Pretoriastasie

PretoriastasieSpoorwegstasie


Adres

Scheidingstraat, Pretoria


Koördinate

25°45′29″S 28°11′21″O / 25.75806°S 28.18917°O / -25.75806; 28.18917 28°11′21″O / 25.75806°S 28.18917°O / -25.75806; 28.18917


Konstruksie

Geopen: 1892

Herbou: 1910

Restoureer na brand: 2001

Pretoriastasie is die sentrale spoorwegstasie in Pretoria. Dit is geleë tussen die sentrale sakegebied van Pretoria en Salvokop, in 'n 1910-gebou wat deur Herbert Baker ontwerp is. Dit is die eindpunt van verskeie Metrorail-pendeldienste in die noordelike deel van Gauteng, en 'n halte op Shosholoza Meyl se langafstanddienste vanaf Johannesburg na Polokwane en Nelspruit. Pretoriastasie is ook die noordelike eindpunt van die luukse Bloutreindiens vanaf Kaapstad. Platforms en spoorlyne vir die Gautrein-sneltreindiens is aangrensend aan die hoofstasie.

Pretoriastasie
Uitsig op die stasie vanaf Salvokop

Geskiedenis

Die eerste treinstasie in Pretoria is in 1892 deur die Nederland-Suid-Afrikaanse Spoorwegmaatskappy (NZASM) gebou as die westelike eindpunt van sy lyn na die hawe van Delagoabaai (hedendaagse Maputo). In 1910, kort voor die stigting van die Unie van Suid-Afrika, het die regering van die Transvaalse kolonie besluit om oortollige fondse te bestee aan die oprigting van 'n nuwe stasie vir Pretoria, eerder as om die geld aan die nuwe nasionale regering oor te gee. Die nuwe stasie was die eerste openbare gebou wat deur Sir Herbert Baker ontwerp is.

Brandstigting

Op 19 Februarie 2001 het 'n seinmislukking gelei tot groot vertragings in Metrorail-dienste in Pretoria. Woedend oor die vertragings het sommige pendelaars 'n wagkamer aan die brand gesteek wat na die dak van die gebou versprei het. Byna die hele dak is vernietig, hoewel die struktuur self gered is. Die restourasie, wat 18 miljoen rand gekos het, het in Junie 2001 begin en is in Februarie 2002 voltooi.

Verwysings

Eksterne skakels

Tags:

Pretoriastasie GeskiedenisPretoriastasie VerwysingsPretoriastasie Eksterne skakelsPretoriastasie

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

Racheltjie de BeerDuitse perdebyJan BloukaasMenseregteAlvin BruindersPeniskankerBrongitisMaanDigvormMuishondGeorgiese nasionale rugbyspanGoogle TranslateSusan CoetzerSeksuele penetrasieOos-KaapByvoeglike naamwoordDuitsLys van politieke partye in Suid-AfrikaKrampSeksuele stimulasiePoleDesiré GardnerDuitse maselsVleesbaaiInternetNarkoseKlitorisHoërskool NoordheuwelSamestellingBoeberIndiëKadmiumLys van Afrikaanse televisiereekseHolocaustSeksToorbergPalmsondagMenseregtedagMuggieBruin huisslangAkuutEmily HobhouseJesus van NasaretGeurmiddelLika BerningWaarheid-en-versoeningskommissieLys van lande volgens bevolkingGeografie van Suid-AfrikaDemokrasieKoos BekkerWashington, D.C.ByeboerderyBreinvliesontstekingKolitisHorlosiePredikante van die Gereformeerde Kerke in Suid-AfrikaGerrie PretoriusNieu-SeelandSeksuele opwekkingJacques LootsKrokus Stadsaal-aanvalSelfstandige naamwoordNatuurlike satelliete van kleinplaneteJo BlackBybelFridtjof NansenSpookvoëlRolprentAnrich HerbstProvinsies van Suid-Afrika🡆 More