Priamos

Priamos of Priamus (Grieks: Πρίαμος) was in die Griekse mitologie ’n legendariese koning van Troje tydens die Trojaanse Oorlog.

Sy baie kinders sluit in merkwaardige figure soos Hektor en Paris.

Priamos
Priamos word deur Neoptolemos doodgemaak; detail op ’n Griekse vaas, omstreeks 520-510 v.C.

Lewe

Die meeste geleerdes meen die naam kom van die Luwiese 𒉺𒊑𒀀𒈬𒀀 (Pa-ri-a-mu-a-, “besonder dapper”). In Boek 3 van Homeros se Ilias vertel Priamos aan Helena van Troje dat hy koning Mugdon van Frigië eenkeer in ’n geveg teen die Amasones gehelp het.

Nadat Priamos se seun Hektor in die Trojaanse Oorlog deur Achilles doodgemaak is, het die Griekse vegter geweier om die liggaam met respek te behandel of terug te gee. Volgens Homeros in boek XXIV van die Ilias stuur Zeus die god Hermes om koning Priamos te begelei na die Griekse kamp, waar hy by Achilles pleit om sy seun se liggaam aan hom te gee. Achilles stem in en gee Hektor se liggaam terug. Die twee kante kom oor ’n tydelike wapenstilstand ooreen en Achilles gee Priamos selfs toestemming om sy seun behoorlik te begrawe. Hy belowe geen Griek sal vir die volgende minstens nege dae veg nie, maar dat die oorlog op die twaalde dag weer sal begin.

Priamos is tydens die inval in Troje doodgemaak deur Achilles se seun Neoptolemos, ook bekend as Purros (Πύρρος). Van sy dood word vertel in Boek II van Vergilius se Eneïde. Volgens Vergilius se beskrywing maak Neoptolemos eers Priamos se seun Polites voor hom dood toe hy skuiling soek op die altaar van Zeus. Priamos gooi ’n spies na Neoptolemos, wat sy skild tref. Neoptolemos sleep Priamos toe na die altaar en maak hom ook dood. ’n Ander weergawe van Priamos se dood word op ’n paar Griekse vase uitgebeeld. Hiervolgens slaan Neoptolemos Priamos dood met die lyk van sy babakleinseun Astianaks.

Huwelik en kinders

Priamos het na berig word 50 seuns en baie dogters gehad – by sy hoofvrou, Hekuba, dogter van die Frigiese koning Dumas, en baie ander vroue en byvroue. Dié kinders sluit beroemde figure in die Grieke mitilogie in, soos Hektor, Paris, Helenos, Kassandra, Troilos, Poludoros en ander. Priamos is deur Neoptolemos vermoor toe hy sowat 80 jaar oud was.

Verwysings

Bronne

  • William Smith. Dictionary of Greek and Roman Biography and Mythology, Londen (1873). "Priamus"

Skakels

  • Priamos  Hierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik uit die Engelse Wiki vertaal.

Tags:

Priamos LewePriamos Huwelik en kindersPriamos VerwysingsPriamos BronnePriamos SkakelsPriamosGrieksGriekse mitologieParisTrojaanse OorlogTroje

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

DriehoekEkonomiese geskiedenis van Suid-AfrikaAarde se atmosfeerWapen van Suid-AfrikaKoppeltekenVolhoubare ontwikkelingThe CranberriesInkomsteHefboomOos-KaapAdolf HitlerSelOmgewingsbeheerGriepSwaweldioksiedMeervoudKoolstofdioksiedDemokratiese AlliansieBoontjieNiersteenWet op BevolkingsregistrasieMaroela MediaSportVlag van Suid-AfrikaMieliestronkDiatomiese molekuulMigrasie van voëlsErfenisSonkragAlliterasieJaarKoedoeEmfiseemBreinkaartMenseregteDuitslandDigvormSuurstofJak de PriesterKaapse florarykVersoeningsdagUitwerking van klimaatsveranderingAnglisismeGesonde dieetVergelykings (taalkunde)GestremdheidVoorsetselWinterMisdaadromanEkonomiese kwessies in Suid-AfrikaLewerSmaakWoordeboek van die Afrikaanse TaalAardbewingMane van GalileiVoedingElon MuskWoudAnglo-BoereoorlogMisdaadEreksieMediese diagnoseSkildklierDokterHigiëneSoweto-opstand1990Onse VaderTeologiese Kweekskool (Stellenbosch)VermenigvuldigingRooibokPerdebyeDaggaInternasionale Historiese Genootskap RobbeneilandDie Laaste Avondmaal (Leonardo)🡆 More