Poliëtileen

Poliëtileen, afgekort as PE, is 'n polimeer van eteen wat 'n verskeidenheid gebruike het.

Dit word onder andere vir die vervaardiging van vullissakke, buise en die isolasie van elektriese kabels gebruik.

Eienskappe

Algemeen

Naam Poliëtileen
Struktuurformule van
Struktuurformule van
Poliëtileen
Chemiese formule [CH2-]n
Molêre massa 10 000 - 6 000 000 g/mol
CAS-nommer
Fasegedrag
Smeltpunt <130 °C (HD)
Kookpunt Ontbind 500-550K (HD)
Digtheid
Oplosbaarheid in warme dichloorbenseen (DCB)

Suur-basis eienskappe

pKa geen

Veiligheid

Flitspunt geen

Tensy anders vermeld is alle data vir standaardtemperatuur en -druk toestande.

 
Portaal Poliëtileen Chemie
Poliëtileen
'n Bottel wat van PE-LD vervaardig is
Poliëtileen
Die radikaalmeganisme wat die polimeer vorm

Daar is verskeie tipes PE:

  • HDPE – hoë-digtheid poliëtileen
  • LDPE – lae-digtheid poliëtileen
  • LLDPE - lineêre lae-digtheid poliëtileen
  • UHMWPE - ultrahoëmolêregewig poliëtileen
  • XLPE – cross linked poliëtileen

Die tipes verskil in hoe hulle gemaak word, maar ook in die kettingstruktuur en die morfologie en eienskappe. Poliëtileen is 'n semikristallyne stof. Die kristalstruktuur is gewoonlik ortorombies, hoewel daar ook 'n monokliniese en 'n heksagonale struktuur bestaan. Die ketting vou hom in 'n lamellêre struktuur wat geskei word van die volgende lamel deur 'n amorfe lagie. Die amorfe komponent gee die materiaal sy buigsaamheid, die kristallyne sy sterkte. Die afstand van lamel tot lamel word die lange periode genoem en bedra 50-300 Å afhanklik van die kettingstruktuur en die molekulêre massa (en sy verdeling).

Die HDPE-vorm word met 'n bepaalde katalisator gemaak wat liniêre kettings oplewer. Afhanklik van die molêremassaverdeling kan die kristalliniteit hoog wees (~90%). Die stof is dan wit en taamlik hard en glad en die smeltpunt is hoog. Die katalisator word die Ziegler-Natta-katalisator genoem. Die meeste HDPE word gebruik vir blow molding van bottels vir bleikmiddels, seep, melk ens. maar byvoorbeeld ook vir implantasie in heupgewrigte by mense met artritis

Die LDPE-vorm word by hoë druk vervaardig en bevat lang-kettingvertakkings. Die kristaliniteit is laer as vir HDPE en die smeltpunt is ook laer.

LLDPE is 'n ko-polimeer met hekseen of okteen (afhangend van die produsent). Dit gee aan die kettingstruktuur kort-kettingvertakkings en 'n kort-kettingvertakkingverdeling naas die molêremassaverdeling. Die smeltpunt is laer dan vir HDPE en afhanklik van die verdelings kan die stof deursigtig wees pleks van wit. Met baie vertakkings voel die stof plakkerig en word dit vir kleefplastiek gebruik ("cling wrap").

UHMWPE is 'n lineêre PE met 'n baie groot molekulêre massa, tot 6.000.000 g/mol] wat tot vesels getrek kan word. Dit kristalliseer nie deur te vou in lamelle nie maar as uitgestrekte kettings. Dit maak die stof baie sterk, meer as staal. Hierdie vorm word ook HHPE genoem (High modulus, high performance)

Verwysings

Tags:

Eteen

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

Verenigde State van AmerikaOogproblemeKoekie (rekenaarwetenskap)DaggaKewerRynhesseOlimpiese godeKinkhoesSpookvoëlJada FireApostoliese GeloofsbelydenisHennie MaasAfkortingSamsung GroepSeksBoomAntoniemOnse VaderDiplopodaWikimaniaAngssteuringJannie du ToitJo BlackSenuweestelselTweede VryheidsoorlogKwaZulu-NatalYouTubeErica Boyer26 MaartAlvin BruindersBloemfonteinPieter BiewengaSteve BikoKoppeltekenGeografie van Suid-AfrikaOu Apostoliese KerkKasteel die Goeie HoopHomoniemGoeie VrydagAndré SchwartzSkildklierDepressie (gemoedstoestand)AsiëISBN (identifier)WoordVlag van BangladesjSteve HofmeyrVarkEstlandDrie SusterskerkeTegnologieAngina pectorisGodsdiensRooibokGemengde ekonomieJagluiperdAfrikaanse woordelys en spelreëlsAntjie KrogLika BerningEngels1991PoesEnsiklopedieDuitse perdebyTaalAnale kankerGawes van die Heilige GeesJohan Stemmet🡆 More