Pretty Yende

Pretty Yende OIS (* 6 Maart 1985 te Piet Retief, Mpumalanga) is 'n Suid-Afrikaanse sopraan.

Pretty Yende
Pretty Yende
Pretty Yende, 2013
Agtergrondinligting
Gebore(1985-03-06)6 Maart 1985
Piet Retief, Mpumalanga
OorsprongSuid-Afrika
Beroep(e)Operasangeres
Jare aktief2009 ~ nou

Jeug

Pretty is op 6 Maart 1985 in die Thandukukhanya-township van Piet Retief, Mpumalanga in 'n Zoeloesprekende gesin gebore. Sy was 'n kerkmeisie en het gereeld in die kerk gesing en was ook lid van die Sondagskoolkoor, waar sy soms as solis opgetree het. Sy was reeds 16 jaar oud toe sy operamusiek vir die eerste keer hoor. Dit was 'n advertensie op die televisie en die singery het net 10 sekondes geduur. Maar dit het tot haar siel gespreek. Haar onderwyser het vir haar verduidelik dat dit operamusiek was. Sy het later uitgevind dat dit die blomme-duet uit Léo Delibes se opera Lakmé was. Sy kon nie glo dat die pragtige klanke deur mense se stem gemaak kon word nie. In 2002 het sy as sopraan die eerste prys gewen by die Tirisano Nasionale Skole Eisteddfod. Sy het dieselfde jaar aan die Hoërskool Ndlela gematrikuleer.

Ná skool het sy musiek studeer aan die Suid-Afrikaanse Musiekkollege, 'n deel van die Universiteit van Kaapstad. Daar is sy onder andere deur Virginia Davids en prof. Angelo Gobbato opgelei. Sy het 'n voordraersdiploma in opera met lof verwerf. Daarna het sy die nagraadse diploma ook voltooi. Sy het die kollege bygewoon van 2003 tot 2007. In 2005 sing sy Helena in die operaskool se produksie van "A Midsummer Night's Dream", gevolg deur die rolle van gravin Almaviva in die huwelik van Figaro en Fiordiligi in Così fan tutte. In 2006 was sy Clara in die Kaapstadse operahuis se opvoering van Gershwin se "Porgy and Bess" tydens hul toer van Noorweë en Swede. Die volgende jaar het sy die rol van Magda vertolk in "La Rondine" en haar eerste titelrol in Massenet se "Manon". In 2005 en 2006 het sy deelgeneem aan die Miagi-fees en as solis opgetree in Mozart se "Requiem", "The Solemn Vespers" deur Monteverdi en Vivaldi se "Magnificat". Sy het ook gesing in die Ooskaapse Filharmoniese Orkes se "Messiah" in 2007. In Februarie 2008 was sy deel van die Kaapstadse Filharmoniese Orkes se opvoering van Brahms se "Ein deutsches Requiem". Kort voor haar vertrek na Europa, neem sy deel aan die Kaapse Opera se H2OPERA-konsert van 15 tot 17 Desember en hul galakonsert vir haar op 19 Desember 2009.

Daarna het sy haar studies by die Accademia Teatro alla Scala in Milaan voortgesit en deelgeneem aan hul jong kunstenaarsprogram. Sy het die kursus in 2011 voltooi.

Wedstryde

In 2008 neem sy deel aan die Internasionale Sangkompetisie, gehou te 's-Hertogenbosch in Nederland en verower twee pryse. In 2009 wen sy die eerste prys in die Internasionale Hans Gabor Belvedere sangkompetisie, nadat sy eerste gekom het in vier afdelings. In September 2009 wen sy weer by die Montserrat Caballé Internasionale Sangkompetisie in Barcelona. In 2010 was sy tops in die sesde Leyla Gencer Voice Competition in Istanboel. Sy deel ook die eerste prys in die Savonnlina internasionale sangkompetisie in Finland. Op 22 Desember 2010 wen sy die Vincenzo Bellini internasionale kompetisie vir belcanto-sangkuns in Parys, Frankryk. In 2011 neem sy in Moskou deel aan Plácido Domingo se Operalia kompetisie vir jong opera singers. Sy verwerf die eerste prys, die Zarzuela prys en die gehoor prys.

Loopbaan

In 2010 het sy by die Teatro alla Scala gedebuteer toe sy die rol van Berenice vertolk het in Rossini se L’Occasione fa il Ladro. In dieselfde jaar maak sy haar professionele opera debuut in Litaue se Nasionale Teater as Micaela in Bizet se Carmen.

In Januarie 2013 debuteer sy by die Metropolitan in New York toe sy op die laaste nippertjie gevra is om die siek Nino Machaidze te vervang as La contesse Adèle in Rossini se Le comte Ory. Daarvoor was ’n coloratura sopraan benodig. Onmiddellik daarna was sy in dieselfde opera in Wene in Theater an der Wien. Na die draai in Suid-Afrika in 2013, was sy weer terug in Milan om Musetta te wees in Puccini se La Bohème. In Junie 2013 gee sy ’n uitvoering by die Wigmore Hall in London. John Allison skryf in The Telegraph van 13 Junie: "Among other composers heard here, Rossini, Bellini, Donizetti, Verdi and Puccini all gave her a chance to confirm her credentials as a singer in the Italianate tradition. Floating a line in which every note is always perfectly placed, Yende is best of all in the bel canto repertoire. Highlights included 'O luce di quest’anima', the show-stopping aria from Donizetti’s Linda di Chamounix, in which Yende displayed a good trill; some soft coloratura in 'Bel raggio' from Rossini’s Semiramide; and the stillness and poise she brought to Bellini’s song 'Almen, se non poss’io'." Van 21 September tot 6 Oktober 2013 was sy in Los Angeles, waar sy die rol van Micaela vertolk het in Bizet se Carmen.

Sy was Fiorilla in Rossini se Il Turco in Italia, wat opgevoer was aan die einde van Februarie 2014 by die Staatsoper in Hamburg. In Julie 2014 was sy terug in Milan om die gravin Adèle te wees in Rossini se Le Comte Ory.In Oktober 2014 was sy terug in New York. Eers het sy by die Metropolitan die rol van Pamina in Die Towerfluit gespeel. Toe het sy ’n alleenvertoning by Carnegie Hall gehou. Kort daarna was sy in Oslo vir Die Barbier van Sevilla. Volgende op haar spyskaart was Berlyn, waar sy in die titelrol in Lucia di Lammermoor vertolk het.

Op 21 Maart 2015 begin sy weer ’n nuwe seisoen met die Los Angeles operageselskap in die Dorothy Chandler Pawiljoen. Hierdie keer speel sy die rol van Susanna in Mozart se Huwelik van Figaro. Die seisoen duur tot 12 April. Op 27 Junie 2015 was dit die Spanjaarde se beurt om Pretty op die verhoog te sien en te hoor. Sy was Norina in Don Pascuale. Op 10 November 2015 het sy en Juan Diego Flórez in die Wiener Konzerthaus in Wene gesing.

Besoeke aan Suid-Afrika

In Julie 2010 het sy in Johannesburg opgetree by die sluitingskonsert van die Fifa 2010 Sokkerwêreldbeker. Kaapstad se filharmoniese orkes het hul tiende verjaardag gevier deur ’n gala konsert by die Artscape Opera House op 29 Desember 2010 te hou. Die tenoor Given Nkosi asook die sopraan Pretty Yende het by dié geleentheid opgetree.

Pretty het weer met Kaapstad se filharmoniese orkes opgetree in November 2013 met hul opvoering van Lucia di Lammermoor. Die kritikus Esther Kim skryf:"What evoked the standing ovation at the end of Act II, however, was Pretty Yende’s radiant coloratura which soared over the fifty or so other singers on the stage. Hers is not a flashy, flighty voice but a ripe and steady one that belies her tender age of 27. She may not possess the superb control of Joan Sutherland, but the dulcet glow of her voice and her bravura in particular are traits even the prima donna did not come into until middle age. There was no smudging in Yende’s trills, mordents, and arpeggios; her crisp, nimble runs could send Mariah Carey home weeping. Pairing technical skill with dramatic undertones that evoked Maria Callas – especially in the middle range – Yende delivered a seamless bel canto sound, at once delicate and focused."

Op 14 April 2016 was Pretty weer in Johannesburg, hierdie keer by die Lindersaal in Parktown. Sy het opgetree met die tenoor Levy Sekgapane en begelei deur Johannesburg se kamerorkes onder leiding van Kutlwane Masote.

Op Vrydag 14 Oktober 2016 het sy die eerste swart vrou geword om die hoofrol in Donizetti se "Lucia di Lammermoor" by die Parys Operahuis te vertolk.

Eerbetoon

Op 27 April 2013 het Suid-Afrika die Orde van Ikhamanga in die silwer klas aan Yende toegeken. Die verklaring van die voorsitter van die Nasionale Ordes Adviesraad, Dr Cassius Lubisi, lui dat dit toegeken word vir haar uitstekende prestasie en toejuiging in wêreldopera en omdat sy 'n rolmodel vir jong musikante was.

Verwysings

Eksterne skakels

Tags:

Pretty Yende JeugPretty Yende WedstrydePretty Yende LoopbaanPretty Yende EerbetoonPretty Yende VerwysingsPretty Yende Eksterne skakelsPretty Yende19856 MaartOrde van IkhamangaPiet Retief, MpumalangaSangerSuid-Afrikaanse

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

KaartInstagram2024Jan Willem JanssensPaaiementberekeningFanie ViljoenInvloed van vigs op die ekonomieMartin Luther King jr.Bipolêre gemoedsteuringVerbondsarkHoenderrasseKongo-krisisVersoeningsdagWekkerLionel MessiTrigeminale neuralgieEkostelselDiskriminasieKlankverskynselsHolocaustMiddelmisbruikHector PietersonNuwe TestamentVolhoubaarheidSpierdistrofiePussy RiotRMS TitanicUitwerking van klimaatsveranderingMierHartGewone janfrederikTweede VryheidsoorlogArmoedeverligtingRooilipslangDokterRooikatJaarKommaKriekSuid-Afrikaanse GrensoorlogAlkoholismeMosesOopbroninhoudIronieRamsar-vleilande in Suid-AfrikaFranse RewolusieHoenderCarles PuigdemontMenslike skeletChemiese elementPornografiese akteurMaagdelikheidIndiëRolprentWes-KaapSlag van Cuito CuanavaleSteenkoolKoos KombuisVryheid van spraakWiskundige terminologieChatGPTWortelVlagterminologieProteïenVloeistofTrianthemaYsterPeriodieke tabelPresident van Suid-AfrikaCeresVerkleurmannetjieStereotipeHerpes simplex🡆 More