Poligamie

Poligamie (πολυ (poly) = veel; γαμος (gamos) = huwelik)) is 'n huwelik van 'n man met meer as een vrou tegelyk of omgekeerd.

In teenstelling met poligamie is monogamie 'n huwelik met een huweliksmaat. Bigamie verwys na poligamie met twee huweliksmaats.

Poligamie
Lande waar poligamie algemeen toegelaat word (2006)
Poligamie
Toba-stamhoof met sy vroue, 1892.
Poligamie
Ngungunhane (1850-1906), of Gungunhana, met sy sewe vroue.

Verskeie vorme van poligamie kom voor:

  • poliginie of veelwywery - een man met verskeie vroue;
  • poliandrie - een vrou met meer as een man;
  • groeptroues - is 'n kombinasie van poliginie en poliandrie waar al die lede van die familie vir al die kinders verantwoordelik is.

Die oudste voorbeeld van poliginie is in die Ou Testament, waar daar in I Konings 11 : 1 – 4 na Salomo se baie vroue verwys word. Dit moet in die lig gesien word van Salomo se pa, Dawid, wat sy lewe lank oorlog gevoer het, en dat daar waarskynlik 'n tekort aan mans na die oorlog was.

Hoewel poligamie in sommige Afrika- en Islamitiese lande wettig is, is dit in meeste westerse lande teen die wet. In Nederland, as voorbeeld, kan gevangenisstraf van tot 4 jaar vir die misdryf opgelê word (6 jaar as die wederhelf nie daarvan ingelig is nie).

Suid-Afrika

Volgens die Wet op Erkenning van Gebruiklike Huwelike van 1998 is poligamie in Suid-Afrika wettig. 'n Bekende voorbeeld van poligamie is die voormalige president Jacob Zuma, wat 5 vroue het. Dit plaas 'n groot las op belastingbetalers wat vir al hierdie eerste dames se onderhoud moet betaal.

Eswatini

Koning Mswati III van Eswatini (voorheen Swaziland) het 14 vrouens. Die meeste van hulle was minderjarig toe hy met hulle getroud is.

Sien ook

Verwysings

Tags:

Poligamie Suid-AfrikaPoligamie EswatiniPoligamie Sien ookPoligamie VerwysingsPoligamieManVrou

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

OrthopteraErica BoyerPersOutismeNamibiëAngina pectorisElandréErica RhodesSkoonma-se-tongHondsdolheidYstervarkNederlandLily CarterAsmaAfrikaanse woordelys en spelreëlsWes-AfrikaBatmanAsiëTobie CronjéPeach van PletzenHelm (geboorte)SpookvoëlBysteekSamestellingVergelykings (taalkunde)Fridtjof NansenKrieketEikelApostoliese GeloofsbelydenisSwedeAarverkalkingUniversiteit StellenboschKwaZulu-NatalDemensieNic de JagerGeorgiëJohannesburgKameelperdAdolf HitlerTonnels van Củ ChiBorsteGeboorteRepubliek ArtsachProstaatkankerSeksposisieNardusBeroerteEkonomie van Suid-AfrikaKarakteriseringGriekelandJagluiperdKoorsGoeie VrydagDiepaartromboseGianna MichaelsEuropaKlein vyf diereBaardskeerder-spinnekopPoësieAfrikaanse WikipediaSteve BikoEuropese Suidelike SterrewagLys van openbare vakansiedae in Suid-AfrikaSteve HofmeyrDemi Lee MooreLys van Suider-Afrikaanse soogdiereNieu-SeelandSeks🡆 More