Pous Johannes Ii

Johannes II was die 56ste pous van die Rooms-Katolieke Kerk.

Pous Johannes II
Pous Johannes Ii
Geboortenaam Mercurius
Pontifikaat begin 2 Januarie 533
Pontifikaat eindig 8 Mei 535
Voorganger Bonifatius II
Opvolger Agapetus I
Gebore (Onbekend)
Rome, Italië
Sterf 8 Mei 535
Rome, Italië
Ander pouse genaamd Johannes

Biografie

Pous Johannes II was 'n Romein van geboorte met die naam Mercurius, die seun van Projectus. Hy was die eerste pous wat by sy inwyding sy naam verander het, wat later gebruiklik geword het. Die rede daarvoor was dat sy regte naam verwys het na 'n Romeinse god en dat hy nie as Pous na 'n heidense God vernoem wou wees nie. Op 2 Januarie 533 volg hy Pous Bonifatius II op en regeer tot sy dood op 8 Mei 535. Hy word opgevolg deur Pous Agapetus I. Die naam ‘Johannes’ beteken 'God is genadig'.

Pontifikaat

Johannes II kry van Athalarik koning van die Oos-Gote 'n dekreet van die senaat wat simonie (die verhandel of verkoop van geestelike ampte) verbied. Dit is veroorsaak deur die omstredenheid van Pous Bonifatius II en die Teenpous Dioscurus. Die Liber Pontificalis berig dat Johannes II 'n geloofsbelydenis van Justinianus die Grote van Bisantium ontvang het.

Die skandalige owerspelige gedrag van Contumeliosus, biskop van Riez, het Johannes genoodsaak om hom na 'n klooster te verban.

Verering

Pous Johannes is begrawe in die ou Sint Pieterskerk.

Verwysings

  • Davis, R. (2001) Book of the Pontiffs (English Translation of the Liber Pontificalis) Liverpool University Press. ISBN 0-85323-545-7

Eksterne skakels

  • BBKL Inskrywing (met Literatuurverwysings) in die Biographisch-Bibliographisches Kirchenlexikon (Duits)
  • CE Inskrywing in die Catholic Encyclopedia (Engels)


Nota

Saamgestel en vertaal uit die Nederlandse, Engelse, Duitse en Franse wikipedia.

Opvolging

Voorafgegaan deur
Bonifatius II
Pous (Pontifex Maximus)
533535
Opgevolg deur
Agapetus I

Tags:

Pous Johannes Ii BiografiePous Johannes Ii PontifikaatPous Johannes Ii VereringPous Johannes Ii VerwysingsPous Johannes Ii Eksterne skakelsPous Johannes Ii NotaPous Johannes Ii OpvolgingPous Johannes IiPousRooms-Katolieke Kerk

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

KondensasieAfro-AmerikanersAndré JacobsTussenwerpselWet op NaturellengrondBlourokkeWiskundige terminologieWielewaalSteve HofmeyrAfleiding (taalkunde)LandbouSowjetunieGrondwet van Suid-AfrikaBesoedelingLys van Suid-Afrikaanse kunstenaarsGoogleDemokrasieJansenvilleVerkleinwoordBlaarErfenisGordelroosRenaissanceHeelgetalVoorsetselWiskundeKewerNiersteenHidroëlektrisiteitKankerPad na jou hartFrankrykRassismeLys van chemiese elemente volgens atoomgetalAkroniemSekondêre sektor van die ekonomieWolkFranse RewolusieNasionale VrouemonumentNadia ValvekensMeervoudErektiele disfunksieWikiSuid-Afrikaanse etniese groepe en kultureSuikerbekkiesCheslin KolbeKoolhidraatBysteekTasché BurgerDataverwerkingAssonansieSoogdierISO 3166-2Anette EngelbrechtPornografiese akteurGianna MichaelsFinale OplossingKunsmatige algemene intelligensieBorskankerAborsie in Suid-AfrikaBelastingMondDierGrondsoorteRobert SobukweWayback MachineHarry PotterElektrisiteitsvoorsieningLys van Suid-Afrikaanse voëls (alfabeties)RenosterKunsmatige intelligensieEmfiseemLys van deelnemers aan die Slag van BloedrivierSokkerYstertydperkBevolking🡆 More