Pous Simmachus

Simmachus was die 51ste pous van die Rooms-Katolieke Kerk.

Pous Simmachus
Pous Simmachus
Geboortenaam Simmachus
Pontifikaat begin 22 November 498
Pontifikaat eindig 19 Julie 514
Voorganger Anastasius II
Opvolger Hormisdas
Gebore 450
Sardinië, Italië
Sterf 19 Julie 514
Rome, Italië

Biografie

Pous Simmachus is op Sardinië gebore die seun van Fortunatus, omtrent in 450. Op 22 November 498 volg hy Pous Anastasius II op, maar die Bisantynse kerk verkies Teenpous Laurentius. Laurentius is gesteun deur Anastasius I en Simmachus deur die Gotiese koning Theodorik die Grote. Hy regeer tot sy dood op 19 Julie 514 en word begrawe in die Sint Pieterskerk. Hy word opgevolg deur Pous Hormisdas. Die naam ‘Simmachus’ beteken 'bondgenoot' in ou Grieks.

Pontifikaat

In 501 word Simmachus deur senator Festus beskuldig van onder andere buite-egtelike seks. 'n Sinode wat deur Theodorik bymekaar gebring is op 23 Oktober 502, ontneem Simmachus van al sy funksies, maar bepaal dat die pous nie veroordeel kan word nie. Dit lei tot kerkskeuring en Theodorik installeer Teenpous Laurentius in die Lateraanse paleis. Die skeuring duur vier jaar, totdat Theodorik sy steun aan Laurentius onttrek omdat Laurentius te veel pro-Bisantyns opgetree het.

Tydens sy pontifikaat steun Simmachus die Afrikaanse biskoppe in hulle stryd teen die Ariaanse Vandale. Ook die Noord-Italiaanse provinsies word deur hom beskerm teen aanvalle van barbare uit die noorde.

Simmachus het probeer om die datum vir Paasfees vas te stel op 25 Maart, maar dit het nie gewerk nie.

Verering

Simmachus word as heilige vereer in die Rooms-Katolieke Kerk. Sy feesdag is op 19 Julie.

Verwysings

  • Davis, R. (2001) Book of the Pontiffs (English Translation of the Liber Pontificalis) Liverpool University Press. ISBN 0-85323-545-7

Eksterne skakels

  • BBKL Inskrywing (met Literatuurverwysings) in die Biographisch-Bibliographisches Kirchenlexikon (Duits)
  • CE Inskrywing in die Catholic Encyclopedia (Engels)


Nota

Saamgestel en vertaal uit die Nederlandse, Engelse, Duitse en Franse wikipedia.

Opvolging

Voorafgegaan deur
Anastasius II
Pous (Pontifex Maximus)
498514
Opgevolg deur
Hormisdas

Tags:

Pous Simmachus BiografiePous Simmachus PontifikaatPous Simmachus VereringPous Simmachus VerwysingsPous Simmachus Eksterne skakelsPous Simmachus NotaPous Simmachus OpvolgingPous SimmachusPousRooms-Katolieke Kerk

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

HemelvaartWikiVoedingOnderwysSkuinsstreepNetbalOssewaBynierNarsistiese persoonlikheidsteuringLien se lankstaanskoeneHeupStedelike hitte-eilandDoelwitKlein vyf diereDiepaartromboseWêreld- Ekonomiese ForumFranse RewolusieGesonde dieetAfleiding (taalkunde)Duits22 AprilBruto binnelandse produkEiffeltoringKolorektale kankerBloeddrukGeboorteSinkEkologieAbstraksie (rekenaarwetenskap)RassismeSeksueel oordraagbare infeksieLys van nedersettings in Suid-AfrikaNederduitsch Hervormde KerkAfrikanersMagnetismeTekstielKompasSikloonWater (molekuul)Vars waterLenteDansCarles PuigdemontZoeloesDieremishandelingCristiano RonaldoLys van Suid-Afrikaanse kunstenaarsRobert SobukweJavaScriptKletsrymAngolese Oorlog vir OnafhanklikheidMuishondBorsGevolge van aardverwarming op oseaneNieuwoudtvilleWinterSuid-EuropaKeramiekHomofoonGianna MichaelsVoornaamwoordBrandmondsindroomChloorLys van Suid-Afrikaanse voëls (alfabeties)Nasionale VrouedagPropagandaNederlandsToutrekSkaakHorlosieRacheltjie de BeerMeervoudKondensasie🡆 More