Geelhout

Die geelhout (Podocarpus latifolius), ook bekend as opregte geelhout of breëblaar-geelhout, is 'n groot immergroen boom in die familie Podocarpaceae wat tot 35 m hoog word.

Hierdie boomspesie is Suid-Afrika se nasionale boom. Die hout word in die houtbedryf benut. Die boom se FSA-nommer is 18.

Geelhout
Opregte geelhout
Geelhout
Eksemplaar te Injasuthi in die Drakensberg
Wetenskaplike klassifikasie
Koninkryk:
Divisie:
Klas:
Orde:
Pinales
Familie:
Genus:
Spesie:
P. latifolius
Binomiale naam
Podocarpus latifolius
(Thunb.) R.Br. ex Mirb., (1825)

Verspreiding en status

Dit is inheems aan Lesotho, Suid-Afrika en Eswatini en op die SANBI-rooilys word dit as 'veilig' gelys. Dit word aangetref van die Wes-Kaap tot in Mpumalanga en Limpopo. Soos ander geelhoute is dit 'n beskermde spesie in Suid-Afrika, en kan net met die nodige lisensie benut word.

Beskrywing

Die stam kan 'n middellyn van tot 3 m hê. Dit is reusagtig wanneer dit in immergroen berg- en kuswoude groei, maar kom voor as lae of dwergagtige bome op blootgestelde berghange. Die bas is langskeeps gegroef. Manlike bome produseer pienkerige, katjieagtige keëls wat ongeveer 2,5 cm lank is. Die vroulike bome produseer vlesige blombodems en aan die punt word een of twee sade gevind. Die sade is ongeveer 1 tot 1,5 cm lank, dun en vlesig en word op 'n helderrooi, vlesige kussinkie gedra. Die sade word blou of perskleurig wanneer hulle volwassenheid bereik.

Fotogalery

Sien ook

Verwysings

Bronne

Eksterne skakels

Amptelike simbole van Suid-Afrika
Blom: Boom: Voël: Dier: Vis:
Geelhout  Geelhout  Geelhout  Geelhout  Geelhout 
die koningsprotea die geelhout die bloukraanvoël die springbok die galjoen
Protea cynaroides Podocarpus latifolius Grus paradisius Damaliscus pygarus Distichius capensis

Tags:

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

AkuutAustraliëKarlien van JaarsveldDiatomiese molekuulKunsJakkalsGoogleSarel Jacob PretoriusTuisbladSeksuele opwekkingYslandLuiperdHeuningCristiano RonaldoKarooVerkleinwoordPaarl GimnasiumAnale seksBeeldspraakFamilie (verwantskap)Olimpiese Somerspele 2024TafelbergVerenigde State van AmerikaLiewe HeksieNiemetaalXenofobie in Suid-AfrikaHartaanvalAardbewingMantisRenaissanceSinkLongontstekingNederlandsMagsverheffingWinnie Madikizela-MandelaKunsmisMuishondHibernasieSlag van BloedrivierDistrik SesRooibokSkaapKonsentrasiekampKongo-krisisKarakteriseringOnderhandelinge om apartheid te beëindigKaapstadse waterkrisis 2015-2018WebwerfParkinson se siekteWater (molekuul)WeervoorspellingWitbloedselKommunismeWieg van die MensdomJuan Antonio VillacañasInflasieKanadaWolfSeisoenTeam Fortress 2KookpuntLys van landeAborsieKaartKindersiektesSatellietResensieSeksuele penetrasieBrongitisEkonomiese geskiedenis van Suid-AfrikaBrendan PeyperAnale kankerSwart nasionalismeVolhoubare ontwikkelingKangogrotteBosluisMiskruierGeld🡆 More