Pous Benedictus Ix

Benedictus IX was die 145ste, 147ste sowel as die 150ste pous van die Rooms-Katolieke Kerk en die derde Tusculum pous.

Hy was drie keer pous (die enigste persoon wat dit vermag het) en hy was ook die enigste persoon wat die pous-amp verkoop het.

Pous Benedictus IX
Pous Benedictus Ix
Geboortenaam Theophylactus III van Tusculum
Pontifikaat begin 21 Oktober 1032
Pontifikaat eindig 1 Mei 1045
Voorganger 1. Johannes XIX
2. Silvester III
3. Clemens II
Opvolger 1. Silvester III
2. Gregorius VI
3. Damasus II
Gebore ± 1012
Latium, Italië
Sterf 1055
Grottaferrata, Italië
Ander pouse genaamd Benedictus

Biografie

Pous Benedictus IX is gebore as Theophylactus III van Tusculum ongeveer in 1012 in Italië die seun van Alberic III van Tusculum en sy vrou Ermilina. Hy was die neef van Pous Benedictus VIII en Pous Johannes XIX. Op 21 Oktober 1032 volg hy Pous Johannes XIX toe hy 12 jaar of 18 jaar (CE skakel) oud was. Sy vader het die amp vir hom gekoop. Keiser Koenraad II het hom as die wettige pous erken. Die naam ‘Benedictus' beteken 'geseënde'.

Pontifikaat

Die lewenswandel van Pous Benedictus VI was nie besonder stigtelik nie. In September 1044 word hy deur die volk van Rome verdryf en in Januarie 1045 word Johannes van Sabina as Pous Silvester III verkies. Op 10 Maart 1045 is Benedictus terug in Rome as pous. Hy kon egter nie die orde in Rome herstel nie en verkoop toe die pous-amp op 1 Mei 1045 vir 1000 tot 2000 pond silwer aan sy peetvader Pous Gregorius VI.

In 1045 is daar dus drie pouse in Italië. Onder die inwerking van die hervormingsbeweging van Cluny, besluit keiser Hendik III skoon skip te maak. Onder sy leiding word 'n sinode in Sutri gehou op 20 Desember 1046 waar beide Pous Silvester III en Pous Gregorius VI afgeset word. Op die vervolgsitting van die sinode in Rome op 23 en 24 Desember word Pous Benedictus IX ook afgeset. Die sinode gee ook aan Hendrik die reg om kandidaatpouse te nomineer. Hy nomineer Pous Clemens II wat dan ook verkies word. Een dag later kroon die nuwe pous Hendrik en sy vrou Agnes van Poitou as keiser en keiserin van die Heilige Romeinse Ryk.

Na die dood van Clemens II op 9 Oktober 1047 het Benedictus met die hulp van markgraaf Bonifatius van Tusculum Rome binne getrek op 8 November 1047 en homself die regmatige pous verklaar. Die benoeming van Poppo van Brixen tot pous (Damasus II) deur keiser Hendrik het eers nie veel gevolg gehad nie, omdat Poppo nie Rome kon binne te trek nie. Om die dreiging van 'n keiserlike veldtog teen Tusculum af te weer, moes Bonifatius uiteindelik tog Poppo van Brixen naar Rome bring. Op 16 Julie 1048 het Pous Damasus II Rome binne gegaan en was Benedictus sy amp vir die derde keer kwyt.

Dit is onduidelik waarom hy in 1048 besluit om van die pous-amp af te sien. Daar word gespekuleer dat hy daartoe omgekoop is. of dat hy weens skaamte oor sy losbandige lewe homself in 'n klooster in Grottaferrata terug getrek het.

Bibliografie

  • Duff, Eamon (2001). Saints and Sinners: A History of the Popes, Yale University Press. ISBN 0-300-09165-6
  • Maxwell-Stuart, P. G. (2002). Chronicle of the Popes: The Reign-by-Reign Record of the Papacy from St. Peter to the Present, Thames & Hudson. ISBN 0-500-01798-0.

Verwysings

Eksterne skakels

Pous Benedictus Ix 
Wikisource
Die Engelse Wikisource bevat bronmateriaal oor hierdie onderwerp onder die titel:
  • BBKL Inskrywing (met Literatuurverwysings) in die Biographisch-Bibliographisches Kirchenlexikon (Duits)
  • PTA Inskrywing in "Popes through the Ages" deur J. Brusher S.J. (Engels)

Nota

Saamgestel en vertaal uit die Nederlandse, Engelse, Duitse en Franse wikipedia en aangevul uit ander bronne soos aangedui.

Opvolging

Voorafgegaan deur
Johannes XIX
Pous (Pontifex Maximus)
1032 – 1045
Opgevolg deur
Silvester III
Voorafgegaan deur
Silvester III
'
1045
Opgevolg deur
Gregorius VI
Voorafgegaan deur
Clemens II
'
1047 – 1048
Opgevolg deur
Damasus II

Tags:

Pous Benedictus Ix BiografiePous Benedictus Ix PontifikaatPous Benedictus Ix BibliografiePous Benedictus Ix VerwysingsPous Benedictus Ix Eksterne skakelsPous Benedictus Ix NotaPous Benedictus Ix OpvolgingPous Benedictus IxPousRooms-Katolieke Kerk

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

Abstraksie (rekenaarwetenskap)RooiwaterSean CombsSuid-AfrikaKalenderARina HugoSeksuele opwekkingDachshundMondKanadese nasionale krieketspanAarverkalkingKruisigingJohannesburg2024 Australiese Grand PrixMuishondGewone tarentaalLika BerningDassievoëlMarga van RooyRolprentWikiquoteErnst Otto FischerLiewe HeksieVlag van AfghanistanAnale kankerKlankverskynselsEkologieSeekoeiDie BylKoorsWoordeboek van die Afrikaanse TaalMisdaadCleopatra VIIInsekAsmaTropiese huisgeitjieVolhoubaarheidByvoeglike naamwoordPoesLys van ingelyfde NG gemeentesOutismeHemelvaartsdagHorlosieEthiopiëAkkedisVulvaHeupvervangingHerpes simplexKnopiespinnekopCSSBybelDagroofvoëlsModernismeKopieregKarlien van JaarsveldProvinsies van Suid-AfrikaOrganometaalchemieSuiwelprodukByLys van kleureSterPG du PlessisJapanAfrikaOssewaJannie du ToitOlifantKaapstad🡆 More