gebruik bio-etanol in sy Aston Martin DB6. Hy is 'n ywerige tuinier en het al klem daarop gelê hoe belangrik dit is om met plante te praat: "Ek praat graag met die plante en bome, en luister na hulle. Ek dink dit is absoluut deurslaggewend".

Nadat Charles in Highgrove House ingetrek het, het hy begin belangstel in organiese landbou, wat in 1990 daartoe gelei het dat sy eie organiese handelsmerk, Duchy Originals, daargestel is. Dit verkoop nou meer as 200 verskillende volhoubaar-vervaardigde produkte, van kos tot tuinmeubels; die wins van 'n paar miljoen pond per jaar word aan die Prince's Charities geskenk. Sy organiese landbou is egter ook al in die media gekritiseer, soos in Oktober 2006 in The Independent, waarin die "waarheid" oor Duchy Orginals vertel word.

Charles het al kritiek gelewer oor geneties veranderde landbouprodukte en het in 1998 in 'n brief aan die eerste minister, Tony Blair, die ontwikkeling van geneties-gemodifiseerde kos gekritiseer.

In 2007 het hy die 10de jaarlikse Global Environmental Citizen Award van die Harvard- Mediese Skool se sentrum vir gesondheid en die globale omgewing ontvang. Die direkteur, Eric Chivian, het gesê: "Dekades lank was die Prins van Wallis 'n kampioen van die natuurlike wêreld ... Hy was 'n wêreldleier in pogings om energiedoeltreffendheid te verbeter en die vrystelling van giftige stowwe op land en in die lug en oseane te verminder." Charles se reise per straalvliegtuig het kritiek ontlok van die omgewingsprotesgroep Plane Stupid se Joss Garman.

In 2007 het Charles die Prince's May Day Network van stapel gestuur wat besighede aanmoedig om op te tree teen klimaatsverandering. Hy het op 14 Februarie 2008 voor die Europese Parlement gepraat en 'n beroep op leiers van die Europese Unie gedoen om teen klimaatsverandering te veg.

In Januarie 2020 het Charles die Volhoubaremarkte-inisiatief op die Wêreld- Ekonomiese Forum se jaarlike beraad in Davos geloods, 'n projek ten gunste van volhoubaarheid as die middelpunt van alle aktiwiteite. In Mei 2020 het die inisiatief en die Wêreld- Ekonomiese Forum die "Great Reset"-projek van stapel gestuur: 'n vyfpuntplan om volhoubare ekonomiese groei te vergroot ná die wêreldwye resessie wat deur die Covid-19-pandemie veroorsaak is. In Januarie 2021 het Charles die Terra Carta, 'n manifes vir volhoubare finansies, van stapel gestuur. Ondertekenaars sal 'n stel reëls moet volg in 'n poging om volhoubaarder te word en sal moet belê in projekte wat die omgewing help bewaar.

Alternatiewe medisyne

Charles Iii Van Die Verenigde Koninkryk: Vroeë lewe en opvoeding, Prins van Wallis, Bewind 
Charles en Camilla by die direkteur van die nasionale gesondheidsinstituut, Elias Zerhouni, en die geneesheer-generaal, Richard Carmona, November 2005.

Charles het in omstredenheid beland met sy ondersteuning van alternatiewe medisyne. Hy het in Desember 1982 die eerste keer sy belangstelling daarin in die openbaaar uitgespreek in 'n toespraak voor die Britse Mediese Vereniging. Die Prince's Foundation for Integrated Health (FIH) het teenkanting van die wetenskaplike en mediese wêreld ontlok oor sy veldtog om kruiemedisyne en ander alternatiewe medisynes aan Britse pasiënte beskikbaar te stel.

In 'n toespraak op 24 Junie 2004 op 'n konferensie van gesondheidswerkers het Charles Gerson-terepatiebehandelings soos koffie-enemas goedgepraat in die behandeling van kankerpasiënte en gesê hy weet van 'n terminaal siek pasiënt wat daarmee genees is. In Mei 2006 het Charles 'n toespraak voor die Wêreldgesondheidsvergadering in Genève gelewer waarin hy gevra het vir die integrasie van konvensionele en alternatiewe medisyne en 'n beroep gedoen het vir homeopatie.

Charles se Duchy Originals vervaardig 'n verskeidenheid komplementêre medisyneprodukte, onder meer 'n "Detox Tincture" wat afgeskryf word as "die finasiële uitbuiting van die kwesbares" en "onvoorwaardelike kwaksalwery". In 2009 het die owerheid vir reklamestandaarde in Brittanje 'n e-pos gekritiseer wat Duchy Originals uitgestuur het om produkte te adverteer wat hulle "misleidend" genoem het.

Bewind

Meningspeilings voor sy troonbestyging

Voordat Charles koning geword het, is in meningspeilings bepaal sy gewildheid onder die Britse volk is 42%, met nog 'n peiling in 2018 wat aangedui het 46% van Britte wil hê Charles moet dadelik ná sy troonbestyging abdikeer ten gunste van William. Volgens 'n peiling in 2021 het 60% van die Britse publiek 'n positiewe mening oor hom gehad.

Troonbestyging en kroningsplanne

Charles het die Britse troon op 8 September 2022 bestyg ná die dood van sy moeder, koningin Elizabeth II. Hy was die langs dienende regmatige erfgenaam van die Britse troon, langer as Edward VII, wie se rekord hy op 20 April 2011 verbreek het.

Toe hy op 73-jarige ouderdom koning word, was hy die oudste Brit wat die troon bestyg het. Die vorige rekordhouer was William IV, wat 64 was toe hy in 1830 koning word.

Planne vir Charles se kroning is Operasie "Golden Orb" genoem. Die komitee het bestaan uit aristokrate en ander ampsbekleërs. Volgens verslae sou Charles se kroningsplegtigheid kleiner en eenvoudiger wees as sy moeder s'n in 1953.

Daar is gespekuleer oor wat Charles se naam as heerser sou wees. In 2005 is berig Charles het gesê hy sal dalk "George VII" kies ter ere van sy oupa, George VI, en om 'n verbintenis te vermy met die Stuart-konings Karel I, wat onthoof is, en Karel II, wat bekend was vir sy promiskuïteit, asook om sensitief te wees teenoor die nagedagtenis van "Bonnie Prince Charlie", eens 'n Stuart-aanspraakmaker op die Engelse en Skotse troon wie se ondersteuners hom "Charles III" genoem het. Ná die dood van die koningin het Clarence House bevestig die nuwe koning sou "Charles III" heet.

Charles III het sy eerste toespraak as koning op 9 September gelewer. Hy het met hartseer oor sy oorlede moeder gepraat en sy seun, William, tot Prins van Wallis verklaar.

Op 10 September 2022 het die Troonbestygingsraad Charles in die openbaar tot koning verklaar. Die seremonie is die eerste keer op televisie vertoon. Teenwoordig was William, Camilla en die voormalige Britse premiers sir John Major, sir Tony Blair, Gordon Brown, David Cameron, Lady (Theresa) May and Boris Johnson.

Huwelike

Eerste huwelik

Charles het lady Diana Spencer in 1977 ontmoet toe hy haar huis, Althorp, besoek het. Hy het uitgegaan met haar suster, Sarah, en het nie in 'n romantiese sin aan Diana gedink voor die middel van 1980 nie. Kort daarna het hy, volgens sy biograaf Jonathan Dimbleby, blykbaar sonder enige spesifieke rede aan haar begin dink as 'n moontlike bruid en sy het Charles vergesel op besoeke aan Balmoral-kasteel en Sandringham House.

Charles Iii Van Die Verenigde Koninkryk: Vroeë lewe en opvoeding, Prins van Wallis, Bewind 
Die Prins en Prinses van Wallis besoek Uluru in Australië, Maart 1983.

Die paartjie se hofmakery het intussen die aandag van die pers en die paparazzi getrek. Toe prins Philip vir Charles sê die media-aandag sal Diana se reputasie skend as hy nie binnekort besluit om met haar te trou nie, het Charles besluit sy is troubare materiaal (volgens Mountbatten se kriteria) en het hy besluit om dringend met die verhouding voort te gaan.

Charles het Diana in Februarie 1981 gevra om te trou en sy het ja gesê. Hulle is op 29 Julie dié jaar in St. Paulus se katedraal getroud. Die paartjie het in Kensington-paleis en Highgrove House gewoon en het twee kinders gehad: William (1982) en Henry, bekend as Harry (1984). Charles was die eerste koninklike vader wat by sy kinders se geboorte teenwoordig was.

Binne vyf jaar was daar huweliksprobleme weens die paartjie se onversoenbaarheid en hul ouderdomsverskil van byna 13 jaar. Na wat berig word, het Charles teen November 1986 sy verhouding met Camilla Parker Bowles hervat. Diana het intussen erken sy was verlief op iemand wat "in dié omgewing werk". Sy het Charles se verhouding met Camilla onthul in 'n boek deur Andrew Morton, Diana, Her True Story. Oudiobande van haar eie buite-egtelike flirtasies het ook bekend geraak.

Skeisaak

In Desember 1992 het die Britse premier, John Major, in die Parlement aangekondig die paartjie gaan van bed en tafel skei. Vroeër dié jaar het die pers transkripsies uitgelek van 'n passievolle telefoongesprek uit 1989 tussen Charles en Camilla, wat "Camillagate" genoem is.

Charles het later erken hy het sy verhouding met Camilla in 1986 hervat nadat sy huwelik onherstelbaar skipbreuk gelei het. Diana het daarna in 'n televisie-onderhoud op 20 November 1995 erken daar was probleme in die huwelik. Met verwysing na Charles se verhouding met Camilla het sy gesê: "Wel, daar was drie van ons in die huwelik; dit was dus effens vol." Sy het ook gesê sy twyfel oor Charles se geskiktheid om koning te word.

Charles en Diana is op 28 Augustus 1996 geskei nadat die koningin hulle in Desember 1995 amptelik aangeraai het om die huwelik te beëindig. Diana is op 31 Augustus die volgende jaar in 'n motorongeluk in Parys oorlede.

Tweede huwelik

Charles Iii Van Die Verenigde Koninkryk: Vroeë lewe en opvoeding, Prins van Wallis, Bewind 
Charles en Camilla in Jamaika, Maart 2008.

Charles en Camilla Parker Bowles se verlowing is op 10 Februarie 2005 aangekondig. Die koningin het haar toestemming gegee, soos vereis word.

Charles was die enigste lid van die koninklike familie wat 'n burgerlike troue gehad het, eerder as 'n kerktroue. Die troue is beplan vir 'n burgerlike seremonie by Windsor-kasteel, gevolg deur 'n godsdienstige seëning. Die venue is later verander na Windsor Guildhall. Vier dae voor die troue is dit uitgestel van 8 April tot die volgende dag sodat Charles en ander genooide ampsbekleërs die begrafnis van pous Johannes Paulus II kon bywoon.

Charles se ouers het nie die burgerlike troue bygewoon nie, waarskynlik vanweë die koningin se posisie as hoof van die Kerk van Engeland. Hulle het wel die seëning bygewoon en later 'n onthaal vir die pasgetroudes in Windsor-kasteel gehou. Die seëning is op televisie uitgesaai.

Titels en wapens

Titels

Toe sy pa, die hertog van Edinburgh, op 9 April 2021 oorlede is, erf hy sy pa se titels.

Die koninklike titels van Charles is:

  • 14 November 1948 - 6 Februarie 1952: Sy Koninklike Hoogheid prins Charles van Edinburg
  • 6 Februarie 1952 - 9 April 2021: Sy Koninklike Hoogheid die Hertog van Cornwall
  • 9 April 2021 - 8 September 2022: Sy Koninklike Hoogheid die Hertog van Cornwall en Edinburg
    • in Skotland: 6 Februarie 1952 - 8 September 2022: Sy Koninklike Hoogheid die Hertog van Rothesay
  • 26 Julie 1958 - 8 September 2022: Sy Koninklike Hoogheid die Prins van Wallis
  • 8 September 2022 - tans: Sy Majesteit die Koning

Wanneer 'n mens met die koning praat, spreek jy hom die eerste keer as "U Majesteit" aan en daarna as "Sir".

Wapens

Terwyl hy nog die troonopvolger was, het hy die titels en wapen van die Prins van Wallis en Hertog van Cornwall gehad. Wanneer hy in Skotland was, was sy titel die Hertog van Rothsay.

Charles Iii Van Die Verenigde Koninkryk: Vroeë lewe en opvoeding, Prins van Wallis, Bewind 
Charles Iii Van Die Verenigde Koninkryk: Vroeë lewe en opvoeding, Prins van Wallis, Bewind 
Charles, Prins van Wallis en Hertog van Cornwall (1966-2022) Charles, Hertog van Rothsay (1953-2022)

Met die afsterwe van sy moeder Elizabeth II het prins Charles koning Charles III geword en die koninklike wapens van die Verenigde koninkryk en van Kanada geërf.

Charles Iii Van Die Verenigde Koninkryk: Vroeë lewe en opvoeding, Prins van Wallis, Bewind 
Charles Iii Van Die Verenigde Koninkryk: Vroeë lewe en opvoeding, Prins van Wallis, Bewind 
Charles Iii Van Die Verenigde Koninkryk: Vroeë lewe en opvoeding, Prins van Wallis, Bewind 
Charles III, koning van die Verenigde Koninkryk (2022-hede) Charles III, koning van die Verenigde Koninkryk vir gebruik in Skotland (2022-hede) Charles III, koning van Kanada (2022-hede)

'n Nuwe koninklike monogram is vir hom ontwerp. Die algemene monogram is die Tudor-kroon, maar die een vir gebruik in Skotland is die Skotse kroon. Die monogram word op verskeie plekke gebruik, insluitend posbusse, militêre en polisie-uniforms en die monarg se persoonlike briefhoofde.

Charles Iii Van Die Verenigde Koninkryk: Vroeë lewe en opvoeding, Prins van Wallis, Bewind 
Charles Iii Van Die Verenigde Koninkryk: Vroeë lewe en opvoeding, Prins van Wallis, Bewind 
Monogram van Charles III Monogram van Charles III vir gebruik in Skotland

Stamboom

 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
Charles Iii Van Die Verenigde Koninkryk: Vroeë lewe en opvoeding, Prins van Wallis, Bewind  Christiaan IX van Denemarke
 
 
 
 
 
 
 
Charles Iii Van Die Verenigde Koninkryk: Vroeë lewe en opvoeding, Prins van Wallis, Bewind  George I van Griekeland
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
Louise van Hesse-Kassel
 
 
 
 
 
 
 
Prins Andreas van Griekeland en Denemarke
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
Groothertog Konstantyn Nikolajewitsj van Rusland
 
 
 
 
 
 
 
Olga Konstantinowna van Rusland
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
Prinses Alexandra van Saxe-Altenburg
 
 
 
 
 
 
 
Prins Philip, Hertog van Edinburg
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
Prins Alexander van Hesse en by Rijn
 
 
 
 
 
 
 
Prins Louis van Battenberg
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
Gravin Julia von Hauke
 
 
 
 
 
 
 
Prinses Alice van Battenberg
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
Ludwich IV, Groothertog van Hesse en by Ryn
 
 
 
 
 
 
 
Prinses Victoria van Hesse en by Ryn
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
Prinses Alice van die Verenigde Koninkryk
 
 
 
 
 
 
 
 Charles Iii Van Die Verenigde Koninkryk: Vroeë lewe en opvoeding, Prins van Wallis, Bewind  Charles III 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
Charles Iii Van Die Verenigde Koninkryk: Vroeë lewe en opvoeding, Prins van Wallis, Bewind  Edward VII van die Verenigde Koninkryk
 
 
 
 
 
 
 
Charles Iii Van Die Verenigde Koninkryk: Vroeë lewe en opvoeding, Prins van Wallis, Bewind  George V van die Verenigde Koninkryk
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
Prinses Alexandra van Denemarke
 
 
 
 
 
 
 
Charles Iii Van Die Verenigde Koninkryk: Vroeë lewe en opvoeding, Prins van Wallis, Bewind  George VI
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
Francis, Hertog van Teck
 
 
 
 
 
 
 
Mary van Teck
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
Princes Mary Adelaide van Cambridge
 
 
 
 
 
 
 
Charles Iii Van Die Verenigde Koninkryk: Vroeë lewe en opvoeding, Prins van Wallis, Bewind  Elizabeth II van die Verenigde Koninkryk
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
Claude Bowes-Lyon, 13de graaf van Strathmore en Kinghorne
 
 
 
 
 
 
 
Claude Bowes-Lyon, 14de graaf of Strathmore en Kinghorne
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
Frances Dora Smith
 
 
 
 
 
 
 
Elizabeth die koningin-moeder
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
Charles Cavendish-Bentinck
 
 
 
 
 
 
 
Cecilia Cavendish-Bentinck
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
Caroline Louisa Burnaby
 
 
 
 
 
 

Verwysings

Bronne

Eksterne skakels

  • Charles Iii Van Die Verenigde Koninkryk: Vroeë lewe en opvoeding, Prins van Wallis, Bewind  Hierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik uit die Engelse Wiki vertaal.

Tags:

Charles Iii Van Die Verenigde Koninkryk Vroeë lewe en opvoedingCharles Iii Van Die Verenigde Koninkryk Prins van WallisCharles Iii Van Die Verenigde Koninkryk BewindCharles Iii Van Die Verenigde Koninkryk HuwelikeCharles Iii Van Die Verenigde Koninkryk Titels en wapensCharles Iii Van Die Verenigde Koninkryk StamboomCharles Iii Van Die Verenigde Koninkryk VerwysingsCharles Iii Van Die Verenigde Koninkryk BronneCharles Iii Van Die Verenigde Koninkryk Eksterne skakelsCharles Iii Van Die Verenigde KoninkrykElizabeth IIStatebondVerenigde KoninkrykWestminster-abdy

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

MeervoudSamsung GroepJodeLandbouWhitey BassonErektiele disfunksieEnsiklopedieOnderwysJesus van NasaretLys van veltoestandeLys van Suid-Afrikaanse skrywersBaarmoederErnstige akute respiratoriese sindroom koronavirus 2KoorsblaarAnglo-BoereoorlogAngkor WatSpelerposisies in rugbyHorlosie26 MaartDikdermAntieke EgipteWynsteenRugbywêreldbeker 1991VleesbaaiProstaatkankerKlimaatPeniskankerLionel MessiChristo WieseSendelingposisieVlag van BangladesjToorbergFridtjof NansenDerrickCSSMensSeksuele penetrasieAuschwitz-konsentrasiekampDesiré GardnerOorlog in Soedan (sedert 2023)MiddelmisbruikLys van Afrikaanse televisiereekseEpilepsieHeilige SaterdagBloedvergiftigingLys van slangeSigaretKopieregWit-DonderdagInternetBloedsomloopstelselAsiëLily CarterSemenKankerWikiSuid-KoreaNamibiëGeboorteNederlandsSlukdermGewone luislangJoodse kalenderAfrikaansMusieksimboleWynand du ToitBTW2024 Japannese Grand PrixSuurstofKnopiespinnekopSeekoei🡆 More