Praxiteles

Praxiteles (Grieks: Πραξιτέλης; uitspraak: prækˈsɪtɨliːz) van Athene, die seun van Kephisodotos die ouere, was die mees beroemde Attiese beeldhouer van die 4de eeu v.C..

Hy was die eerste om die naakte vroulike vorm in 'n lewensgrootte standbeeld te verwesentlik. Alhoewel geen onbetwisbaar toeskryfbare beeldhouwerk van Praxiteles behoue is nie, het vele kopieë van sy werke oorleef.

Praxiteles
Venus Braschi, 'n Romeinse variant van die Knidiese Aphrodite, Münchense Glyptoteek

Sekere skrywers het veronderstel dat daar twee beeldhouers was wat Praxiteles geheet het. Een sou dan 'n tydgenoot wees van Pheidias, en die ander, Praxiteles die ouere se meer gevierde kleinseun. Alhoewel die herhaling van dieselde naam in alternatiewe geslagte algemeen in Griekeland was, bestaan daar geen sekere aanduiding vir enige uitslag nie. 'n Veronderstelde verhouding tussen Praxiteles en sy beeldskone model, die Thespiaanse howeling Phryne, het verdere spekulasie ontlok.

Eietydse outeurs, insluitend Plinius die ouere, het van sy oeuvres geskryf en munte uit sy era met silhoeëtte van verskeie van sy beeldtipes bestaan nog. Interpretasie van sy kunswerke kan gevind word van die skilderkuns van Gérôme, tot die komiese opera van Saint-Saëns en die skaduspel van Donnay.

Tags:

4de eeu v.C.AtheneBeeldhouerVrou

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

PseudowetenskapErosieNamibiëWisselkoersYouTubeLeonardo da VinciLys van Griekse mitologiese figureMateriaalGeelhoutDermpoliepVergelykings (taalkunde)OogproblemeVlag van Suid-AfrikaKoorsMane van GalileiLimfvatstelselOlifantBesoedelingYstertydperkAfro-AmerikanersDemokrasieGroepsgebiedewetHoenderHamburgerSeksHolocaustFisiese oefeningLangste woordWet op BevolkingsregistrasieBTWWerkersdagWitbloedselSuurstofKasteel die Goeie HoopCovid-19-pandemie in Suid-AfrikaSamestellende afleidingSharpeville-slagtingTweede VryheidsoorlogAfrikaanse woordelys en spelreëlsGroot vyfOnderwysHartseerNiersteenDirekte en Indirekte redePussy RiotMonoloogSportBiodiversiteitStaalMobutu Sese SekoPlae van EgipteStudievaardighedeLetterlike en figuurlike taalgebruikMiljardEkonomiese geskiedenis van Suid-AfrikaVeelvoudige sinAkademiaMuskeljaatkatWaterbesparing in Suid-AfrikaHerfsDesmond TutuRookgewoonteWes-KaapBelastingMangelontstekingOntbossingKindermishandelingNatuurlike hulpbronHipoteseApostoliese GeloofsbelydenisSprokieTelwoordIndustriële RevolusieVerenigde State van AmerikaAfrikaners🡆 More