Pous Adrianus V

Adrianus V was die 186ste pous van die Rooms-Katolieke Kerk in 1276 van 11 Julie tot 18 Augustus.

Pous Adrianus V
Pous Adrianus V
Pous Adrianus V
Geboortenaam Ottobuono Fieschi
Pontifikaat begin 11 Julie 1276
Pontifikaat eindig 18 Augustus 1276
Voorganger Innocentius V
Opvolger Johannes XXI
Gebore ± 1220
Genua, Italië
Sterf 18 Augustus 1276
Viterbo, Italië
Ander pouse genaamd Adrianus

Biografie

Pous Adrianus V is gebore as Ottobuono Fieschi dei Conti di Lavagna (ook Ottobuono de' Fieschi) ongeveer in 1220 in Genua, Italië. Hy was 'n neef van Pous Innocentius IV wat hom in 1251 kardinaal-diaken van St. Adriano maak. Pous Clemens IV stuur hom as pouslike legaat na Engeland van Oktober 1265 tot Julie 1268 om op te roep tot 'n nuwe kruistog en die geskil tussen koning Hendrik III en sy baronne te besleg. Op 11 Julie 1276 volg hy Pous Innocentius V op deur die invloed van Karel van Anjou, maar sterf op 18 Augustus 1276 nog voor hy priester of biskop gewy is, of as pous gekroon is. Hy word opgevolg deur Pous Johannes XXI. Die naam ‘Adrianus’ beteken 'inwoner van Adrië'.

Bibliografie

  • Duff, Eamon (2001). Saints and Sinners: A History of the Popes, Yale University Press. ISBN 0300091656.
  • Maxwell-Stuart, P. G. (2002). Chronicle of the Popes: The Reign-by-Reign Record of the Papacy from St. Peter to the Present, Thames & Hudson. ISBN 0500017980.

Verwysings

Eksterne skakels

Pous Adrianus V 
Wikisource
Die Engelse Wikisource bevat bronmateriaal oor hierdie onderwerp onder die titel:
  • BBKL Inskrywing (met Literatuurverwysings) in die Biographisch-Bibliographisches Kirchenlexikon (Duits)
  • PTA Inskrywing in "Popes through the Ages" deur J. Brusher S.J. (Engels)


Nota

Saamgestel en vertaal uit die Nederlandse, Engelse, Duitse en Franse wikipedia en aangevul uit ander bronne soos aangedui.

Opvolging

Voorafgegaan deur
Innocentius V
Pous (Pontifex Maximus)
12761276
Opgevolg deur
Johannes XXI

Tags:

Pous Adrianus V BiografiePous Adrianus V BibliografiePous Adrianus V VerwysingsPous Adrianus V Eksterne skakelsPous Adrianus V NotaPous Adrianus V OpvolgingPous Adrianus V11 Julie127618 AugustusPousRooms-Katolieke Kerk

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

Danie du ToitTelwoordPsigopatieMenslike skeletWêrelderfenisgebiede in Suid-AfrikaMaroela MediaFisioterapieByvoeglike naamwoordAllan BoesakBTWWaterbesparing in Suid-AfrikaSteenkool in Suid-AfrikaAntjie KrogWoordeboek van die Afrikaanse TaalAkwariumBrandmondsindroomGriekse mitologieNierversakingRobbie WesselsVerkragtingPoësieHulpwerkwoordEpilepsieDiepaartromboseBeesAppelPeach van PletzenEekhoringOmgewingskwessies in Suider-AfrikaSosiale mediaInsekNederduitsch Hervormde KerkOnderhandelinge om apartheid te beëindigRolprentNeurenberg-verhoreNasiebouUnited Democratic FrontGoogleJohan BadenhorstSaldanhaWayde van NiekerkJak de PriesterShakaRenosterCristiano RonaldoDieregeluideSkaakVingerseksMenslike penisgrootteMIVHipoteseBobby AngelAnale kankerBywoordPaarl GimnasiumWatersuiweringWikiBipolêre gemoedsteuringAdolf HitlerSteenkoolSuid-Afrikaanse GrensoorlogRugbyTaylor SwiftMielieSpinnekopDierAalwynMadison IvyEkonomiese geskiedenis van Suid-AfrikaNadia ValvekensLeierIndiese OseaanSlag van Cuito CuanavaleMagda van BiljonBiodiversiteitBrugRob Hersov🡆 More