Pous Silvester I

Silvester I was die 33ste pous van die Rooms-Katolieke Kerk.

Pous Silvester I
Pous Silvester I
Geboortenaam Silvester
Pontifikaat begin 31 Januarie 314
Pontifikaat eindig 31 Desember 335
Voorganger Miltiades
Opvolger Markus
Gebore
Sant'Angelo a Scala, Avellino
Sterf 31 Desember 335
Rome, Italië
Ander pouse genaamd Silvester
Sint Pous Silvester I
Gebore Sant'Angelo a Scala, Avellino
Sterfte 31 Desember 335, Rome, Italië
Vereer in Rooms-Katolieke Kerk
Oosters-Ortodokse Kerk
Feesdag 31 Desember (Rooms-Katolieke Kerk)
2 Januarie (Oosters-Ortodokse Kerk)
Attribute Pouslike klere, pouslike tiara
Beskermheilige Feroleto Antico, Silvestrina, Benediktyne, Nonantola

Biografie

Pous Silvester I (ook gespel Sylvester) is volgens die Liber Pontificalis 'n Romein van geboorte, die seun van Rufinus en Justa. Op 31 Januarie 314 volg hy Pous Miltiades op en regeer tot sy dood op 31 Desember 335. Hy word opgevolg deur Pous Markus. Die beskrywing van sy lewe in die Vita beati Sylvestri (Lewe van die Heilige Silvester) word tans legendaries geag. Die naam ‘Silvester’ beteken ‘Woudman’.

Pontifikaat

Pous Silvester I 
Pous Silvester I en keiser Konstantyn die Grote

Die pous het deel gehad aan die veroordeling van die Ariane en ook aan die kerkvergadering van Nicea in 325 waar die Apostoliese geloofsbelydenis ontstaan het. Hy het gesante na die eerste ekumeniese raad gestuur. Gedurende sy pontifikaat is verskeie groot kerke gebou soos die basiliek van Laterane en die Heilige Kruis kerk (Santa Croce). Die kerk van Equitius, 'n Romeinse ouderling, naby die baddens van keiser Diocletianus bestaan vandag nog.

Verering

Silvester word as heilige vereer. Sy gedenkdag is op 31 Desember in die Rooms-Katolieke Kerk en 2 Januarie in die Oosters-Ortodokse Kerk. Hy is die beskermheilige van huisdiere, 'n goeie oes en die nuwe jaar. Sy reliek word gehou in die kerk San Silvestro in Capite in Rome.

Verwysings

  • Davis, R. (2001) Book of the Pontiffs (English Translation of the Liber Pontificalis) Liverpool University Press. ISBN 0-85323-545-7

Eksterne skakels

  • BBKL Inskrywing (met Literatuurverwysings) in die Biographisch-Bibliographisches Kirchenlexikon (Duits)
  • CE Inskrywing in die Catholic Encyclopedia (Engels)

Nota

Saamgestel uit die Nederlandse, Engelse, Duitse en Franse wiki’s.

Opvolging

Voorafgegaan deur
Miltiades
Biskop van Rome
314335
Opgevolg deur
Markus

Tags:

Pous Silvester I BiografiePous Silvester I PontifikaatPous Silvester I VereringPous Silvester I VerwysingsPous Silvester I Eksterne skakelsPous Silvester I NotaPous Silvester I OpvolgingPous Silvester IPousRooms-Katolieke Kerk

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

HoenderHeupBreinVarkgriepHomofoonKoolhidraatMensEkonomieGeboorteLys van Afrikaanse skrywersKnieKunsmisTierKoolstofSeksismeGoogleVerenigde State van AmerikaOntkiemingRina HugoUnited Democratic FrontSuid-AfrikaDoelwitKlem-in-die-kaakPlaasjapieAardeSaldanhabaaiBeesDepressie (gemoedstoestand)NoordwesSkaakLys van Afrikaanse rolprenteMynbouKaliforniëAce MagashuleVisReg tot ‘n gesonde omgewingFosforKarlien van JaarsveldKameelLys van Afrikaanse televisiereekseWayde van NiekerkFinale OplossingSebraTranspirasieElandréVolhoubare ontwikkelingLuiperdKonsentrasiekampAkkedisTrappe van vergelykingVakbondJakobJudaïsmeMondLugbesoedelingBestaansboerderyLDroogteSatellietGrondsoortePols-oksimeterGeweldVryheidsdagTradisionele literatuurMenslike skeletWaterpokkiesApartheidMetafoorHamilton WesselsWinnie Madikizela-MandelaAppendiksJoseph LynchInternetAtlantiese OseaanGlas🡆 More