Pofadder, Noord-Kaap

Pofadder is 'n klein dorp in Boesmanland, Noord-Kaap, sowat 151 km suidwes van Kakamas en 185 km noordoos van Springbok.

Pofadder
NG Kerk in Pofadder
NG Kerk in Pofadder
Pofadder is in Noord-Kaap
Pofadder
Pofadder
Pofadder, Noord-Kaap Pofadder se ligging in Noord-Kaap
Koördinate: 29°7′43″S 19°23′41″O / 29.12861°S 19.39472°O / -29.12861; 19.39472 19°23′41″O / 29.12861°S 19.39472°O / -29.12861; 19.39472
LandVlag van Suid-Afrika Suid-Afrika
ProvinsieNoord-Kaap
DistrikNamakwa
MunisipaliteitKhâi-Ma
Stigting1917
Oppervlak
 • Totaal162,09 km2 (62,58 vk. myl)
Hoogte
992 m (3 255 ft)
Bevolking
 (2011)
 • Totaal3 287
 • Digtheid20/km2 (50/vk. myl)
Rasverdeling (2011)
 • Wit mense5.4%
 • Indiërs/Asiërs0.5%
 • Bruin mense89.8%
 • Swart mense3.7%
 • Ander0.6%
Taal (2011)
 • Afrikaans 95.2%
 • Xhosa 1.0%
 • Engels 1.0%
 • Ander 2.8%
Poskode (strate)
8890
Skakelkode054
Pofadder, Noord-Kaap
Pofadder is in Boesmanland, Noord-Kaap, geleë.

Ekonomie

Dit is in 'n halfwoestyngebied geleë en is die sentrum van 'n skaapboerderystreek. Dadels en subtropiese vrugte word ook verbou. Die bevolking is sowat 3 000. Die N14 nasionale pad gaan deur Pofadder.

In 2015 het Abengoa Solar naby Pofadder 'n sonkragsentrale in bedryf gestel, die KaXu Solar One. Die bou van 'n tweede sentrale, die Xina Solar One het in 2014 begin en die verwagting was dat dit in 2017 gereed sou wees. Dit is geleë aan die teerpad tussen Kakamas en die grenspos met Namibië by Onseepkans.

Geskiedenis

Die dorp het ontwikkel uit 'n sendingstasie van die Binnelandse Sendinggenootskap, wat hier in 1875 deur eerw. Christiaan Schroder gestig is, en na Klaas Pofadder, 'n hoofman van die Korana wat in die buurt van die Grootrivier rondgeswerf het, vernoem. Die dorpie is in 1917 uitgelê en 'n dorpsbestuursraad is in 1937 ingestel. Die oorspronklike naam was Theronsville, maar die naam Pofadder is in 1936 in ere herstel. Sedert 2000 is die dorp deel van die Khâi-Ma Plaaslike Munisipaliteit.

NG-gemeente

Die gemeente was vroeër die Boesmanlandse wyk van die moedergemeente Namakwaland op Springbok. In 1909 het die kerkraad van Namakwaland besluit die evangelis Pieter Malan moet veral sy aandag aan dié wyk gee met Namies, die ou skool- en kerkplaas, as die sentrum. Die wyk is op 23 Maart 1912 afgestig en het toe saam met dele van die gemeentes Kenhardt en Brandvlei die gemeente Namies gevorm. Die gemeente was aanvanklik baie behoeftig omdat die lidmate meesal rondtrekkende veeboere was.

Intussen is die dorpie Pofadder aangelê. Prop. A.F. Marais aanvaar 'n beroep in Mei 1914. 'n Pastorie word in 1920 op die dorp gebou en die eerste kerkgebou (van graniet) ingewy. Pofadder word toe die hoofsentrum, hoewel Namies nog 'n skool- en kerksentrum bly. Die gemeente verander sy naam van Namies na Pofadder in 1928.

Die gemeente toon die tipiese profiel van 'n plattelandse gemeente wat vroeër jare 'n wisseling in lidmaattalle aan droogte en voorspoed te wyte gehad het, maar die laaste paar dekades 'n geleidelike afname weens die "ontblanking" van die platteland toon. In 2006 was hier 361 belydende lidmate en die leraar ds. P.F.C. Pieterse.

In Oktober 2021 sluit Ds. Willie Korb by die gemeente aan as leraar. Op 12 Maart 2022 het Ds. Korb sy hoogte- en angsvrees aangevat deur op die kerktoring, wat 22 meter hoog is, vir 12 ure te sit. Hy wou hoop bring vir almal, en het gebid en sy stilte tyd met die Here gehou vir als wat nodig is.

Opvoeding

Die Hoërskool Boesmanland is 'n gekombineerde skool op die dorp.

Bevolking

Volgens die World Gazetteer het Pofadder se bevolking tussen 1996 en 2007 ietwat afgeneem van 2 931 tot 2 845, maar in 2008 was dit weer 3 905 en 3 287 in 2011.

Sien ook

Eksterne skakels

Bronne

Verwysings

Tags:

Pofadder, Noord-Kaap EkonomiePofadder, Noord-Kaap GeskiedenisPofadder, Noord-Kaap NG-gemeentePofadder, Noord-Kaap OpvoedingPofadder, Noord-Kaap BevolkingPofadder, Noord-Kaap Sien ookPofadder, Noord-Kaap Eksterne skakelsPofadder, Noord-Kaap BronnePofadder, Noord-Kaap VerwysingsPofadder, Noord-KaapBoesmanlandKakamasNoord-KaapSpringbok, Noord-Kaap

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

WithaaiGevolge van aardverwarming op oseaneKleurDemokratiese Republiek die KongoLys van veltoestandeInternetMiljardSeksualiteitNapoleon BonaparteKoolstofdioksiedImpakte van toerismeMierVaginaStilleweGasMona LisaKonsentrasiekampBeesAfvalbestuurSirkelDiamantEnsiklopedieLeierEllipstekenMiddeloorontstekingDeelwoordMIVPseudowetenskapOligopolieKrieketKultuurYouTubeStokely CarmichaelMorfeemKoorsHorlosieSelakantLidwoordLys van Afrikaanse skrywersAntoniemAfleiding (taalkunde)Handwoordeboek van die Afrikaanse TaalDuitslandTweede VryheidsoorlogLys van visseMigrasie van voëlsGeskiedenis van Suid-AfrikaLongLys van kleureFisiese oefeningNamakwalandKimberleyKapitalismeGrondwetKunsmatige algemene intelligensieTrappe van vergelykingLys van Griekse mitologiese figureAkroniemPubiese hareSeekatSeksuele penetrasieAardkorsPuberteitMeningsverskil oor aardverwarmingGenadedoodMusieksimboleLys van Suid-Afrikaanse musikanteDigvormTermiese geleidingsvermoëGroot TrekAluminiumIngrid JonkerEnkelvoudige sinMoslemFiksieRacheltjie de BeerRasionale getal🡆 More