Pous Nicolaas Ii

Nicolaas II was die 155ste pous van die Rooms-Katolieke Kerk.

Pous Nicolaas II
Pous Nicolaas Ii
Geboortenaam Gerard van Boergondië
Pontifikaat begin 6 Desember 1058
Pontifikaat eindig 19 Julie 1061
Voorganger Stefanus IX
Opvolger Alexander II
Gebore tussen 990 en 995
Chevron, Savoje
Sterf 19 Julie 1061
Florence, Italië
Ander pouse genaamd Nicolaas

Biografie

Pous Nicolaas II is gebore as Gerard van Boergondië (Frans: Gérard de Bourgogne) in Chevron, Savoje tussen 990 en 995. Hy word ook Gerald van Lotaringe (Frans: Gerald de Lorraine) genoem. Voor sy verkiesing was hy biskop van Florence. Op 6 Desember (of 28 Desember) 1058 volg hy Pous Stefanus IX (X) op en regeer tot sy dood op 19 Julie (of 27 Julie) 1061. Hy word opgevolg deur Pous Alexander II. Die naam ‘Nicolaas’ beteken 'oorwinnaar oor/uit die volk'.

Pontifikaat

Pous Nicolaas II was die kandidaat van Hildebrand van Sovana, (later Pous Gregorius VII) en keiserin Agnes van Poitou. Teenpous Benedictus X het die bewind oorgeneem na die dood van Pous Stefanus IX (X) op 29 Maart 1058. Nicolaas word eers op 24 Januarie 1059 in Rome gekroon. Na die kroning van Nicolaas het Benedictus uit Rome gevlug.

Pous Nicolaas was hervormingsgesind en op 13 April 1059 vaardig hy 'n dekreet uit wat bepaal dat die pous voortaan slegs deur die kardinale verkies sal word. Ten opsigte van die Normandiërs in Suid-Italië volg hy 'n ander koers as sy voorgangers. Hy het 'n verbond gesluit met Robert Guiscard, die Normandiese leier en daardeur vrede verseker. Dit het egter nie die goedkeuring van die Duitse biskoppe gehad nie en hulle het probeer om die pous se besluite ongeldig te laat verklaar op 'n sinode in die somer van 1060.

Toe Nicolaas op 27 Julie 1061 sterf het die Duitsers dadelik 'n teenpous Honorius II uit Basel, verkies. Honorius was van Duitse afkoms en is voorgestel deur keiserin Agnes.

Bibliografie

  • Duff, Eamon (2001). Saints and Sinners: A History of the Popes, Yale University Press. ISBN 0-300-09165-6
  • Maxwell-Stuart, P. G. (2002). Chronicle of the Popes: The Reign-by-Reign Record of the Papacy from St. Peter to the Present, Thames & Hudson. ISBN 0-500-01798-0.
  • Brand (P); GARIN (J), 1925, Un pape savoyard, Nicolas II (1059–1061), Librairie Dardel, 76 p.

Verwysings

Eksterne skakels

Pous Nicolaas Ii 
Wikisource
Die Engelse Wikisource bevat bronmateriaal oor hierdie onderwerp onder die titel:
  • BBKL Inskrywing (met Literatuurverwysings) in die Biographisch-Bibliographisches Kirchenlexikon (Duits)
  • PTA Inskrywing in "Popes through the Ages" deur J. Brusher S.J. (Engels)


Nota

Saamgestel en vertaal uit die Nederlandse, Engelse, Duitse en Franse wikipedia en aangevul uit ander bronne soos aangedui.

Opvolging

Voorafgegaan deur
Stefanus IX
Pous (Pontifex Maximus)
1058 – 1061
Opgevolg deur
Alexander II

Tags:

Pous Nicolaas Ii BiografiePous Nicolaas Ii PontifikaatPous Nicolaas Ii BibliografiePous Nicolaas Ii VerwysingsPous Nicolaas Ii Eksterne skakelsPous Nicolaas Ii NotaPous Nicolaas Ii OpvolgingPous Nicolaas IiPousRooms-Katolieke Kerk

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

ResensieDrinkwatervoorsieningWoordsoortAngolaDemokrasieLys van openbare vakansiedae in Suid-AfrikaEkonomiese kwessies in Suid-AfrikaOrale seksKaapstadNelson Mandela2001RymErfenisVoortrekkersLys van Afrikaanse rolprentePseudowetenskapReënspinnekopJan-Willem BreureAl-FatihaSprokieSilwerEthiopiëFibonacci-reeksNommertekenGeboorteBloutongsiekteYslandDialoog in fiksieBedryfstelsel (inligtingstegnologie)MoedersdagNazi-DuitslandDirekte en Indirekte redeSlawernyVleilandLandbouVingerseksIndiëFiela se kindMielieRenosterLeenwoordGasVoedselkettingKrapRivierVreesBerghaan22 NovemberEkonomieLeestekenDiepaartromboseAgtervoegselErfenisdag (Suid-Afrika)MenstruasieKnieAmateurradioAssonansie16 NovemberWelwillendheidsdagGeldWisselkoersVaginaElandréBeroerteKarooSkoolMisdaadSuid-Afrikaanse algemene verkiesing van 1994Olimpiese Somerspele 2012HorlosieLys van Suid-Afrikaanse musikanteBloedsomloopstelselOnderwys🡆 More