Pioneer-Plaat

Die Pioneer-plate is twee plate van vergulde aluminium wat in 1972 in Pioneer 10 en in 1973 in Pioneer 11 geplaas is.

Dit bevat ’n geïllustreerde boodskap ingeval die ruimtetuie deur intelligente buiteaardse lewe onderskep word. Hulle wys die naakte figure van ’n man en vrou asook verskeie simbole wat inligting oor die oorsprong van die tuie verskaf. Die plaat is ontwerp deur die sterrekundige Carl Sagan in samewerking met dr. Frank Drake en Linda Salzman Sagan.

Pioneer-Plaat
Die illustrasie op die Pioneer-plate.
Pioneer-Plaat
Die plaat binne-in Pioneer 10.

Pioneer 10 en 11 is die eerste ruimtetuie wat ’n groot genoeg snelheid bereik het om uit die Sonnestelsel te ontsnap. Die Voyager Goue Plaat, ’n ingewikkelder en meer gedetailleerde plaat wat moderner tegnologie gebruik, is in 1977 in Voyager 1 en 2 geplaas.

Simbolisme

Waterstof

Pioneer-Plaat 

Die boonste afbeelding is ’n skematiese voorstelling van die hiperfynstruktuur van waterstof (H2); dit is die chemiese element wat die volopste in die heelal voorkom. Die oorgang van ’n waterstofatoom van een energietoestand na ’n ander gee ’n energieverskil wat ooreenstem met ’n golflengte van 21,1 cm, wat weer ooreenstem met ’n frekwensie van 1420,406 MHz. Dié lengte word gebruik as eenheid vir die ander afbeeldings.

Daaronder is ’n vertikale lyn wat die binêre getal 1 aandui.

Mense

Pioneer-Plaat 

’n Afbeelding van ’n man en vrou wat voor die ruimtetuig staan, kom regs onder dit voor. Tussen die strepies waar die vrou se lengte aangedui word, kan die binêre voorstelling van die syfer 8 gesien word (1000, met ’n etsfout in die eerste 0). Die waterstofatoom-eenheid van 21,1 cm wat gebruik word, gemaal met 8 gee 168,8 cm, die gemiddelde lengte van ’n vrou.

Ruimtetuig

Pioneer-Plaat 

Agter die mense is ’n skematiese voorstelling van die ruimtetuig, op dieselfde skaal as die man en vrou. Die tuig se afmetings kan dus hieruit afgelei word.

Posisie

Pioneer-Plaat 

Die afbeelding links hiervan toon vyftien lyne wat uit ’n gemeenskaplike oorsprong kom. Veertien lyne is opgebou uit strepies; elk stel ’n binêre getal voor wat ooreenstem met die frekwensie van ’n pulsar (pulserende ster). Die gemeenskaplike oorsprong stel die posisie van die Son voor.

Die vyftiende lyn, wat na regs verby die twee figure strek, gee die afstand tussen die Son en die middelpunt van die Melkweg.

Aangesien die frekwensie van pulsars mettertyd verander, kan die tyd waarop die ruimtetuig gelanseer is, afgelei word.

Dié afbeelding kom ook op die Voyager Goue Plaat voor.

Sonnestelsel

Onder op die plaat word die Sonnestelsel skematies voorgestel. Dit wys watter pad die tuig gevolg het. Deur Saturnus is ’n streep wat die planeet se ringe voorstel as ekstra aanwysing om ons sonnestelsel te identifiseer.

Die afbeelding is nie volgens skaal nie. Die grootte van die planete en die afstand tussen hulle verskil van die werklike mates.

Die binêre getalle dui die relatiewe afstand tussen die planete en die Son aan. Die eenheid is ’n tiende van die afstand tussen Mercurius en die Son.

Pioneer-Plaat 

Verwysings

Eksterne skakels

Tags:

Pioneer-Plaat SimbolismePioneer-Plaat VerwysingsPioneer-Plaat Eksterne skakelsPioneer-PlaatAluminiumBuiteaardse leweCarl SaganGoudPioneer 10Pioneer 11Ruimtetuig

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

Lys van Suid-Afrikaanse voëls (alfabeties)Fiela se kind (rolprent)SonSuid-Afrikaanse etniese groepe en kultureAanpassingskapasiteitMenseregtedagOnderwerp (taalkunde)AkademiaKartografieCholeraRymKitaarGianna MichaelsAbstraksie (rekenaarwetenskap)Lodewyk XVI van FrankrykFranse RewolusieBank (finansiële instelling)JohannesburgVerkleurmannetjieMynbedryf van Suid-AfrikaWatersuiweringElon MuskGrondwetEskomLys van veltoestandeMangelSelakantOnderhandelinge om apartheid te beëindigSnaarinstrumentLeestekenMaanMaselsSkilpadWiskundeVeelvoudige sinJan van RiebeeckSmaakGeelhoutSeptimius AwardsEnkelvoudige sinDomkragPresident van Suid-AfrikaDiatomiese molekuulTydGrondwet van Suid-AfrikaKlavierDieregeluideGetalUKhahlamba-DrakensbergparkVlekvrye staalAppel (sanger)OligopoliePrivaat maatskappyGenitale vratSeksueel oordraagbare infeksieBeaufortskaalSeegolfImpakte van toerismeDemografie van Suid-AfrikaEjakulasieMosambiekkanaalSkuinsstreepStokely CarmichaelRobbeneilandDriedimensioneelRob HersovFilistyneSeevlakstygingSpreeuKaartKongo-krisisMynbouTsoenamiVars waterDaggaKaliumEkonomie van Suid-Afrika🡆 More