Die Polisiemag van Andorra (Katalaans: El Cos de Policia d’Andorra) is die nasionale polisie van Andorra.
In 2007, het die mag 240 beamptes gehad wat 'n populasie van ongeveer 85 000 dien.
Die Polisiemag bestaan uit die Direktoraat van Polisie, vier afdelings wat die verskeie opdragte van die polisie uitvoer en twee funksionele groepe.
Die direktoraat van Polisie word saamgestel uit 'n direkteur, 'n adjunkdirekteur wat die rang van polisiekommissaris dra, 'n sekretaris, 'n beplannings- en menslike hulpbronne offisier en 'n administratiewe assistent. Dit lei polisie-aktiwiteite regoor die land. Die lede word genomineer deur die regering van Andorra, gebaseer op voorstelle vanaf die Ministerie van Binnelandse Sake.
Daar is vier afdelings met die volgende verantwoordelikhede:
Ses groepe – vir die beskerming van BBP's, bomruiming, ordebeheer, noodgevalle, opleiding van snuffelhonde en bergredding – word opgemaak uit lede van die vier afdelings; word byeengeroep in reaksie op spesifieke behoeftes; en word bygestaan deur kollegas van naburige lande; veral met die saamstel van gesamentlike opleidingsprogramme.
Hierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik vanuit die Engelse Wiki vertaal. |
This article uses material from the Wikipedia Afrikaans article Polisiemag van Andorra, which is released under the Creative Commons Attribution-ShareAlike 3.0 license ("CC BY-SA 3.0"); additional terms may apply (view authors). Inhoud is onderhewig aan CC BY-SA 4.0, tensy anders vermeld. Images, videos and audio are available under their respective licenses.
®Wikipedia is a registered trademark of the Wiki Foundation, Inc. Wiki Afrikaans (DUHOCTRUNGQUOC.VN) is an independent company and has no affiliation with Wiki Foundation.