'n Plooirug of antiklien (Engels: anticline) is in struktuurgeologie ’n plooi met die oudste lae nader aan die plooi-as, of middel van die struktuur, terwyl die plooidal die omgekeerde van die plooirug is.
In geologie is daar selde eenvoudige gevalle, en talle moontlike variasies. In gevalle waar die relatiewe ouderdom van die verskillende lae onbekend is, of die jonger lae in 'n sinkdal na onder lê en die ouer lae na bo, word die struktuur 'n antivorm genoem. Dit vind gewoonlik plaas waar die gelaagdheid vanweë tektoniese kragte omgekeer word.
Antikliene en antivorme is van groot belang in veral die olie en gasbedryf. In hierdie bedryf is daar twee goed nodig om olie en gasafsettings te vorm:
Dit is in die tweede gedeelte waar antikliene / antivorms van groot belang is, aangesien antikliene wat uit ondeurdringbare gesteentes bestaan, die gas en olie verhoed om te ontsnap, en dus teikens van eksplorasie word.
Van die beste voorbeelde van plooirûe en -dalle in Suid-Afrika kan in die Kaapse Plooiberge waargeneem word, wat vanaf die verre weste van die land tot in die Oos-Kaap strek.
This article uses material from the Wikipedia Afrikaans article Plooirug, which is released under the Creative Commons Attribution-ShareAlike 3.0 license ("CC BY-SA 3.0"); additional terms may apply (view authors). Inhoud is onderhewig aan CC BY-SA 4.0, tensy anders vermeld. Images, videos and audio are available under their respective licenses.
®Wikipedia is a registered trademark of the Wiki Foundation, Inc. Wiki Afrikaans (DUHOCTRUNGQUOC.VN) is an independent company and has no affiliation with Wiki Foundation.