Glansibis

Die Glansibis (Plegadis falcinellus) is 'n voël in die ibis-familie, Threskiornithidae.

Daar word geglo dat die glansibis oorspronklik uit die Ou Wêreld kom en deur natuurlike verspreiding na Afrika en die Noordelike dele van Suid-Amerika versprei het tydens die 19de eeu.

Glansibis
Glansibis
Wetenskaplike klassifikasie
Domein:
Koninkryk:
Filum:
Klas:
Orde:
Familie:
Genus:
Plegadis
Spesie:
P. falcinellus
Binomiale naam
Plegadis falcinellus
Linnaeus, 1766
Glansibis
Die verspreiding van die glansibis in Suider-Afrika
Glansibis
'n Volwasse glansibis
Glansibis
Eiers van Plegadis falcinellus

Identifikasie

Die glansibis is 'n groot voël met 'n lengte van 55 – 65 cm en 'n 88 – 105 cm vlerkspan. Parende volwassenes het rooibruin tot pers liggame en glansende bottelgroen vlerke. Nie-parende voëls en onvolwassenes het ietwat dowwer liggame. Die spesie het 'n donker bek, asook 'n donker gesigsvel wat bo en onder begrens word deur 'n blou-groen kleur in nie-parende voëls en 'n kobaltblou kleur in parende voëls. Glansibisse het rooibruin bene. Ibisse vlieg met uitgestrekte nekke (anders as reiers) en swerms vlieg gereeld in reguit lyne.

Habitat

Die glansibisse bou hulle neste in bome en woon in kolonies, ook saam met reiers. Die voëls verkies bome naby damme, vlei-gebiede en moerasagtige areas.

Voeding

Die glansibis is 'n karnivoor en jag visse, paddas en ander waterskepsels en sal ook nou en dan insekte vreet.

Verspreiding

Die glansibis is die mees-verspreide van die ibis-spesies. Die voëls paar in 'n verskeie warm streke van Europa, Asië, Afrika, Australië en aan die kusgebiede naas die Atlantiese oseaan asook in die omgewing van die Karibiese eilande en omliggende dele van die Amerikas. Die spesie migreer met die seisoene: die meeste Europese voëls spandeer die winter in Afrika. In Noord-Amerika spandeer voëls noord van Noord-Carolina die winter meer suid.

Geluid

Die glansibis is 'n redelike stil voël, maar sal maak nou en dan 'n kok-kok-kok geluid, asook 'n grrrr-geluid tydens paring.

Ander name

  • Engels: Glossy Ibis
  • Duits: Brauner Sichler
  • Wetenskaplike naam: Plegadis falcinellus

Sien ook

Bronnelys

Glansibis 
Wikispecies
Wikispecies het meer inligting oor: Glansibis
  • Roberts' Birds of Southern Africa, Sesde uitgawe, ISBN 0-620-17583-4
  • Handbook of the Birds of Europe, the Middle East, and North Africa: The Birds of the Western Palearctic.
  • Field Guide to the Birds of North America, 4th Edition.

Tags:

Glansibis IdentifikasieGlansibis HabitatGlansibis VoedingGlansibis VerspreidingGlansibis GeluidGlansibis Ander nameGlansibis Sien ookGlansibis BronnelysGlansibis

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

NierversakingHeks van HexrivierAardeMasturbasieLys van elemente volgens simboolKewerSwaweldioksiedKarlien van JaarsveldVars waterGriepKunsmisIronieSomerSwitserlandBlaaskankerPesachNatuurbewaringPrimêre sektor van die ekonomieLewerAntisemitismeTrekarbeidYstertydperkSuid-Afrikaanse algemene verkiesing van 1994DiskriminasieAborsie in Suid-AfrikaOnderhandelinge om apartheid te beëindigSteve BikoOrgasmeHorlosieRob HersovRobbeneilandBelvidere Holy Trinity-kerkSeekoeiLys van konings van IsraelLys van Suid-Afrikaanse kunstenaarsHoenderTelwoordOmgewingskwessies in Suider-AfrikaOnderwysRina HugoDie GelofteNommertekenKonsentrasiekampDirekte en Indirekte redeWayback MachineAlfabetiese lys van Suid-Afrikaanse bomeStilleweVerkragtingVleilandSuid-Afrikaanse RugbyunieJode in Suid-AfrikaGlasKragopwekkingRudi ClaaseVraag en aanbodDemi Lee MooreAnrich HerbstSwartbewussynsbewegingAfrikaansBynierAfrikanersKaapstadWhatsAppHartaanvalJoseph LynchRobbie WesselsLys van medisinale kruieKolorektale kankerVaginaVergelykings (taalkunde)Nasionale erfenisterreine van Suid-AfrikaGeografie van Suid-AfrikaSuid-AfrikaHamburgerCristiano RonaldoElzette MaarschalkKaroo🡆 More