Port Beaufort

Port Beaufort is 'n dorpie by die mond van die Breederivier in die Wes-Kaap, Suid-Afrika.

Port Beaufort
Die Barrykerk van Port Beaufort
Die Barrykerk van Port Beaufort
Port Beaufort is in Wes-Kaap
Port Beaufort
Port Beaufort
Port Beaufort Port Beaufort se ligging in Wes-Kaap
Koördinate: 34°23′45″S 20°49′25″O / 34.39583°S 20.82361°O / -34.39583; 20.82361 20°49′25″O / 34.39583°S 20.82361°O / -34.39583; 20.82361
LandVlag van Suid-Afrika Suid-Afrika
ProvinsieWes-Kaap
DistrikTuinroete
MunisipaliteitHessequa
Oppervlak
 • Totaal2,71 km2 (1,05 vk. myl)
Bevolking
 (2011)
 • Totaal321
 • Digtheid118/km2 (310/vk. myl)
Rasverdeling (2011)
 • Wit mense87,2%
 • Bruin mense2,2%
 • Swart mense9,7%
 • Ander0,9%
Taal (2011)
 • Afrikaans 72,3%
 • Engels 26,0%
 • Ander 1,7%

Geskiedenis

Die dorpie is vernoem na die hertog van Beaufort, die vader van die Kaapse Goewerneur, lord Charles Somerset. Joseph Barry se handelsryk het 'n groot invloed op die dorp gehad. Barry het in 1819 vanaf Londen in Suid-Afrika aangekom. Hy het vinnig gesien dat hy met skepe en bote goedere vinniger tussen Kaapstad en die Overberg kan vervoer. Dit het die ossewaens tot drie weke geneem om die tog tussen Kaapstad en Swellendam te voltooi. Barry het onmiddellik 'n hawe op die noordelike oewer gebou van die Breederivier wat Port Beaufort geword het.

As bote eers oor die sandbank by die mond van die rivier kon kom, kon hulle vir 40 km op die rivier vaar tot by Malgas. Barry het ook by Malgas 'n kaai en pakhuis gebou. Nadat baie skepe by die monding van die rivier gesink en hulle vrag verloor het, het Barry die Kadie, 'n stoomskip van 150 ton in Skotland laat bou. Sy nooiensvaart was op 26 September 1859. Vir die volgende ses jaar het die Kadie suksesvol deur die monding gevaar maar egter op 17 November 1865 op die suidelike oewer op die rotse geloop en vergaan. Barry se ryk het die volgende jaar ineengestort. Die koms van spoorlyne het hierdie seeroete tot 'n einde laat kom.

Die dorpie Witsand is net so entjie van Port Beaufort.

Sien ook

Verwysings

Bronne

Eksterne skakels

Tags:

Port Beaufort GeskiedenisPort Beaufort Sien ookPort Beaufort VerwysingsPort Beaufort BronnePort Beaufort Eksterne skakelsPort BeaufortBreederivierSuid-AfrikaWes-Kaap

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

GrondbesoedelingIsraelRutenium(III)chloriedMusiekteaterMosesSeekoeiAkkedisSeksposisieOnderhandelinge om apartheid te beëindigUnited Democratic FrontOntkiemingPersoonlikheidAbstraksie (rekenaarwetenskap)Dulcie van den BerghApostoliese GeloofsbelydenisAppelSkoolKobus LombardSwitserlandDigvormSuid-Afrikaanse algemene verkiesing van 1994Geskiedenis van die Verenigde State van AmerikaBelastingLeierLys van deelnemers aan die Slag van BloedrivierJan-Willem BreureRonelda KamferKrapNazi-DuitslandVisWaterbesparing in Suid-AfrikaDiepaartromboseOos-KaapKoolstofNederduitsch Hervormde KerkSwemNylrivier (Suid-Afrika)EkonomieKoolstofdioksiedYouTubeTsoenamiRooilipslangGrootste rampe in Suid-AfrikaNatuurrampKrimpvarkieDieregeluideKindermishandelingGriepGoogle TranslateAfrikaanse TaalmonumentDuitslandSeksueel oordraagbare infeksieLeeuSuid-Afrikaanse MenseregtekommissieOnderwys in Suid-AfrikaNG gemeente JansenvillePlaasjapieGeskiedenis van die BoererepubliekePastoorHelga UysAtlantiese OseaanAardverwarmingAppel (sanger)KragopwekkingLys van Afrikaanse televisiereekseOlifantUniegebouVerkleurmannetjieMusiekOorlogNiemetaalProstaatkankerDawidKolonialismePêrel🡆 More